Ekonomiese uitdagings sit druk op mense, sê ANC

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Die ANC het Woensdag op Internasionale Geestesgesondheidsdag toegegee dat ekonomiese uitdagings druk op Suid-Afrikaners plaas.

“Ekonomiese uitdagings het toegeneem en daar is groter druk om ʼn goeie werk te kry binne ʼn krimpende arbeidsmark met beperkte inkomstegeleenthede. Jonk en oud voel die druk en stres van ʼn postmoderne samelewing,” het Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, gesê.

“Die ANC is bewus van die las van geestesdruk wat ons mense voel. Ons erken ook dat iets soos die Life Esidimeni-tragedie moet nooit weer gebeur nie. As Suid-Afrikaners was ons nog altyd in staat om saam te kom om plaaslike, nasionale en wêreldwye uitdagings te oorkom. Ons moet die gemeenskapswaardesisteme wat menslikheid en ubuntu bevorder, aktiveer.”

Met ʼn toename in selfmoordgevalle en depressie onder Suid-Afrikaners, het die ANC ʼn beroep op gemeenskappe gedoen om saam te staan in moeilike tye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Mrs H ·

Nee julle, Die ANC moet begin om hierdie land bevoegd te bestuur en te lei. Evalueer julle ondemokratiese beleid en wette. Kyk wie is die burgers wat belasting betaal, en maak hulle prioriteit, die res van welvarendheid sal in plek val solank Julle eerlik en ernstig raak. Herken n terroris wanneer hy saam jou in die parlement sit in n tronkvoël pak sonder respek. N mens onderhandel nie, nooit nie, met n terroris nie. Almal was nog altyd baie gewillig en bereid om ubuntu te bevorder, Julle ANC het dit vernietig deur julle eie probleem kindjie nie vas te vat nie – hy het n rooi F vir houtwerk op skool verdien.

Anonieme Lafaard ·

Ek sien keer op keer hierdie patroon: die regering wil hulle neuse oral indruk en beheer oor alles voer, maar as die popo die ‘fan’ tref a.g.v. hulle inmenging, dan ewe skielik moet almal saam help om die probleem op te los. Dan moet die ‘privaat sektor’, of ‘alle Suid-Afrikaners’ of een of ander groep ruimhartiges maar help om hulle gemors op te ruim.

Buffel ·

Ag asseblief watse oppervlakkige, valse aanmerking is dit nie. Die cANCer is die argitek van die vervalle ekonomie deur BBBEE, mining charter, besigheid onvriendelike beleid, korrupsie en die verval van elke enkele SOE. Waste aanmerkings is mense moet “Ubuntu” bevorder ? Waar gaan Afrika filosofie die ekonomiese gemors regmaak? Moet ons nie sommer ook die sangoma naderklap nie….. ??

Joshua ·

ANC, sit en bly tog net stil en luister; dis JULLE, JULLE wat die ANC verwoes en net JULLE ALEEN wat pa moet staan vir die gemors wat JULLE die ANC Suid Afrika en Suid Afrikaners in die gemors gedompel het, JULLE die ANC.

Amanda ·

Julle, die ANC is die kanker siekte wat die morele fabrikaat en psige van hierdie land onberekenbaar en onherstelbaar verwoes het en geen einde is in sig nie. JULLE DIE ANC HET ONS UITMEKAAR GESKEUR EN ONS FAMILIES VAN MEKAAR VERVREEM WANT KINDERS MOET LANDUIT VLUG om te kan oorleef. Wat julle doen, grens aan die werke van suiwere sinistere satans taktieke!!! Mag die wiel draai op julle 100x.

Snowball ·

Het ek ook gesê, maar dit was blykbaar te lelik, toe sensor hulle my.

Dafer ·

Dit is tog so lekker om die ANC te beskuldig, maar almal van julle het agteroor gesit en dit toegelaat! Trek daai vingers uit boeties en sussies!!!!

John ·

Psigopatiese ontkenningsgedrag, so asof daar niks verkeerd gedoen is om die ekonomiese probleme juis te veroorsaak nie, word nou openbaar. Iemand anders moet help of die volk moet tog mekaar ondersteun terwyl ons maak soos ons wil. Ons doen niks verkeerd nie. Die kwaal is erger as wat mens geglo het…

Inwoner ·

Geld die beroep alle bevolkingsgroepe en grondeienaars? Dalk kan die VBS-Bank ook help.

ZAR ·

Waar sal ons begin?
Julle wou die werker meer regte gee, maar die werkgewer se regte laat verdwyn.
Julle wil kies wie moet werk kry en wie nie, maak nie saak van die gevolge.
Julle wou die wettelose meer regte gee, die wet gehoorsames se regte verdwyn.
Julle het ‘n goeie werkende publieke sisteem gekry en deur korrupsie en werkerswette dit laat agteruit gaan.
Julle wil mag hê en sal alle beloftes maak om dit te behou.
Julle het unies die reg gegee om te breek en te brand om hulself te verryk.
Julle gee mense wat breek en brand rede om dit weer te doen, want dit werk.
Julle het beloftes aan julle mense gemaak wat nie nagekom kan word nie, die staatskas is toe nie ‘n bodemlose put nie.
Julle het die wat kan werk rede gegee om nie meer te hoef werk nie.
Julle is besig om die mense wat werk te verbruik totdat elke een nie meer kan of wil nie.
So kom ons begin met hierdie verdraaide wette, want die gewillige publiek is nou platsak.

Sieg ·

Dis dan julle die anc wat die ekonomie op voeter, hou op kla!

Danie van Zyl ·

Ek is nou al so g….l vir die BlaBlaBla deur politisie van die basiese beginsels wat vereis word vir `n stabiele samelewing, maar waarvan hulleself geen politieke wil het om leiding in te gee nie. Ubuntu is net `n verskoning om hul eie swakhede weg te steek en apartheid en ons wit mense te beskuldig. Die anc se beginsels wat hy verkondig is nie opreg nie en die kwaksalwers het self geen oplossings nie. Hulle kan nie verander nie, want hulle sal kiesers verloor. Ons mense moet onself eenvoudig regeer, want ons beginsels keer die gaos waarin hulle wil leef.

Erick ·

Die ANC was en sal ‘n terroriste organisasie bly. Julle het die land verwoes.
Ubuntu sê “I am, because you are” en “happiness is living for others”. Hier is geen Ubuntu in dié land nie. Die ANC vertrap minderheidsgroepe en blankes, weerhou ons van werk en so meer,en dan wil hulle praat van UBUNTU…ag nee dankie.

Joev ·

“post moderne”, niks met die toestand van die ekonomie te doen nie, alles te doen met sosialistiese ANC regering, ras gedrewe wette wat die met die kennis weerhou daarvan om dit toe te pas. Waar sou jy in die verlede mense invoer om medies, elektries, myne en ander in Suid Afrika te kom bedryf? Mense is van hier af uitgevoer om dit te gaan doen oorsee. Werklik ‘n besonderse vlak van onossel wat ons tans beleef, en dan is ons in die regering bo-op alles.
Poskantoor, Eskom, SAUK, Spoorweg, Oorlede Telkom …. noem dit maar, die karkasse lê nou al in die strate maar hulle kan dit nie sien nie? Vreemd.

marous ·

Julle het dissels onder die doring bome gesaai ….en nou moet almal daaraan eet .

ZET ·

Noudat daar moeilikheid is, is dit skielik ” alle Suid-afrikaners, en nie ” our people”
Wat n joke!

Agnee ·

En julle maak die ekonomiese uitdagings al hoe groter . die MIDDELKLAS kan nie meer al die werkloses dra nie, belastingbetalers dra reeds 17 miljoen SASSA ontvangers . en die rykes kan dit bekostig maar ons middelklas is besig om agteruit te boer . met water en ligte wat opgegaan het, petrolpryse en kos, dek ons salarisse kwalik ons uitgawes, nou moet dit NOG hoer gemaak word om vir die ‘armes’ te sorg .. EN MOENIE vir my se dit is apartheid nie .. te veel mense het te veel kinders waarvoor hulle nie kan sorg nie..

De-mur-in ·

Hulle weet nie dat hulle nie weet nie en jy kannie n land so bestuur nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.