Ekonoom in die sop oor twiet met ‘rassistiese ondertoon’

Chris Hart se twiet. Foto: Twitter

Chris Hart se twiet. Foto: Twitter

Standard Bank het Maandag gesê hy sal dissiplinêre stappe doen teen een van sy werknemers, die ekonoom Chris Hart, nadat hy Sondag kommentaar “met ʼn rassistiese ondertoon” getwiet het.

Dit kom te midde van ʼn storm wat op sosiale media woed nadat Penny Sparrow, ʼn voormalige werknemer van Jawitz Eiendomme, in ʼn inskrywing op Facebook swart mense met ape vergelyk het.

In die twiet wat Hart in die sop laat beland het, sê hy: “Meer as 25 jaar ná Apartheid, vermeerder die aantal slagoffers, tesame met ʼn gevoel van toe-eiening en haat jeens minderhede.” Hart het Maandag om verskoning gevra vir die twiet en gesê dit moes in die konteks van stadige [ekonomiese] groei gelees word.

Hart het later op Twitter om verskoning gevra. Foto: Twitter

Hart het later op Twitter om verskoning gevra. Foto: Twitter

Standard Bank het in ʼn verklaring gesê Hart se uitspraak is “feitelik verkeerd” en maak onvanpaste aannames oor Suid-Afrika.

“Standard Bank sal die gepaste interne dissiplinêre prosesse instel om te verseker dat hierdie soort uitsprake nie in die toekoms met die Standard Bank Groep verbind word nie. Ons verwag van ons kollegas in elke land om te alle tyd die waardes van die Standard Bank Groep te reflekteer,” het die maatskappy gesê.

Volgens die verklaring respekteer die Standard Bank Groep enige verskille in geslag, ouderdom, velkleur, ras, geloof, ideologie, seksuele oriëntasie en gestremdhede. “Ons heg waarde aan verskille in kultuur, etniese of nasionale oorsprong en politieke en filosofiese oortuigings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Yuca Umelli ·

Dit is baie duidelik dat Standard Bank nie eers hulle eie verklaring verstaan nie. Goeie genugtig hoe dof nog ?

Jacey ·

STD Bank sal sukkel om die teendeel te bewys .
Maak net staat op Politieke korrektheid
Na 25 jaar met respek het net water beskikbaarheid verbeter vir die massas.
Onderwys is Chaoties
Mediese dienste is erger as derde werelds
Dienste bestaan nie meer nie
Korrupsie en entitlement van pelle le hoog op die agenda
Ons het n Nasie van Netto verbruikers geword . Ons voeg geen waarde meer waarde toe nie .agv van n kultuur van ” dit is nou my beurt ” laat ek vat wat ek kan en basta daarmee .
Maar as jy dit se dan is jy n Rassis
Kry vir julle

jacey ·

Dit lyk my Maroela Media plaas kommentaar swaarvan hulle hou.
Ek kan nie myne geplaas kry nie
Dus geen nut vir my nie

Stomgeslaan ·

Ekke gee op net die Here kan hierdie volk en land red!!!

Realis ·

Stomgeslaan. Nou praat jy. Ek hoop nie jy word ook gesensor nie.

janetso ·

Stomgeslaan en Realis. My woorde is uit my mond gesteel. As enige mens nie verstaan wat rasisme is nie, moet hul in Suid Afrika kom kyk Swart teen wit. Net die Here sal ons kan help.

Johan Joubert ·

Ek het Mnr. Hart se tweet verstaan in die konteks waarin hy dit gestel het. Nou wil Standard bank hom disiplinêr oor die waarheid. Wys jou net in watter toestand dinge werklik is. Hulle (staat) wil nie hê die waarheid moet verkondig word nie.

Pieter.v ·

As hy geskryf het dat die minderhede nog steeds die ekonomie bestuur en dat dit rassisties van hulle is om dit te doen was hy vandag op elke voorblad in die koerante en sou hy lof toe gesing word as n ware kader wat staan vir reg en geregtigheid

Gerrit ·

Ek sal graag wil sien dat dit beide kante toe sny. Maar rasisme word mos net deur die minderheid gepleeg.

GPC ·

Jy slaan die spyker op sy kop. Die rasisme (Swart teenoor ander) word met opset heel misgekyk.

Dennis ·

Chris die waarheid maak seer. En omdat jy wit is gaan jy erg gekruisig word.

niel Lötter ·

ja ons komentaar word altyd in ñ verkeerde konteks gelees so bly ons maar stil

Christo ·

Wat is fout met sy kommentaar dis omdat rassisme in alles altyd gesoek word. Maar Malema en kie kan sê wat hul wil dis nooit rassisties nie. Wat van plaasmoorde op wittes daarvan word nie n bohaai gemaak nie. Pateties verby. Hul dag sal kom.

Lulu ·

Ek is seker onnosel – maar ek kan wraggies geen rassistiese “ondertone” in sy tweet sien nie. WAAR is dit? Goeie hel, as die skoen jou pas ………… trek dit aan (NIE Chris nie)

Gesie ·

Dis ‘n skande dat mense om verskoning moet vra en gestraf moet word as hulle die waarheid praat. Wat Standard Bank se bestuur betref – julle is ‘n klomp lafaards! Wat Hart gesê het is algemene kennis.

pierre ·

Ek dog besighede wil hê dat hul werknemers eerlik moet wees

steve ·

JA, hulle moet eerlik wees maar eers polities korrek voor eeerlikheid.

Realis ·

Pierre. Waarheid en eerlikheid is onvanpas in die nuwe bedeling. Verstaan jy?

Dawie ·

Mens hoort teen die tyd al te weet dat jy nie onvanpaste kommentaar op sosiale media maak nie al is dit hoe raak of onskuldig. Die politiese korrek dwepers sal jou kruisig.

Anny Penny ·

Dis n skande dat elke witmens wat die waarheid praat onmiddellik gekruisig word. Enige ander mens kan slegsê en ander kruisig soos hy wil en dis ok. Ek is ook stomgeslaan. Die man het niks verkeerd gesê ni maar die Sparrow vrou dink ek was tog te kras en haar verskoning strook ni met haar uitlatings nie

Ockert ·

Ek dink dit het tyd geword dat ons al hier Banke en maatskappye wat so spring as die ANC en EFF praat boikot. Dat hulle kan sien wie hulle aan die lewe hou.

Takkie Takuuza ·

Hierdie laat my dink aan die sensorskap wat die ou regering toegepas het en is ook vergelykbaar met die ou kommunistiese Rusland. Jy durf nie iets teen die staat sê nie. Hierdie is geen demokrasie nie, net ‘n verskuilde onderdrukking en diktatorskap. Maar nou ja, weer ‘n lessie in die gebruik van sosiale media.

Wit Bal ·

En dit is die direkte gevolg omgekeerde rasisme. Hulle kan twiet wat hulle wil, maar die oomblik wat wit gesiggie net ampers verwys na post 1994, word hy/sy gekruisig…

Michelle Stoltz ·

Waarheid maak seer. Well done Chris Hart. Do not be sorry for speaking the truth

Rupert Ashford ·

Dit is hoekom ek nie naby Twitter kom nie en ek ook FB vaarwel gese het. My ma het altyd gese die SA betaal TV kanaal en videomasjiene was van die duiwel en mag nie in haar huis kom nie, en ek reken sosiale media is ook afkomstig van die outjie. Die Bybel se wanneer mense die goeie as sleg uitkryt en die slegte as goed beskou sal die einde naby wees. Sosiale media het ons daar gebring. Sela

Elizabeth ·

Rupert Ashford en hierdie is nie n vorm van sosiale media nie

DEE ·

Wat is die probleem Standard Bank? Dit blyk dat mense met ligte velle op geen kommentaar hoegenaamd geregtig is nie. As jy nie hou van die oorvol strande nie, bly stil. As jy dink plaasmoorde is verkeerd, bly stil. As jy dink dis verkeerd dat 4 swart mans n 80+ jarige tannie martel en verkrag, bly stil. As daar met jou taal gepeuter word en jy hou nie daarvan nie, bly stil. As die regering belaglike besluite neem, bly stil. Wanneer jou belastinggeld vermors en gesteel word, bly stil. As Zuma haatspraak verkondig deur Jan van Riebeeck te beskuldig, of sing kill the Boer, bly net stil! Daar is nog n lang lys waaroor ons net moet swyg. Hoekom?

Jan maak n Plan ·

Dis nogal ironies dat sulke goed altyd verkeerd gelees word. Chris is nie rasisties nie net eerlik. As Zuma en sy gespuis dit doen dan is dit okay en reg. En wat Standard Bank betref se maar tata vir my rekening. Het hulle sopas in kennis gestel om my rekening toe te maak, julle diens is in elk geval soos julle praatjies is, net n klomp tjol.

GES ·

Wat het geword van die werknemer van Oudshoorn munisipaliteit wat walglike rassistiese opmerkings op FB gemaak het? Is hy ooit tot orde geroep? Dit is duidelik dat net blankes rassiste kan wees. Wat hulle ookal sê sal so gedraai word dat dit rassisties van aard sal wees. Oppas net dat die tier nie kwaad word nie.

Elizabeth ·

Hoor-hoor!! Ons is lankal moeg vir banke se magsmisbruik!

Dirk ·

Dis so ironies. Hulle mag se alle witmense moet uit die land.Hulle mag swartmagtiging in ons kele afdruk maar dat n witmens net se iemand is swart dan is hy rassisties en die beste van alles is daar sal n klomp blankes wees wat gaan saamstem. Eks al regtig keelvol. Moet se Steve Hofmeyr is my my tipe.

Charlotta ·

Die waarheid maak seer. Dis hoekom die ANC so op hulle agterpote is. Kom ons kyk of dit opgesit word . Niks van wat ek se word mos opgesit nie.

SHANE ·

En daar maak ek sopas my Standard Bank rekening toe. Hulle is reg met standard bank. Hulle pas maar aan by die “standard” wat ons tans in die land ervaar… Hulle het ‘n kliënt vir lewe verloor

Flippie ·

Standard bank As julle teen Chris Hart gaan optree is julle die eintlike tassiste en ek sal seker maak dat ek by elke Standard Bank tak waar ek instap chaos sal veroorsaak.

Ek is ‘n Standard Bank aandeelhouer en ook ‘n Standard Bank kliënt ek woon al die jaar vergaderings by nms my Trust. En glo my ek sal hierdie rassistiese optrede van Standard Bank nie duld nie.

As my eie bank by eie al dekades lank bank nou gaan begin met “white bashing”, sal ons maar begin om diegene wat hierdie organisasies bestuut te twister totdat hulle ophou of trek. Stormjaer styl.

Frederik ·

Jy sê jy’s ‘n Standard Bank aandeelhouer!! Slegte nuus vir jou my maat, jy is besig om agteruit te boer.

ertjie ·

Eerste Nationale Bank bied aan jou die opsie om by hulle aan te sluit sonder om enigsins in te gaan na n tak toe nie, alles kan aanlyn gedoen word (nee, ek werk NIE vir hulle nie)

Joe Moore ·

Ag ertjie regtig? Die ANC bank al vir donkie jare by FNB en FNB het skenkings aan die ANC gemaak toe hulle nog voordat hulle die land oorgevat het. By the way, jy kan alles elekronies doen by enige bank. Dit help nie jy val nou een bank aan nie, al die ander sou presies dieselfde gedoen het.

Gerhard Erasmus ·

Jy het seker nog nooit geld by fnb gebank nie. Lang toue

P J ·

Sit iemand die hele dag net en kommentaar lees en soek daarna die verbintenis tussen die persoon en sy aanstelling. Ek sien nerens dat daar van Standardbank gepraat of daarna verwys word nie. Die man het dir REG on sy opinie te lig en ook op sy vryheid van spraak te gebruik. Gaan voort mnr Hart se wat jy op die hart het , Amen

Frederik ·

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Dit lyk vir my jul publiseer NIKS !!

Realis ·

Frederik, hulle publiseer net polities korrekte kommentaar.

Werner Leonhardt ·

Dit gaan al hoe meer gebeur. Mense is moeg om polities korrek te prober optree, terwyl meeste van ons eintlik dieselfde voel. Chris Hart, welgedaan dat jy die “guts” het om te sê hoe jy voel.

Ek is g’n siener nie, maar ek sal nie verbaas wees as groot firma’s mettertyd begin vou nie, soos wat mense begin om kleiner besighede te ondersteun. Groot besighede draai al hoe meer hul rug op die mense wat hulle gestig het jare gelede.

Rina Pretorius ·

Ek kan geen rede sien dat mense nie hulle se kan se nie, hoekom kan zuma van die podium af met vuiste in die lug sing kill the farmers kill the boer en hy sit soos ‘n neut in sy pos. wat goed is vir die een is mos dan goed vir die ander een of is ek nou verkeerd

Tokkie Reinecke ·

Hulle wil lankal van Chris ontslae raak, nou soek hulle verskoning. Die prez stel dan die rassis voorbeeld. Mag ons dan nie soos hy doen nie?? Hy leer ons mos……….

Piet Pompies ·

Ek het die ander aand die beste raad van Freek Robinson gekry gedurende ‘n onderhoud op TV.
“As jy nie self iets aan jou toekoms doen, gaan iemand anders dit doen”

Besluit self wieof wat jy ondersteun met jou kieser stem, met jou finansies …….
Gaan kyk ‘n bietjie wat doen Solidariteit, wat hulle nou vir jou kan bied, vir jou toekoms en vir jou kinders se toekoms.

antonie ·

destyds wou ek n rekening by sb oop maak. Sooveel onvriendelike mense het ek lanklaas onder een dak gesien. niemand wou my help met vrae en hulp wat ek wou gehad het nie. nou raak hulle ook obsessief PC, ch is nie n rassis nie, hy is nie n afbreker nie, en ‘in fact’ meer mense soos hy sal sa n beter plek maak

JONATHAN ·

‘en die probleem is jan van riebeeck ‘ is dit dan ook rasisties en die reenboog nasie wit en swart kleur ontbreek maar die teerpad met die wit blokkkie lyn waar pas dit vrae maar net probeer leer / verstaan / om tebegryp kennis teneem

Oom Okkert ·

Ek het nie woorde nie, totaal stomgeslaan.

Vriendelike minority groete

Sue ·

In Suid Afrika word alles wst ons sê gekoppel aan rassisme, maar die grootste rassisme is teen die wittes. Daagliks moet ek 1000’de kere lees en hoor van white pigs, pink people, whites must be killed, white thieves, white opprestions, white this and white that. Hoekom is net ons rassiste as ons iets sê, maar die meerderheid nie, insluitend hul President en die EFF! Ek hartlik siek vir SA, moeg vir alles wat op pns skouers geplaas word

Realis ·

Nou lees ek dat Downton abby die mees populere program in Britanje is omdat die rolverdeling slegs uit wittes bestaan. Gaan die ANC nou sanksies teen hulle instel weens rassisme?

Johannes Meintjes ·

Onafhanklike kommentators wie eie risiko in sosiale entrepreneurskap dra het nog ‘n mate van “vryheid van spraak”, maar sodra jy jouself in die hande van enige organisasies, instansie, kerk of politieke party plaas word daar vir jou voorsgeskryf en word jy gemanipuleer as ‘n blote lakei wat ander se nuwe politieke en polities-korrekte nuwe orde magsbasis moet bou en dra (en befonds).

Han ·

Wat die ANC en die regering nie weet nie – of nie wil of kan besef nie – die wiel draai . . . daar sal ‘n dag kom wat hulle sal moet sluk aan al die haat, leuens, diefstal, “self righteousness”, arrogansie . . . moet ek aangaan? WANT, daar is ‘n Regter wat sien. EN, mnr. Zuma, ek het vir jou nuus: die ANC sal NIE regeer totdat Jesus kom nie. God laat Hom nie bespot nie.

Gerhard Erasmus ·

Maak jou standard bank rekening toe. Die man praat van feite. Van wanneer af mag n mens nie feite uitwys nie. Sies standard bank julle is onregverdig. Julle minderheid kliente se geld is seker dan ook te wit. Hoeveel het julle nie uit die minderheid gemaak nie.

sarie van heerden ·

Wat beteken die woorde ONDERTONE VAN RASSISME wanneer jy orde en netheid op ons strande wil he.

FG ·

Waar is Solidariteit en Agriforum as mens hulle nodig het – begin n sms geld insamel veldtog en kom met elke moontlike swaargewig regskundige op Standard Bank neer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.