Standard Bank het Maandag gesê hy sal dissiplinêre stappe doen teen een van sy werknemers, die ekonoom Chris Hart, nadat hy Sondag kommentaar “met ʼn rassistiese ondertoon” getwiet het.
Dit kom te midde van ʼn storm wat op sosiale media woed nadat Penny Sparrow, ʼn voormalige werknemer van Jawitz Eiendomme, in ʼn inskrywing op Facebook swart mense met ape vergelyk het.
In die twiet wat Hart in die sop laat beland het, sê hy: “Meer as 25 jaar ná Apartheid, vermeerder die aantal slagoffers, tesame met ʼn gevoel van toe-eiening en haat jeens minderhede.” Hart het Maandag om verskoning gevra vir die twiet en gesê dit moes in die konteks van stadige [ekonomiese] groei gelees word.
Standard Bank het in ʼn verklaring gesê Hart se uitspraak is “feitelik verkeerd” en maak onvanpaste aannames oor Suid-Afrika.
“Standard Bank sal die gepaste interne dissiplinêre prosesse instel om te verseker dat hierdie soort uitsprake nie in die toekoms met die Standard Bank Groep verbind word nie. Ons verwag van ons kollegas in elke land om te alle tyd die waardes van die Standard Bank Groep te reflekteer,” het die maatskappy gesê.
Volgens die verklaring respekteer die Standard Bank Groep enige verskille in geslag, ouderdom, velkleur, ras, geloof, ideologie, seksuele oriëntasie en gestremdhede. “Ons heg waarde aan verskille in kultuur, etniese of nasionale oorsprong en politieke en filosofiese oortuigings.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
64 Kommentare
Die waarheid maak seer ne
Ekke gee op net die Here kan hierdie volk en land red!!!
Ek het Mnr. Hart se tweet verstaan in die konteks waarin hy dit gestel het. Nou wil Standard bank hom disiplinêr oor die waarheid. Wys jou net in watter toestand dinge werklik is. Hulle (staat) wil nie hê die waarheid moet verkondig word nie.
Ek sal graag wil sien dat dit beide kante toe sny. Maar rasisme word mos net deur die minderheid gepleeg.
Chris die waarheid maak seer. En omdat jy wit is gaan jy erg gekruisig word.