Ekonoom waarsku oor gevolge van Gordhan-sage

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan. Argieffoto

Indien Pravin Gordhan, minister van finansies, te midde van berigte dat die Valke hom moontlik in hegtenis wil neem oor ʼn sogenaamde “rogue”-eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), nie sy termyn kan voltooi nie, sal die Suid-Afrikaanse ekonomie skerp afwaarts spiraal, sê Annabel Bishop, hoofekonoom by Investec Bank Limited.

“Die afgelope week was baie onbestendig, met die rand wat op R13,45 teenoor die Amerikaanse dollar, R15,20 teen die euro en R17,57 teen die pond geopen het. Die rand het hierna geval na R14,32 teen die dollar, R16,17 teen die euro en R18,79 teen die pond na die onverwagte nuus dat Gordhan strafregtelik vervolg kan word,” het Bishop gesê.

Volgens haar kan die rand tot R19 teen die dollar en R25 teen die pond val indien Gordhan nie sy termyn kan uitdien nie en sy plaasvervanger nie die graad van fiskale konsolidasie, wat nodig is, kan teweegbring nie.

Indien kredietgraderingsagentskappe glo die graad van fiskale konsolidasie, wat tans in die begroting uiteengesit is, ʼn werklike risiko is, word dit baie moontlik dat Suid-Afrika se kredietgradering sal daal tot spekulatiewe graad.

“Die risiko bestaan dan dat ʼn afwaartse spiraal kan ontwikkel, waar hoër leenkoste en stygende fiskale skuldverhoudings tot die BBP kan lei tot ʼn verdere verswakking in staatsfinansies, wat in die uiterste geval kan lei tot ʼn wanbetaling van soewereine skuld. In so ʼn situasie, sou die rand waarskynlik in die rigting van R30,00 teen die dollar en R40,00 teen die pond kan beweeg.”

Volgens Bishop is dit die persepsies van toekomstige kredietwaardigheid van ʼn land se finansies wat vir die graderingsagentskappe tel en die huidige optrede van die regering van ʼn land word gebruik om oor hierdie toekomstige kredietwaardigheid te oordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lance ·

Kan maklik gebeur want die anc regering voel nou nog minder vir die kiesers wat hulle stemme onttrek het …sal maar seker leer op die harde manier …jammer daar is geen medikasie vir as mens dom is nie ne

Alida ·

Plaas dit alles voor ongeskoolde JZ se deur want hy, in sy onkunde weet seker nou nog nie waaroor die bohaai gaan nie. Hy en sy reuse gesin kry alles wat hulle nodig het plus verniet. JAAG hom nou weg.

Veritas ·

Alida, kom ek vertel jou gou iets. Zuma is dalk ongeskoold maar dom is hy beslis nie. Daar was gerugte dat hy en sy adviseurs (lees Guptas), tydens die Nene-sage, miljoene rande gekoop het met dollars. Dit was toe die wisselkoers ongeveer R18.00 teen die dollar was. Met die verstewiging van die rand tot R14.00 teen die doller, is die rande weer van die hand gesit vir dollars. Die wins per dollar is dus R4.00. Wat sal hulle daarvan weerhou om weer die rand te verswak na ± R20.00 teen die dollar en weer dieselfde te doen. Al wat hul moet doen is om die druk op Pravin Gordan te hou totdat hulle teiken bereik is en dan die saak teen hom terug te trek sodat die wisselkoers weer kan verbeter en hulle weer ‘n behoorlike winsie kan maak. Daar was destyds hoeka aantygings gemaak dat die Guptas met sakke vol geld Dubai toe is. Nou hoor ons weer hulle wil al hul aandele hier verkoop. Klink bietjie verdag, of hoe?

Alida ·

Hulle moet daai skelm stortkop toesluit vir sy bykans 800 aanklagtes teen hom!

Ai..wat n klomp..... ·

n Diktator voel niks want sy pens is dik en sy koffers vol! Die Wat hom in sy posisies sit sal maar nog lekker swaar kry ……ai Afrika…jul wonder hoekom….en die buite wereld lag…..ja kry maar swaar…..

M Jacobs ·

“Iemand” het hom in daardie pos aangestel en dis dieselfde “iemand” wat hom daar hou. Soek daardie “iemand”!

jaco ·

Die ANC sal nie omgee as die ekonomie na Gordhan se afdanking versleg nie. Hulle parlementere salarisse sal steeds hoog genoeg wees dat n swak ekonomie hulle nie sal raak nie en hulle sal slaag in hulle belangrikste doel, naamlik dat hulle van ‘n Indiër ontslae geraak het wat in terme van regstellende aksie nie swart genoeg is nie

Louisa ·

Die ANC is vrekbang vir Gordhan. Hy kan basiese somme maak bv dat 70 toilette nie miljoene rande kan kos nie en derduisende ander voorbeelde van kostes van goedere en dienste waarvan die pryse so gelaai is, dat dit totaal belaglik is in die oe van die wereld. Maar vir ons regering lyk alles so normaal!

John ·

Die minister van finansies was voorheen by die inkomstediens, dan nie? Hy weet wat daar aangaan. Die geldpot is nou in riskante hande en die prez glo skynbaar hy is kersvader. As Kersfees kom en die Rand breek sy nek, gaan die kersboom nie baie liggies laat skyn nie. Brood gaan dan ok amper soveel kos soos ‘n kerskoek. Miskien moet ons ook maar soos die Duitsers ‘n voorraadjie proviand oppot… net ingeval.

snoefie ·

die hele magtige anc voel n vrot by vir die rand se val of die gevolge wat dit mag inhou. solank hulle Zuma gelukkig hou, solank bewaar hy hulle vrit geheime. kyk maar berus of hy aan die einde van sy ampstermein gedwee gaan terugstaan dat iemand anders oorneem.

Johanna Botha ·

Eskom was ook gewaarsku so ook waterwese en infrastruktuur ….ons weet almal wat toe met eskom gebeur het nou wag ons vir die water krisis …..hulle luister netnie …soos n kind wat hardkoppig is en eintlik vra vir n pakslae. Gaan hulle luister as daar iets verkeerdloop met die kernkrag wat hulle so graag wil he …..oops sorry i didnt know gaan seker die laaste woorde wees

JacoN ·

Sien op OUTA se webwerf, daar was iets in die staatskoerant van kommentaar wat gelewer moet word op die nuwe kernkrag projekte.Dit sluit môre 29 Augustus.Party mense glo Gordhan se aanklagtes hierdie week word gebruik as n rookskerm sodat die kernkrag kommentaar verby glip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.