Eks skiet glo PTA-polisiebeampte

polisie 2ʼn Polisiebeampte van Pretoria is Woensdag glo deur haar voormalige kêrel geskiet en gewond.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die man het die beampte versoek om hom in Marabastad in Pretoria se middestad te ontmoet. “Toe sy daar aankom, het die verdagte haar in haar rug geskiet,” het Mofokeng gesê.

Die beampte is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.