Eks vas vir Pta-vrou se verkragting

Argieffoto: Kent Williamson

Die ekskêrel van ʼn 22-jarige vrou van Centurion is vandeesweek in hegtenis geneem nadat hy haar glo by haar huis met ʼn mes gesteek en verkrag het.

Kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou het Sondag omstreeks 20:00 by haar huis in Glen Lauristonstraat in Wierdapark aangekom en haar ekskêrel in die huis aangetref.

“ʼn Bakleiery het uitgebreek, kort nadat sy by haar huis opgedaag het. Die vrou is tydens die voorval met ʼn mes in haar linkerhand en -voet gesteek, voor die man haar na bewering verkrag het,” het Huma gesê.

Die slagoffer kon in ʼn stadium daarin slaag om uit die huis te ontsnap, waarna die polisie ontbied is. Die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem en is in aanhouding by die Wierdabrug-polisiestasie.

Die Wierdabrug-polisie ondersoek ʼn saak van verkragting. Die man moet binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ai ·

Dankie tog sy kon ontsnap! Maar hoe op aande het hy toegang tot haar huis gekry? Het hy nog n sleutel gehad?!

Hoop sy word spoedig gesond.

al ·

Wat ñ siek, siek mens! Hy moet permanent uit samelewing verwyder word – sy sal nie sy laaste slagoffer wees nie.

Spook ·

Ek dink nie sy was met n mens gesteek nie maar wel met n mes.

Janie Monsieur ·

Dagsê Spook,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die glips en dankie dat jy ons daarop gewys het. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Annette Stander ·

Moet poging tot moord nie ook bygevoeg word nie? Hy het mos beplan om haar dood te maak daarom het hy haar met ‘n mes gesteek

Theresa ·

As hy nie ingebreek het nie – moes slotte vervang gewees het na hy ‘n ex geword het.
Hoop die meisie herstel spoedig. Wonder waaroor hul gestry het?

Hermann ·

Hoop en vertrou hy het haar met n mes en nie met n MENS gesteek nie.

Loretta ·

As jy probleme het met ‘n lastige ex verbreek ALLE kontak en kry ‘n beskermingsbevel sodat die gemors in hegtenis geneem kan word as hy oë wys.

Scalla ·

Dalk het hy vruggebruik uitgehou met die skeiding, wie weet.

Andile ·

Ai, wigte en teenwigte moes haar beskerm het. Hoop sy sterk aan sodat sy die naweek se rugby en krieket kan geniet.

Piet ·

As die staat kan vra wat jou ras is wanneer jy aansoek die vir n kragpunt of n waterlisensie (ek praat nie eers van mense wat werk soek nie), dan kan mens seker maar vra wat die ras van n misdadiger ook is.

Nardus ·

Eish mens kry sielsiek individue. LOL @ Spook en Jannie du Plessis, mooi hanteer julle twee.

dom ·

glo nie dit is die waarhied nie … hoop maar die waarheid kom uit …

Groot oë ·

Jammer my afleiding is, of jy was daar of jy is direk by hom betrokke. Sy sal haar sowaar nie self met messe steek en verkrag nie…….. of nee bedoel jy sy het ingestem om met messe gesteek te word en verkrag te word. Gaan lees mooi die HELE term van verkragting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.