Die ekskêrel van ʼn 22-jarige vrou van Centurion is vandeesweek in hegtenis geneem nadat hy haar glo by haar huis met ʼn mes gesteek en verkrag het.
Kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou het Sondag omstreeks 20:00 by haar huis in Glen Lauristonstraat in Wierdapark aangekom en haar ekskêrel in die huis aangetref.
“ʼn Bakleiery het uitgebreek, kort nadat sy by haar huis opgedaag het. Die vrou is tydens die voorval met ʼn mes in haar linkerhand en -voet gesteek, voor die man haar na bewering verkrag het,” het Huma gesê.
Die slagoffer kon in ʼn stadium daarin slaag om uit die huis te ontsnap, waarna die polisie ontbied is. Die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem en is in aanhouding by die Wierdabrug-polisiestasie.
Die Wierdabrug-polisie ondersoek ʼn saak van verkragting. Die man moet binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Dankie tog sy kon ontsnap! Maar hoe op aande het hy toegang tot haar huis gekry? Het hy nog n sleutel gehad?!
Hoop sy word spoedig gesond.
Wat ñ siek, siek mens! Hy moet permanent uit samelewing verwyder word – sy sal nie sy laaste slagoffer wees nie.
Ek dink nie sy was met n mens gesteek nie maar wel met n mes.
Moet poging tot moord nie ook bygevoeg word nie? Hy het mos beplan om haar dood te maak daarom het hy haar met ‘n mes gesteek
As hy nie ingebreek het nie – moes slotte vervang gewees het na hy ‘n ex geword het.
Hoop die meisie herstel spoedig. Wonder waaroor hul gestry het?