Eksekuteur vas oor ‘boedelbedrog’

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Eksekuteur is vir beweerde boedelbedrog van R1,2 miljoen in hegtenis geneem.

Die Valke se eenheid vir ernstige kommersiële misdaad het die 44-jarige man Donderdag in Kaapstad in hegtenis geneem.

Volgens AO Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, is die verdagte deur ʼn vrou van Bloemfontein as die eksekuteur van haar boedel aangestel. Die vrou is die erfgenaam nadat haar ma dood is.

“Die eksekuteur het glo ʼn paar maande later ʼn eis vir die uitkeer van ʼn lewenspolis by ʼn bekende versekeringsmaatskappy ingedien. Die geld is in die dogter se rekening inbetaal waarna die eksekuteur glo versoek het dat die geld na sy trustrekening oorgeplaas word.”

Volgens Steyn het die vrou die geld oorbetaal en toe besef die rekening is die eksekuteur se persoonlike rekening. Die vrou kon nie ʼn behoorlike verduideliking van die eksekuteur kry nie en het ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak.

Die verdagte sal Maandag in die streekhof in Bloemfontein verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chris ·

Dit is reg. Daar is reeds te veel mense wat met sulke streke al weggekom het.Koshuis toe met jou.

JohanR ·

Kry jy soe ding as ‘n eerlike eksekuteur? Die ou wat my auntie se boedel op hande geneem het na die afstrewe van haar man, het oorsee gevlieg vir vankansie met eintlik haar oorlede man se geld. Die boedel is ook nie gou afgehandel nie terwyl hy geskep het!

Scalla ·

Johan, hy is slegs geregtig op 3.5 persent eksekuteur fooi, alles moet in die laste en distribusierekening reflekteer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.