Ekskêrel in hof ná moord op student

Ngcebo Thusi en Ntokozo Xaba (Foto’s: Facebook)

Ngcebo Thusi (23) het Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn vir die moord op Ntokozo Xaba (21).

Xaba, ʼn derdejaarstudent aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) in Pretoria, se liggaam is Donderdagoggend gevind nadat sy en vriende die vorige aand in ʼn huis in Pretoria-Tuine gekuier het.

Volgens Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is die saak teen Thusi tot 13 Februarie uitgestel sodat sy adres bevestig kan word voor hy om borgtog aansoek doen.

Thusi en Xaba was voorheen in ʼn verhouding. Thusi, ʼn rugbyspeler en ook ʼn student aan TUT, is Donderdag in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van moord en dwarsboming van die gereg. Hy bly in aanhouding.

Xaba het glo saam met vriende,  onder wie Thusi, gekuier. Thusi was glo die laaste persoon om saam met haar gesien te word voor haar dood. Haar liggaam is die volgende oggend deur vriende gevind.

In reaksie op veelvoudige sosialemediaplasings waarin daar aangevoer word dat Thusi vir die Blou Bulle gespeel het, het die Blou Bulle Rugbyunie Saterdag ʼn verklaring uitgereik en bevestig dat Thusi verlede jaar vir die Bou Bulle se Plattelandse Distrikte uitgedraf het. Hy het nooit ʼn kontrak met die Blou Bulle gehad nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Danie ·

Het die mense nou net nie enige verstand om aan gevolge te dink nie.Hoeveel vrouens word vermoor en die krimeneel kerels gevonnis.Wys jou net SA mentaliteit.

TruthDealer ·

Hierdie is net hartseer op elke vlak denkbaar. Hulle lyk altwee soos ordentlike jong mense. Nou is sy dood en hy het sy eie lewe vernietig deur haar moord. So onnodig!

Vonny ·

Ons ANcancer wil nie HOOR.
BRING DIE DOOFSTRAF TERUG.

AFRIFORUM EN SOLIDARITEIT HELP!!!!

Talia ·

My hart bloei vir haar gesin. Ek hoop hy betaal hard vir sy misdade.

Christo ·

Dis baie duidelik waarom die ANC nooit die doodstraf sal terugbring nie

es ·

hy moet eers skuldig bevind word…nie een van ons ken die feite nie….mens kan nie sommer aan neem hy is skuldig nie. Dit bly tog baie tragies..sterkte aan haar familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.