Ekskêrel in hof ná Stella-koshuismoorde

Die koshuis by Hoërskool Stella. Foto: Via http://www.stellaskool.co.za

ʼn 19-jarige seun wat in hegtenis geneem is nadat die liggame van twee tienermeisies aan die Hoërskool Stella in Stella, Noordwes, Saterdagoggend in hul koshuis gevind is, verskyn na verwagting Maandag in die hof.

Lt.kol. Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondag aan Maroela Media gesê die polisie se geregtelike doodsondersoek is na moord verander nadat die tiener, glo een van die oorledenes se voormalige kêrel, Saterdagaand in verband met hul dood in hegtenis geneem is.

“Die verdagte is ook ʼn voormalige leerder aan die skool. Hy is Sondagoggend aangekla en het ʼn bekentenis by die polisie gemaak dat hy die twee meisies vermoor het,” het Funani gesê.

Die tiener se naam mag nie bekend gemaak word totdat hy in die hof verskyn het nie. Die meisies se name kan ook eers bekend gemaak word nadat die verdagte in die hof verskyn het. Die meisies was vriendinne.

Maroela Media het Saterdag berig die meisies, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud en in graad 11, was veronderstel om Saterdagoggend die skoolbus te haal om netbal op Koster te gaan kyk.

“Die koshuismoeder het na hulle gaan soek en een meisie naby haar kamer aan die trapreling sien hang. Die polisie is ontbied en die ander meisie se liggaam is in die badkamer aangetref. Sy is moontlik verwurg en daar was ʼn tou om haar nek,” het Funani gesê.

Die polisie is ontbied en ʼn geregtelike doodsondersoek is aanvanklik van stapel gestuur om vas te stel of daar moontlik vuilspel betrokke was.

Die verdagte moet in die Vryburg-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord.

Die motief vir die voorval word nog ondersoek.

Lees die vorige berigte oor Hoërskool Stella op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hartseer ·

Hoekom altyd seer maak kommetaar lewer… dink aan die ouers en familie waardeur hul gaan .die oorledendes sowel as die seun. Ja hy het moord gepleeg maar wie sê nie sy ouers het hom groot gemaak na die beste van hul vermoeë. Dis tragies wat gebeur het maar daar is ouers en familie en vriende wat stukkend is.

karen ·

Hierdie is so hartseer – almal weet beter almal se kinders is reg groot gemaak
Toevallig het hierdie lot op ander familie geval – die Pistorius-familie en sover ek kan onthou het baie min simpatie met hom of sy familie gehad……

kleur ·

Wat het kleur met sulke gruwelikhede uit te waai. Die feit dat n kind, tot so iets in staat is gaan my verstand te bowe

JSO ·

“KIND”? “TIENER”? Op 19 is jy ‘n volwasse man. MM moet asb nie in hierdie “simpatie” slaggat val deur na hom as ‘n kind/tiener te verwys nie.

Avra ·

Hy kan nie n kind wees as hy 19 is nie. As hy n kind is, mag hy nie stem nie

Nannie ·

Maak dit saak wat se kleur die kinders is? 2 ouerpare, familie en vriende is in hartseer gedompel agv n onbesonne daad wat gepleeg is.

Sonja ·

Baie sterkte aan al die families in die hartseer tyd. Jul is in ons gebede?

Avra ·

Wie ook al die regter is: laat hy dieselfde kry wat hy gedoen het sodat hierdie ongesonne dade kan stop. So jammer die meisies moes op so n maier uit die lewe weggeruk word.

Geregtigheid ·

Hoe kan mense so maklik klippe gooi nie een van ons ken die omstandighede nie mens staan nie net op en besluit vandag maak ek iemand dood nie daar moes iets groot fout gegaan het. Nie een van ons is volmaak nie almal het foute . Ek dink aan die seun se ouers en die dogters dit kan nie maklik wees nie sterkte vir julle

CAROL ·

Hy “was” in die skool – nou wat soek hy daar?? En wat soek hy in die meisie se koshuis??? Gewoonlik is seuns en meisie se koshuis apart. Hy het skuld erken – so los al die moeite van hofsake en sluit toe

Doempie ·

Carol jy leef in Lalaland. Vergeet van hofsake en sluit toe. Sowaar, mens. Dis nie hoe dit werk nie

Ditan ·

Die 19 jarige is eintlik ‘n man. Volgens wet is individue ouer as 18 reeds volwasse en word dus as volwassenes geoordeel

Theresa ·

Skole, koshuise – die land = onbeheersd a g v min dissipline en orde. Sou daar gewaag word om orde te handhaaf, is mens ‘n onding. Chaos waar wanorde toegelaat word. Ook op paaie.

Anoniemiseerder ·

Die menslike brein bereik eers biologiese volwassenheid op ongeveer 24 jaar. Emosionele volwassenheid word eers bereik rondom 34. Dis hoekom in sekere ontwikkelde lande jong mense eers motor versekering mag kry op 24… Dis ook hoekom jong mense so dringend goeie rolmodelle benodig. En hulle kry dit baie maal nie.

So terloops.

kas ·

Dit lyk dan vir my of die meidies alleen in die koshuis was.Hoe het die moordenaar toegang tot die koshuis gekry sonder dat hy gesien is.As hy na die koshuis gegaan het wat was sy doel gewees anders as moord.Hoekom albei meisies vermoor is bly ‘n ope vraag.Niemand sal weet nie voor die hofsaak afgehandel is en hy sy weergawe openbaar gemaak het nie.Ek glo egter hy het geen rede gehad om moord te pleeg nie.Daar is ander oplossings en hulpmiddele beskikbaar om probleme op te los.Ek was self deur ‘n tydperk van depressie en ‘n sielkudige het my gehelp.Vandag is daar nie meer so iets by my nie.

Amelia ·

Ek dink hy het sy eksmeisie vermoor en dit na selfmoord probeer laat lyk en tydens dit het die ander meisie op dit afgekom, daar dat sy vermoor is om haar stil te maak.

Waarheid ·

Sterkte en meegevoel aan almal betrokke.
Laat ons almal uit ander se foute leer om
sulke hartseer en tragedie te VOORKOM.

Elaine ·

Dit is so hartseer dat 4 lewens so sinneloos verwoes is oornag. My hart breek vir die ouers van die meisies…

Se maar net.. ·

Ek voel ook Marna ht op di toneel afgekom en toe word sy ook vermoor. Ek wonder tog ht hy nie hulp gehad nie, want ek twyfel kon hy alleen dai meisies ophang. As jy n versteuring ht glo ek dit raak erger as jy bloed en dooie karkasse bly sien.

Reguit ·

Maar net nóg ‘n simptoom van ‘n siek samelewing. Gelukkig het die geskiedenis bewys dat so ‘n samelewing tot ‘n val kom.

Spike ·

Ek hoop hy sal uitkom met die motief. Henry en Don het tot vandag toe nie gesê nie.

karen ·

jong man, ek hoop jy loop dieselfde pad as ene jong seun wat uitmekaar geskeur is oor skiet voorval nie te lank gelede….. daar was geen simpatie vir hom en glo nog minder vir jou. Ja jy het ouers oumas oupas waarvoor mens jammer is maar dis die pad wat jy gekies het…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.