Ekskêrel trek self borgtogaansoek terug

Christopher (Stoffie) Watson en Angelique Fourie (Foto: Mike Bolhuis, Facebook)

Christopher (Stoffie) Graham Watson, ekskêrel van die vermoorde Angelique Fourie (27), het Woensdag self sy borgtogaansoek in die Secunda-landdroshof in Mpumalanga teruggetrek.

Die saak is tot 18 Januarie uitgestel.

Luke Enslin, senior ondersoeker en lid van die privaatspeurder Mike Bolhuis se span, het Woensdag aan Maroela Media gesê daar was geen meriete vir Watson se borgtogaansoek nie – veral gegewe die ernstige aard van die misdaad.

Maroela Media het vroeër berig dat Watson homself aan die polisie oorgegee het, ʼn dag nadat die jong ma se bebloede liggaam in haar meenthuis in Trichardt, Mpumalanga, gevind is.

“Dit was waarskynlik ná konsultasies tussen Watson se regspan en die aanklaer dat daar eindelik besluit is om die aansoek terug te trek.”

Volgens Enslin het Watson nie ’n woord tydens sy verskyning gerep nie en het sy regsverteenwoordiger al die praatwerk gedoen.

Familielede van Fourie sowel as Watson was volgens Enslin in die hof teenwoordig.

“Haar ma en vriendinne het almal hemde gedra waarop staan ‘Justice for Angie’. Ek het ook met haar ma, Annelie, gepraat. Dit gaan sleg met haar. Sy sê môre se begrafnis lê soos ’n berg voor hulle.

“Boonop herstel sy nog van ernstige Covid-19,” het Enslin gesê.

’n Gedenkdiens word Donderdag om 11:00 vir Fourie in die Gereformeerde Kerk in Eendracht gehou.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Misky ·

Goed so en dan is die versoeking om te hardloop nie so groot nie

Raadsman ·

…en so val meer mense uitmekaar en kan hulself nie beheer wanneer die kleinste onderonsies onstaan veral in verhoudings. Slegs wanneer mense terug gaan na God toe kan Hy hulle bystaan. Niemand is op sy eie sterk genoeg nie – Moenie op jou eie probeer nie!

Annelize ·

Mooi so. Mag jy ‘n holly-jolly Kersfees daar in die tronk he.

Swerwer ·

Ons harte gaan uit na die ouerpare en familie. Sterkte vir môre.

Keelvol ·

MM kan julle ophou om Bolhuis te woord te staan. Kry asseblief inligting by die SAPD. Bolhuis weet so min wat aangaan as die RES van die land.

JohanR ·

Kan dit nog nie glo hoe klein en bros sy is nie, en hoe groot en massief hy is nie. Sy het seker iets in hom gesien….wat weet ek nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.