Eksklusiewe video: Hier is die advertensie wat jy nie mag sien nie

'n Skermskoot uit die advertensie

‘n Skermskoot uit die advertensie

Maroela Media plaas eerste Solidariteit se advertensie oor regstellende aksie wat DStv se reklameverkoopshuis, DStv Media Sales, nie wil uitsaai nie. Die vakbond Solidariteit het vandag hofstukke ingedien waarvolgens hulle aansoek doen om ʼn dringende interdik om DStv se reklameverkoopshuis, DStv Media Sales, te dwing om die vakbond se advertensie teen onbillike regstellende aksie en rassekwotas uit te saai. Om meer oor dié regsaksie te wete te kom, klik hier.

Lees ook:
Solidariteit begin met regsaksie teen DStv oor advertensie
‘Die advertensie wat DStv nie wil hê jy moet sien nie’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Werner ·

Baie dankie dat julle bereid is om die advertensie te plaas. DSTV verdien om geboikot te word.

Jaco Louw ·

Dis nou nie asof Maroela Media ‘n besondere daad doen deur die advertensie te plaas nie. Maroela is ‘n onderafdeling van Solidariteit…

Niel ·

Stuur asb vir solidariteit, nommer op hulle webwerf is verkeerd, die woord “skenk” word nie aanvaar nie. Nommer verskil ook van nommer op advertensie.

Groete
Niel

Nico Strydom ·

Haai Niel
Dankie ons het Solidariteit in kennis gestel. Volgens Solidariteit kan die SMS kode op die video wel solank gebruik word.
Baie dankie
Vriendelike groete

Kobus ·

My seënwense vergesel die video waar dit ook al mag gaan. Mag dit oneindig meer blootstelling kry as wat DStv Media Sales dit sou uitgesaai het.

Slim Daan ·

Voorwaar n dolk in DSTV se hart ! Mag hul ly tot in lengte van dae. Ghmfwuaa ha ha !!

Koos vd Merwe ·

Mooiman! Wys maar net weer die dubbele standaarde wat geld. Die mense is net bang dat die speelveld gelyk gemaak sal word en vrees die gevolge as die leeu se bal met ‘n doringtak gekrap word, om die voormense na te praat!

Cecile ·

Uitstekende video inderdaad julle maak n statement we’ll done

Danie ·

Baie dankie Maroela Media! Ek het al ‘n jaar gelede my DSTV subskripsie gekanseleer… en nog nooit weer terug gekyk nie.

alet ·

Dankie dat daar n organisasie is wat opstaan vir afrikaans ons ondersteun julle

Hester ·

Ek weet nie hoekom saar nog regstellende aksie is nie. Kinders gebore na 1994 het tog gelyke geleenthede gehad en is nou reg vir die arbeidsmark, hoe kan hulle nou nog aangaan oor ” previously disadvantaged” dis belaglik

Gerrit ·

Sorrie, maar ek dink julle weet hoekom DSTV nie die advertensie wil uitsaai nie, en ek stem saam met hulle. Wat meer is, ek dink julle gaan pakslae kry as julle dit hof toe vat. Om net wit gesiggies in die ad te gebruik en dan te sê “…om ons te bevry van rassekwotas” is pleinweg onnooslik. Die ad sou skitterend op die radio gewerk het, maar julle sal dit moet oorskiet met swart, bruin, Indiër en wit gesiggies, want almal word negatief geraak deur rassekwotas.

Shannon ·

Gerrit, ek dink jy het `n hou indoktrinasie weg swaer. “..almal word negatief geraak deur rasse kwotas” Werklik ?

Miskien het ons hier te doen met die soort van oor-redelike politiek van Dok Piet Muller, wie ook altyd sy gepiep wil vermom met stellings soos “Crime affects everybody” wanneer hy verleë probeer verwys na `n boer vrou wie se keel afgesny is nadat sy verkrag was .. of nadat `n baba se skedel verbrysel is tydens `n ‘huis roof’. Hoegenaamd geen rassisme wanneer dit kom by die haat van die swart man nie.

Kwotas, soos duidelik gedemonstreer die afgelope eeu reeds, steel werk by blankes en oorhandig inkomste aan die swarte. Die blanke verarm en die swarte bly intellektueel bankrot a.g.v. `n staats gesubsidieerde gepamperlang op my onkoste. Dit verhoed ook vooruitgang in die algemeen.

Ek het so spesmaas ou Gerrit dat jy een van daai outjies is wie graag saam sing in die koor van verligtheid solank dit jou nie persoonlik raak nie. Maar ag jinne, behoed die dag as jy nou besef dat jy toe nou ook `n statistiek versnapperintjie geword het in die groot sosialistiese smelt pot, waar almal eweredig miserabel is. Of gaan jy jou filantropie dan eers bewys deur jou voormalige korporatiewe werkgewer miljoenêrs in die publiek te vergewe ? `n Soort van ‘hande-vat’ sessie gemeng met delirium ?

Peter ·

Shannon ,ek kon dit nie beter gestel het nie! As jy noggie daar was nie , moenie jou mening lig nie! Hierdie land is besig om letterlik om ons te verval in anargie en armoede! En ons ly al so aan bomskok ,dat party ouens iets kwyt raak sonder om presies te weet hoe dit hom in die toekoms gaan raak. Dankie aan Maroelamedia en Solidariteit om te veg vir ons regte,
die bietjie wat oor is!

Watopaardesaljoutevredestel ·

Ag vader. Het nooit in my lewe gedink ek sal Pieter Mulder verdedig nie, maar wragtig mens, daardie man is ‘n dwarstrekker en ‘n half. Hy vertolk sy rol as afrikaner nasionalis op regeringsvlak uiters goed, en maak gereeld sy stem dik (nie dat ek baie met hom saamstem nie, maar hel, gee die ou krediet). Mag ek ook byvoeg dat Mulder ‘n soortvan regstellende posisie beklee? Ek meen, waar in jou lewe kry jy dit: ‘n oorwegend swart party, wat nog goed onthou hoe hul onderdruk is deur konserwatiewe afrikaners, wat ‘n einste konserwatiewe afrikaner as adjunk minister aanstel? Neem jy Mulder kwalik dat hy sy kant wil bring en saam wil werk met die mense wat vir hom, en ONS, die vergunning gemaak het? Ek’s geen ANC aanhanger nie, en dink eintlik Zuma het die Afrikaner se saak skade gedoen deur so ‘n old school ou as ons ‘verteenwoordiger’ aan te stel. Maar steeds, hel man, die ou probeer sy bes, gee hom ‘n breuk…

Georg Rautenbach ·

Ons moet almal vir eens saam opstaan vir ons regte, dankie Solidariteit vir hierdie inisiatief

Petrus Visser ·

Baie goed gedoen! Ek baklei ookal bykans 8 jaar eensydig teen my maatskappy en ek het steeds geen hoop na al my harde studies en opoffering vir enige bevordering nie.
Ek maak graag my bydrae van R10 om sodoende ander te help.
Sterkte aan Solidariteit!

Gerrit ·

Haai Alwyn

Ek het gisteraand iets probeer: vir my vrou gevra om te luister na die klankbaan sonder om eers na die video te kyk. Dit het vir haar biekie wit-skeef geklink, toe dog sy maar wag: die dialoog kan net so werk vir ‘n gekleurde (Onthou die DKD saak gaan eintlik oor gekleurde personeel). Toe wys ek vir haar die video, met al die wit gesigte en die verwysing na ‘ons’: dit gee heeltemal ‘n ander ‘kleur’ aan die hele boodskap, nl. dat Solidariteit net vir witmense baklei. Onderskeid (‘n sinoniem vir diskriminasie) dus op grond van kleur. Die volgende vraag dan is of die diskriminasie regverdig is: Solidariteit sal sukkel om dit te wys, omdat ALLE kleure geraak word deur die onregmatige toepassing van EE wetgewing.

As die advertensie dus wel onregverdig diskrimineer, is dit ongrondwetlik. As dit ongrondwetlik is, is die advertensiekontrak onwettig, en dus ongeldig – dan tree DSTV korrek op en het Solidariteit geen been om op te staan nie.

Maklikste is om die advertensie net oor die radio uit te saai of om dit oor te skiet met ‘n reënboog-rolverdeling: dit sal die advertensie verander sodat die boodskap totaal positief is, en ek is nogaal oortuig dat DSTV dan geen beswaar sal hê daarteen nie.

Pietman ·

Hmmmm, ek sien nie meer baie Suid Afrikaanse advertensies nie, Gerrit….. maar ek onthou nog die TV advertensies oor VIGS van so 5-6 jaar gelede toe daar ook slegs blankes in gewys was… Toe was dit no ‘n ding wat ons opgelet het, deesdae moes ek weer gaan kyk het om te sien waarvan jy praat ! :-)

Karin ·

Ek is nie teen enige iemand nie en aanvaar elkeen soos hy is. Ek ken baie goeie beleefde swartmense wat ironies genoeg in die apartheid grootgeword het. Dit is net vir my erg dat ons blankes net moet terug staan en elke keer maar net jou lip moet byt en eerder stil bly. Het ons dan geen regte nie, het ons as burgers nie gelyke regte nie.
Is dit nodig dat hul so ongeskik en arogant met mens is wanneer jy by n toonbank staan sodat hul jou moet help soos by lesensie kantoor ens, Jy groet voor en na die tyd maar word eenvoudig net geignoreer en met afguns behandel. Vrou alleen by n 4 rigting stop? Jy moet dit nie waag om voor hulle te ry nie, hul kry voorrang. Anders ry hy tot teen jou kar en gee jou n vuil kyk.

Hul staak, haat spraak, verkrag, en behandel ons soos indringers en ons moet net stil bly. Word daar nou teen die blankes gediskrimineer?

Karin ·

Ek is nie teen enige iemand nie en aanvaar elkeen soos hy is. Ek ken baie goeie beleefde swartmense wat ironies genoeg in die apartheid grootgeword het. Dit is net vir my erg dat ons blankes net moet terug staan en elke keer maar net jou lip moet byt en eerder stil bly. Het ons as burgers nie gelyke regte nie.
Is dit nodig dat hul so ongeskik en arrogant met mens is, wanneer jy by n toonbank staan sodat hul jou moet help bv by lesensie kantoor ens, Jy groet voor en na die tyd maar word eenvoudig net geignoreer en met afguns behandel. Vrou alleen by n 4 rigting stop? Jy moet dit nie waag om voor hulle te ry nie, hul kry voorrang. Anders ry hy tot teen jou kar en gee jou n vuil kyk.
Hul staak, haat spraak, verkrag en behandel ons soos indringers en ons moet net stil bly. Word daar nou teen die blankes gediskrimineer?

Gerrit ·

Ek ondersteun die geveg teen die rasisme ten volle! Blankes word ontneem van alle regte om ‘n sukses te maak en nie asof hulle kan help dat hulle blank is nie maar word gepenaliseer weens wat die vorige regering gedoen het. Hierdie is ook ons land!!

boertjie ·

Dankie vir solidariteit, hulle is bang ons kan nie toelaat dat hulle vir ons besluit wat ons mag sien/luister wat hulle wil he nie. Hulle moet geboikot word. Word beheer deur die anc.

Deon ·

Plaas die advertensie op kyknet se web en facebook blad. Hulle behoort dit redelik vinnig te verwyder. Al advertensie wat nooit oor wit gesigte geboikot sal word nie is shampoo. ;-)

Hermien Strydom ·

Gee hulle gas al hierdie groot intansies dink hulle kan maak soos hulle lus het.

J BLOM ·

Sit hom op you tube dan is hy sommer wereld wyd en dan is DSTV in elkgeval uitoorle.Gratis en Solidariteit kry wereld wyd publisiteit.

Rosa Heyne ·

Ek is trots om deel te wees van Soldariteit. Ons moet saamstaan as ‘n Afrika nasie.

Gaap.... ·

Afrika nasie? Huh? As jy deel van afrika is, moet jy bereid wees om deel van die oplossing te wees, en ‘n wit viktim veldtog is nou nie eintlik dit nie hoor. Dis laertrek, settelaar styl…

Shannon ·

Hier’s die slot som vir die wit man, en spesifiek vir Afrikaans sprekendes in Suid Afrika :
– in die 80’s het die verskeie ‘unions’ toegepas wat hulle besef het is hulle beste wapen – hulle staak. Sonder arbeid kon industrie (en by implikasie die ekonomie) nie voortgaan nie. Kan Afrikaanse mense dit doen ? Kan blankes oor die algemeen `n soortgelyke lam-lê bewerkstellig (indien hulle ooit die eenheid kon toon) ? Die antwoord is nee.

– Is daar `n morele hindernis in die swart psige t.o.v. die metodes van ‘verset’ of is dit duidelik dat geweld van meet af aan wyd toegepas word ? Kan die wit man dit doen ? Trouens, kan die wit man bloot harde besluite maak ten koste van ander rasse, of is die eerste woorde oor die lippe gewoonlik die van `n dwepende ou wysgeer wie redelikheid vir almal nastreef ? Ek dink die antwoorde word elke dag redelik duidelik gedemonstreer.

Alhoewel ek die buite-parlimentêre aksies van solidariteit etc. beaam wil ek weereens, soos altyd, benadruk :

Die uiteindelike oplossing in die strewe na vryheid vir ons kinders in elke sfeer van die lewe lê nie in hofsake nie.

Dit lê ook nie opgesluit in Utopiese lieg stories van sosiale harmonie nie. Die waarheid is – dit is als NIE moontlik nie en sal vir ewig kunsmatig aan die lewe gehou moet word nes die illusie oor die Kyser se nuwe klere.

Indien jy jouself wil bevry van die wêreld wye smelt pot nagmerrie, en indien jy jou kinders `n ewe goeie kans wil gee, dan moet jy as wit mens die een ding gebruik wat jou die vermoë gee om die stelsel lam te lê. En dit is intelligensie. Dis die een ding wat selfs die egalitarians brood nodig het om te verhoed dat hulle naïewe Hollywood perspektief saam met die res van hulle anti-realiteit tempel in duie stort.

Moenie dink jy gaan `n plekkie gegun word by die sosialistiese vreet trog wanneer jou werk onder jou uitgepluk word nie my broertjie. Slegs die swart man mag daar vreet.

Gaap ·

Jul arrogansie gaan my verstand te bowe. Wragtig mense, na hoeveel jaar van blanke bevoordeling, wat op aarde het jul verwag? Wil jul eerder die grondwet laat gaan, wat regstellende aksie goedkeur, sowel as blankes se reg om in SA te bly, of wil jul die dokument skrap in ruil vir ‘n burger oorlog? Want jul speel NOU die viktim, duidelik weet jul nie hoe erg dit KON wees nie. Ek praat van pasboekwette, onbillike arrestasies, en onteiening sonder vergoeding. Want DIS wat aan swart mense gedoen was, en vandag? Willing buyer, willing seller, teen DUBBEL die prys soms. Maar as jul aanhou die viktim speel, waarom op aarde sal ons regeerders aanhou bodder om wit mense te akkommodeer? Jul kerm dan elk geval oor alles? Regtig mense, AA het sy probleme maar steeds sy plek, by all means, adviseer hoe die regering dit kan beter doen, maar om dit af te maak as diskrimnasie sonder om ons walglike verlede in ag te neem is om julself in die voet te skiet, want jul WIL nie gelykheid in SA sien nie. Julle WIL die baas bly. En nou wag ek vir die beskuldigings dat ek kastig geindoktrineer is en ‘n libtard is. Wel raai wat, julle hou rassisme lewendig, want jul wil nie insien dat rasse ongelykheid die oorsaak van rassisme is nie, en jul wil nie dit regmaak nie.

coen Groenewald ·

Kon nie video op foon sien nie waar weet jy sal nie nonsens plaas nie

Sussa ·

Die land behoort GOD se aangesig te soek en vir genande Moët vra

JH ·

Ek sien die sms self kos ook R10. Gaan daar dus R20 na die litigasiefonds toe? Waarmee ek nie ‘n probleem het nie. Maar ek vermoed dit kan knor as iemand anders R10 maak uit elke R10 wat ek wil skenk. Dan oorweeg ek eerder ‘n direkte bydrae. Alles natuurlik hipoteties. Dalk net iets om aan te dink. Sterkte. JH

Andre ·

Die internasionale media word deur Zioniste Bankere (Zionist Bankers) besit en bestuur. Hulle beheer die propaganda (of te wel nuus en TV) in die grootste deel van die wêreld. Die ANC is slegs ‘n front vir die Internasionale Zioniste bankiere wat die reserwebank en die geldsisteem in Suid-Afrika beheer. Die ANC het toegestem dat die Zioniste die geldsisteem beheer, en in ruil daarvoor beheer die ANC die staatsdiens. Die Reserwebank is ‘n privaat bank. DSTV moet die propaganda en agenda van hierdie bakiere volg. Die volksmoord (“genocide”) van blankes in Suid-Afrika vorm deel van die agenda. Rassekwotas word as deel van die gereedskap gebruik om die volksmoord op blankes in Suid-Afrika te voltrek.

Shannon ·

Andre, ek dink die rol van Afrikaners in bykans alle sfere van die Suid Afrikaanse samelewing is vandag so minimaal dat die “uitwissing van Afrikaners” – selfs in die mees antagonistiese verstand – nie `n hoë prioriteit is nie. Met alle respek, ek dink jy oorskat die kritiese aard van die Afrikaner in Suid Afrika in terme van die nasionale effek daarvan.
M.b.t. tot die nuanse van internasionale finansiering, ek dink die werklikheid kan selfs nog meer intrige oplewer as ons mees eksotiese suspisies.
Die finale ondergang van Afrikaners is miskien `n welcome bonus maar beslis nie die kresjendo van `n denkbeeldige Ilumnati -, Zion – en Satan plan nie.

Dani ·

Ek het die woord “reg” na 38952 gestuur en R10 geskenk. Die ontvangsboodskap het aangedui dat ‘n agent my sal skakel, wat ek nie verlang nie en het toe met “stop” geantwoord, soos aangedui. Dit is toe beantwoord met ‘n boodskap dat “stop” ‘n onaanvaarbare woord is, en neem toe sommer weer R10!

Christo ·

As Ford byvoorbeeld ‘n advertensie vaneen van sy Ford produkte Ford wil plaas, roep hy tog nie die hulp van General Motors in om te help nie! Solidariteit “adverteer” die saak van “wit gesigte” en by name die blanke Afrikaners.

Riekie ·

Al die mooi groot woorde wat nou in die regering gebruik word is om swartmense te bevorder en weg te vat van blankes. Dit het gebeur in die destydse wit regering , maar as die swart regering nou presies dieselfde doen dan kan hulle mos nie kla oor wat voorheen gebeur het nie, dinge in die land kan net regkom indien almal n gelyke kans gegun word. Ons kinders het niks te doen met meer as twintig jaar terug se gebeure nie.

E.N.Smith ·

Wat my verstand tebowe gaan is die volgende. Die vakbond is bereid om duisende rande aan n hof saak te spandeer maar hulle lede wat aansluit het n wag periode van 3maande. Nou is my probleem. N lid behoort 2maande en word aangekla by sy werk met ernstige gevolge maw. Die lid is ontslaan uit sy diens. Hoekom kan daar nie na sulke dinge omgesien word nie of is die vakbond so rigied in gestel op die 3 maande. Die gevolg van dit is. Die lid ontvang op n Sondag om 15h00 n epos met sy aanklagte en kennis dat die Maandag om 15h00 is sy verhoor. Toe die lid vir uitstel vra. Se die Voorsitter dit kan nie toe gestaan word nie omrede hy gaan Italia toe en so word die lid gedwing om die verhoor by tewoon. As dit nie ontneem is van sy regte nie dan weet ek darem nie. Net omdat die lid nog nie 3 maande lede geld betaal het nie maar we’ll 2maande. Nou sit die lid sonder werk nog werkloosheid as gevolg van sy regte wat van hom ontneem is. Dis n skande. Dankie Soldariteit vir julle rigiede optrede. Die beste van als. Die Voorsitter deel hom mee. Hy sal oor 30 dae sy ontslag brief eers kry. Soldariteit skrik wakker ons is in n korrupte lewe. Help eerder as om weg te wys.

Andries ·

Watopaardesaljoutevredestel, dankie vir jou inset. Mag ek ook saam met jou my stem bybring!
Ek het so n bietjie opleeswerk gedoen van die FN asook van VF+ se beleid. Ek sien werklik geen wesenlike verskille nie. miskien het ek iets misgekyk, maar nou waarom doen ons Afrikaners sulke dinge. Ek bepleit eerlik liewer n saam staan, handevat opsie. Sorteer verskille uit en maak toegewings en regstellings maar staan saam.
Kan ons nie terugkeer na ons baie bekende leuse van;

EENDRAG MAAK MAG nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.