Ekstase oor taktiese reaksiespan in misdaadgeteisterde Westbury

Foto: ANA.

Inwoners van Westbury in Gauteng was Donderdag verheug en het op die maat van die polisieorkes gedans by die plaaslike stadion, dít in skrille kontras met vroeër die week toe inwoners die polisie met klippe bestook het en hulle genoodsaak was om met rubberkoeëls te reageer.

Die rede vir dié oorweldigende vreugde is die aankoms van die polisie se taktiese reaksie‑eenheid wat ontplooi is in hul nedersetting wat deur bendegeweld, dwelms en ander misdrywe geteister word.

Chaos het verlede Vrydag losgebars nadat Heather Petersen (45), ʼn inwoner van Westbury, tydens ʼn bendeskietery doodgeskiet is. ʼn Tienjarige meisie is ook tydens die skietery beseer en na die hospitaal geneem.

Woedende inwoners het die strate in groot getalle bestorm en die polisie daarvan beskuldig dat hulle kop in een mus met dwelmhandelaars en misdadigers in Westbury is.

Minister Bheki Cele en genl. Khehla Sitole. Foto: ANA.

Bheki Cele, polisieminister, het die omgewing Dinsdag besoek en onderneem om onmiddellik ʼn taktiese reaksiespan bekend as ‘Amabharete’ te ontplooi om die strate van Westbury te beveilig. Dié span het uiteindelik Donderdag hul opwagting gemaak.

Cele het Donderdag aan jubelende inwoners gesê dié span is daargestel om die gemeenskap te verdedig en misdadigers in hegtenis te neem.

Aan die span het Cele gesê: “Beskerm asseblief die gemeenskap en neem verkragters, dwelmhandelaars, moordenaars en diewe in hegtenis. Beamptes – gaan klop aan deure en kry vir ons al hierdie gesoekte misdadigers. Ons het ʼn lys van die top 20 en ons sal dit vir julle gee. As julle klop en niemand antwoord nie, skop asseblief die deur [af].”

Spesiale spanlede (143) is nou in Westbury ontplooi, insluitend die nasionale ingrypingseenheid en die metropolisie.

“Julle sal net 133 sien want tien van hulle gaan tussen julle leef en inligting bymekaar maak en vir ons sê wie die misdadigers is sodat ons op die inligting kan reageer. Daar sal nie meer plek wees vir misdadigers in die gemeenskap nie.”

Cele het bygevoeg as bendelede ʼn oorlog wil hê  staan dit hulle vry om die taktiese reaksie‑eenheid uit te daag aangesien hulle die ‘ware Jakob’ ontvang het en nie ‘rubberkoeëls’ nie.

Foto: ANA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Kobus Crause ·

Wat van dieselfde toewyding ten opsigte van plaasmoorde Mnr. Cele?

James ·

Maar die plaas moorde!!?? Ag tog; oja die President het gese dit gebeur nie ?????????????????????????????

jean ·

I have a dream……..nee wat, die onmoontlike sal nooit gebeur. Let net op by elke plaasmoord: niemand is nog in hegtenis geneem…..en al wat cele doen is dreig….what a joke

Maro ·

Dis goeie nuus. Uiteindelik het Cele wakker geskrik.
Oor plaasmoorde: die skrif is teen die muur…dit sal nooit ophou nie, want niemand doen iets daar omtrent nie. Sal aanhou en aanhou. Daar kom geen hulp nie. Oor en oor bewys.

Dafer ·

Die wiskunde is eenvoudig: Hoeveel stemme gaan die ANC bykry as hulle plaasmoorde stop?

MH ·

Baie intelligent om aan die kriminele te verklap dat 10 beamptes tussen hulle gaan leef om inligting bymekaar te maak.

Liendempers ·

Kon ook maar net my kop skud toe ek dit lees…….tsk tsk tsk.

Saartjie ·

Ja, voeg maar sommer klaar 10 by die moordsyfer oor die volgende paar weke … elke arme sot wat (volgens die bendelede) verdag optree, sal eenvoudig uitgewis word.

Oom Kalahari ·

Dit is wat nou uitgewys moet word wasr prioriteite gegun word en dat net sekere gevalle voorkeur geniet.
Bygese……die bendelede is ook geharde misdadigers en moenie verwag dat hul nie ook sal reageer nie. Hoofman mag dalk ook net ‘n lid of twee afstaan as daar teruggeveg word. As die bende manne ‘n lid of broer verloor neem hul wraak. Laat ons hoop plaas op suksesse en ook bid vir erkenning tot plaasmoorde. Tydens die Kommando’s optredes was dit veilig en werkbaar, maar waarom was dit ontneem as dit so effektief was? Om ‘n toelating tot hierdie tipe van misdaad.

Chomp ·

Laat my dink aan daai baie ou Chomp (sjokolade) advertensie…
Ou grootbek.

Hennie ·

Hierdie tipe goed behoort vir ons as blankes te bewys wat ons nog al die tyd vermoed die regering van ons dink en voel.

Jana ·

Dit klink goed en ek is versigtig optimisties. Nou moet hulle net dieselfde houding inneem teenoor die kriminele in die res van die land ook.

Dries ·

Di optrede word verwelkom maar:

Wat van plaasmoorde?
Wat van dieselfde in di Wes-kaap?

GM ·

O jinne, die logika darem. ‘Kom ons sê vir die opposisie wat ons planne is voor ons dit implementeer’.
Vir al wat hul weet, is daar misdadigers onder daardie groepie, wat nou vir die bendelede die 10 sal uitwys, en ons almal weet wat dan met daardie 10 sal gebeur.
Ek wens hul sukses toe, though. Om elke dag jou lewe so op die spel te moet plaas vir vreemdelinge, en nie te weet of jy vanaand jou eggenoot of kinders sal sien nie, kan nie maklik wees nie. Nie dat enige iemand verseker is daarvan nie, maar jou kanse is darem bietjie hoër as jy nie in gevaarlike gebiede gaan rondhardloop nie.

Kanni wag ni ·

Hierdie gaan ‘n lekker geveg afgee. Gaan solank popcorn kry . want binne hierdie ‘taakspan’ gaan daar net soveel simpatiseerders met bendelede wees soos wat daar moordenaars en verkragters in die polisie is …

Dienkie ·

Cele, wanneer gaan jy so vinnig reageer vir beskerming op die plase vir ons boere. Het hulle nie ook daadwerklike beskerming nodig nie. ?

tamboti ·

Taktiese eenheid?? Ons sal maar sien, maar moet nie te veel verwag nie.

Grysburger Pretoria ·

Interessant dat die eenheid so gou ontplooi kon word. Gemeenskappe op bv die Kaapse Vlakte wag al jare vir ‘n soortgelyke intervensie. Die DA daar aan bewind het al tot gepleit vir die ontplooiing van die weermag. Ons almal moet maar wag en sien hoe doeltreffend hierdie poging sal wees. Misdadigers sal geneig wees om so ses maande hul optredes te staak. Die regering gaan dan uitbasuin hoe suksesevol dit was en die eenheid onttrek, net om te sien hoe misdadigheid weer opvlam. Die is soos ‘n guerillastryd, dit kan nie gewen word as die onderliggende oorsake nie aangespreek word nie. In die geval is die onderliggende oorsake zero dienslewering asook miskenning en onderdrukking van minderhede deur die regering.

Afrikaanse Knaap ·

Al wat hierdie regering doen is ramp beheer. Die een ramp na die volgende een.

Elm Morrison ·

The Western Cape has begged the police and the government to assist in the prevention of gang related crimes in many areas. People are killed here on an almost daily basis, and many of them are not gangsters, but innocents caught in the cross-fire. Cele has refused all help. The nat gov has also made sure that we are the worst understaffed police stations in South Africa. They achieved this by assigning our police officers elsewhere. ANC wants to kill off the WC, whites and the farmers. They are murderers!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.