Eksterne aandeelhouding in Reserwebank sal uitgefaseer word

Cyril Ramaphosa. Foto: PresidencyZA/Twitter

Die regering sal die ANC se besluit, om van eksterne aandeelhouding in die Suid-Afrikaanse Reserwebank ontslae te raak, implementeer, het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag aan LP’s gesê.

Hy het reageer op ʼn vraag van die DA-leier Mmusi Maimane in die nasionale vergadering.

Ramaphosa het gesê daar is niks buitengewoon aan dié besluit nie, aangesien Suid-Afrika een van slegs ses lande in die wêreld is wat nog eksterne aandeelhouding in sy sentrale bank toelaat. Hy het verwys na die Verenigde Koninkryk se besluit om dié praktyk in die 1940’s op te skort en internasionale aandeelhouers uit te koop as ʼn voorbeeld hoe van ver Suid-Afrika agter internasionale denkwyses is in dié verband.

“Ek wil nie hê julle moet Suid-Afrikaners mislei en dink dat die ANC met dié mal program wil voortgaan nie. Dit word wêreldwyd gedoen,” het hy gesê. “Dit sal ons soewereiniteit bekragtig.”

Hy het bygevoeg die regering sal bepaal wat die beste manier is om die besluit te implementeer. “Ons sal natuurlik die prosesse volg.”

Daar is tans 770 eksterne aandeelhouers in die Reserwebank. Die ANC het die besluit reeds in 2017 geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Bernard Hellberg ·

En wat van buitelandse aandeelhouers in TRAC wat tolpadmiljoene (N4) wegdra??

Michael ·

Klink Cyril. vanmiddag soos. Malema en B L F ” The land what was stolen from our people” wys jou net wie en wat is hy.

Elize ·

Vanaand voel ek lus om De la Ray de la Ray van my woonhuis se dak af te sing tot die aarde bewe. Wat gaan in hierdie land aan dat ons net agteroor sit om van alle kant af geboelie en verneder te word, maar ons bly gee en gee en voeg by tot n bodemlose put. Dit is tyd dat 2019 vir ons n De la Ray moet oplewer. Mense sit en kerm op die forum, maar dit verander beslis niks nie. Jaag net mekaar se bloeddruk op. Kom ons staan saam en boikot alle staats beheerde organisasies. Ons kan ook hierdie land lam lê.

Andrea van Vuren ·

Liewe Pieter Groenewald van VF+. Jy is ‘n gebore leier. Help ons asseblief. Cyril en sy ANC onderdane kan nie die reserwebank oorneem nie. Wat gaan van ons word? Help asseblief!

John ·

Trevor Noah was toevallig in die gehoor. Hy sal die boodskap verhumoriseer… En die uitgeworpenes sal vergoed word… dit sal nie soos grondgrype gehanteer word nie. Ha, ha. Weet CR hoeveel geld hierdie mense belè het of sal Sjinese en Arabiese geld in hul plek as S-Afrikaans gereken word?

Afrikaner ·

Vandag se datum sal in die geskiedenis opgeteken staan, nog ‘n baken, nog ‘n einde van ‘n era, dit is die dag waarop die ANC regering bevestig het dat die reserwebank sal genasionaliseer word.

Chris ·

Daar is dit nou finaal die plunderaars gaan nou die laaste bastion van ekonomiese onafhanklikheid omstoot om hulle lang vingers op die laaste paar miljarde te kry . Die afgrond en die einde is nou finaal

zoom zoom ·

En nou is die waarheid bevestig. Die EFF slaan die kitaar en die ANC spring op en af.

Pietman ·

Regering het nie die vermoë om goeie besluite te neem nie en hulle rekord bewys dit.

Afrikaner ·

Vir Cyril en die ANC regering is dit nie genoeg dat hulle die SAL, Eskom en die ander entiteite opgedinges het nie, nee nou moet hulle die Reserwebank nader sleep. Dit seker so vir ‘n Encore.

Henda Myburgh ·

Toe ou Cyriltjie as president gekies het en almal so aangegaan het het oe fantasties hy sal die land reg ruk ou Cyriltjie jaa hy is n beter president LOL!! het ek geweet n nuwe besem vee altyd skoon ……. hulle is almal dieselfde net die ik en skelm genes verskil bietjie hulle is ALMAL DIESELFDE!!

Henda Myburgh ·

Toe ou Cyriltjie as president gekies het en almal so aangegaan het het oe fantasties hy sal die land reg ruk ou Cyriltjie jaa hy is n beter president LOL!! het ek geweet n nuwe besem vee altyd skoon ……… hulle is almal dieselfde net die ik en skelm genes verskil bietjie hulle is ALMAL DIESELFDE!!

Johan ·

Wat is volgende? Ons geld in die bank? Buitelandse beleggings is veilig wat van buitelanders wat derduisende hektaar grond opkoop in Limpopo?

Chris Ws ·

En daar tuimel die Rand weer toe Ramaja sy bek oopmaak!April maand se brandstof prys verhoging gaan ons HARD slaan .Kyk mooi.Ons staan nou sover op ‘n verhoging van R1.39 per liter en daar is nog 25 dae oor in die maand.
Ek wens net ons mense wil hulle oe oopmaak en Sasol vulstasies boikot.Sasol kan BAIE goedkoper verkoop word as al die ander brandstowwe .Maar die regering skep te lekker en ONS help hom skep!

Henda Myburgh ·

Maar dis ons witmense se ondergang ons praat net altyd tot die pawpaw die fan slaan dan skrik hulle wakker dan is dit altyd te laat bietjie braai bietjie party more ja ….. ag die land anyway in sy moer so why worry ……kyk hoe gaan hulle aan as hulle ontevrede is oor iets breek en verwoes alles maar ons kyk liewer tv ….

Lord Oom Piet ·

Wêreldwyd word minderheidsregte respekteer en regstellende aksie nie teen die minderheid toegepas nie. Gaan SA hierdie voorbeeld ook navolg?

SjN ·

Die verskil is dat die verenigde state deur kundiges beheer en bestuur word.

Johanna Botha ·

Enige iets waaraan die mense vat …in n GROOOOT FLOPPP ! ! Alles is al vernietig onder die anc …noem net een sukses ….NET EEN ASB !

CallieL ·

Volgende is pensioenfondse. Hopenlik sal die wat ramaphosa ondersteun nou besef, die man is erger as zuma. Dis nou finaal skrif aan die muur vir SA

Elize ·

Callie, jy is toe reg. Die SAIRV is klaar besig met n veldtog om pensioene te probeer beskerm, daar die ANC klaar genoem het dat hul daarna kyk as n opsie om hul skuld te delg. God save the queen kan nou vervang word met God please save SAfrica

attie ·

ek is so lus om te sê …Dankie aan die onderhandelaars in 1994, julle het die RSA nie verkoop nie maar gratis weggegee… dit wat nou gaan gebeur is al 25 jaar terug voorspel.

André Basson ·

Wonder hoeveel aandeelhouers het konneksies met ANC want hulle gaan uitgekoop word?

fred v d flaes ·

Waarom bly iedereen soooooo stil oor BBBEEE? Maatskappye het departemente wat niks anders doen dan elke maand BEE statistieke en scorecards te publiseer…..persone kry punte gebasseer op hulle ras???? +-5 miljoen blankes teen +-45 miljoen nie blankes….vir wat is die ANC bang?Lyk vir my n resipie vir korrupsie..

Afrikaner ·

7 Maart 2019 sal in die geskiedenis opgeteken staan as die begin van die ‘n einde van nog ‘n era, dit is die dag waarop Cyril Ramaphosa in die parlement gesê het die Reserwebank sal genasionaliseer word. Hy noem dat daar wel net 6 ander lande in die wêreld is wie se reserwebanke nie genasionaliseer is nie, maar Cyril se woorde moet gesien word teen die agtergrond van die ANC se geskiedenis hoe hulle die land tot op hede wanbestuur het, tot op die randjie van ashoopstatus, staatskaping het ook die spaarvarkie help leeg tap. Van dorstigheid reik die tentakels oral uit na waar geld te bespeur is.

Daaruit kan mens sien hoe hulle die entiteite soos bv Eskom en die SAL in die grond in bestuur het. Veral ook hul sosialistiese ideologie het ‘n uiters negatiewe effek en die enorme geldlus na net nog meer, die vermoë wat hulle het om geld in ‘n bodemlose put te laat verdwyn en die land se al grotend wordende skuld is ontstellend, daar is net nie remme nie. Geen wonder die rooi ligte flikker onophoudelik nie, die sirenes het in effek lankal aangegaan.

Anoniem ·

Zuma sal onthou word vir korrupsie en staatskaping.

Ramaphosa sal onthou word vir iemand wat sy stories aanpas na behoefte van sy gehoor.

Hy hoop seker die beloftes van nationalisering van die Reserwebank gaan vir die ANC stemme werf.

Sass ·

Ek wonder met watse fondse gaan die bankrot-korrupte ANC aandeelhouers “uitkoop”. Of gaan hierdie nog n “expropriation” petalje word vir die lot? Absoluut geen visie….

Db ·

O vrek nou gaan die poppe begin dans en die drukkery oortyd werk om nog meer geld te druk!

Allan ·

Reserwe Bank plan: Raai wie gaan die aandele koop???? Ek gee net een Raai, en die Van begin met ‘n “R”!!!!!!!!

Dit gaan goeie aandele wees, veral met al die goud wat reeds in die buiteland is – Bank of Engeland.

Ben Potgieter ·

Wees bang,baie bang as die ANC leier verkondig alle prosesse gaan natuurlik gevolg word om die Reserwe Bank te nasionaliseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.