Ekstra 5% vir sommige leerders om te slaag

(Foto: Unsplash)

Die departement van basiese onderwys gee aan leerders in gr. 4 tot gr. 9 vanjaar die vergunning dat hul punte in tot drie vakke met 5% verhoog kan word indien dit sal beteken dat hulle die betrokke vakke slaag.

Die aanpassing van punte en spesiale vergunnings word ingespan om te voorkom dat groot getalle leerders moontlik hul jaar moet herhaal.

Verlede jaar se spesiale vergunning het bepaal dat slegs leerders in gr. 7 tot gr. 9 se punte verhoog kon word en dít met slegs 2%.

Vanjaar se vergunning word gegee in die lig van die vele onderbrekings en uitdagings wat die Covid-19-pandemie tot gevolg gehad het, sê Mathanzima Mweli, direkteur-generaal van die departement van basiese onderwys.

Wiskunde

Spesiale vergunnings word vanjaar spesifiek in wiskunde gegee vir leerders wat aan die ander vereistes voldoen om van een graad na die volgende bevorder te word, maar nié vlak 3 (40%) in wiskunde kon behaal nie.

“Dit beteken dat die wiskundepunt aangepas mag word en die leerder na die volgende graad bevorder mag word indien hy of sy aan al die ander slaagvereistes voldoen.”

Gr. 9-leerders wat met vergunning steeds minder as 30% behaal, het steeds die opsie om in gr. 10 voort te gaan met wiskunde óf wiskundige geletterdheid.

Daar moet egter duidelik op ’n leerder se rapport aangedui word indien punte aangepas is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

quartus ·

en van werkgewers word nou verwag om hierdie leerders indiens te neem?

JohanR ·

Soe as hulle net 25% eind telling kry, dan sal nog 5% bygevoeg word om te verseker hulle is 30 percenters. 25 percenters rol nie soe mooi van die tong af nie.

Oe la la ·

Dis belaglik! Dis hoe als in hierdie landjie van ons reg gemaak word. In plaas van die probleem aanspreek en reg maak en verseker dat dit nie weer gebeur nie, voeg ons net 5% by en siedaar jy slaag! Mooi so!

Sêmanet ·

Dit is glad nie reg nie. Kinders word dan oorgesit na ‘n volgende graad, sonder dat hy iets weet van die vorige grade? Gaan hulle punte geboost word ook as hulle na Matriek wil gaan studeer? Dis nie regverdig nie. Hulle doen die kinders ‘n onreg aan. Hulle moet mos verstaan wat dit is om te leer vir goeie punte. Nou hoef niemand meer te leer nie, skole druk nou maar die kinders deur…

Snowball ·

Die domino effek het ongelukkig die gevolg dat leerders ‘n agterstand het wat nie die volgende akademiese jaar opgevang word nie. Die agterstand vergroot net en in die senior fase kan hulle eenvoudig nie 30% behaal nie en punte word maar weer aangepas. Van Wiskunde nie eers gepraat nie!
‘The dumbing of the nation’ soos my onderwys pel altyd sê. Skandelike standaarde.

Nie Verbaas ·

Is die mense nou van hulle koppe af? Hulle is besig om idiote te kweek en wat verbasend is dat hulle dit nie besef nie. Nou stuur hulle die grapjasse in die BEE ekonomie in met goeie salarisse en dan wonder hulle hoekom werk nie doeltreffend verrig kan word en die instansie geen vordering toon nie. Geen hoop vir die land nie. ANC vernietig voor die boet.

Misky ·

Hoop werklik nie n dokter wat met 25% geslaag het moet my eendag opereer nie

Zilla ·

Met ander woorde net Gr 7 – 9 word geraak deur die ontwrigting van skool aktiwiteite tydens Covid? Sal graag die navorsingsverslag wil sien.

Adam Adriaan ·

Dit is wat die ANC wil hê dom en arm mense, want jy kan nie slim en ryk mense beheer nie..

Joe Olivier ·

Nie alle ryk mense is slim nie. Baie van hulle word ook beheer.

Elsabe ·

3/4 Miljoen moet uit, want daar is ‘n hele 1miljoen nuwetjies volgende jaar. En ons gaan nie nog skole bou nie. Mos. Of hoe?

SwartBees ·

En dan as hy skool klaar gemaak het dan word hy n leier van “ ń “ party in parlement en run die land verder die grond in terwyl hy net meer geld print en sy sakke vol prop.

Cornelius ·

Genade, hoekom sit hulle nie net almal deur nie. BEE vereis geen intellektuele vermoëns nie.

Die Wolf ·

Nou weet ek hoekom daar so baie geld verdwyn! Want ek kan nie tel nie.

Nico ·

Hierdie vergunning sal net op ‘n sekere groep leerders van toepassing wees wat geen baat gaan vind nie.

Jaco ·

Net voordat almal nou beskuldigings van bedrog en onbevoegdheid en lae standaarde rondgooi, onthou tog net: aanpassing van matriekuitslae kom al van die ou Suid-Afrika af. Junie eksamen se punte is na die onderwys departement gestuur en dis dan as basis vir jaareinde se uitslae gebruik. Behalwe as daar ‘n radikale verskil in uitslae was, is alles maar net so gehou. Antwoordstelle is ook nie altyd behoorlik nagesien nie, veral as dit op die oog af gelyk het asof dit met Junie se uitslae ooreenstem. Ek is in 1985 deur dit alles.
Oor Broederbonders se kinders wat amper altyd top uitslae gekry het, sal ek maar stilbly.
Bottom line is, die wortel van vandag se onbevoegdheid en “kook” van punte en voortrekkery van sommiges lê in die ou SA. Alles toe was toe nie so wonderlik nie.

Jdb ·

Gaan die 80% en 90% kandidate se punte ook met 3% verhoog word?

Eend Bessinger ·

Dis nie ‘n skande om twee jaar in een graad te wees nie. Soms maak dit jou meer volwasse. Maar dit maak jou definitief nie ‘n mislukking nie. Onthou net dat 2020 ‘n anderse jaar was aangesien ons al meer as 240 dae (8 maande) van grendeltyd gehad het. Die slimmes en die wat tuisonderrig geslaagd kan doen (sommige kinders is nie uitgeknip daarvoor nie), kan dit hierdie jaar maklik maak, maar vir die res sal dit beter wees om twee jaar aan een graad te werk.

Gemaskerde Sopbeen ·

As dit so aangaan kan alle skole binnekort sluit.

Blomme ·

Hoerah vir GUTTER EDUCATION!! Wat ń Grap!! Dis waarvandaan ons ‘Professore en Doktors’ kom wat nie eens behoorlike onderhoude in hul veldgebiede kan voer nie!! Maar ons dra die titels!

SomeOne ·

as dit so aanhou sal daar eendag glad nie meer “SKOOL” wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.