Ekstra vakansiedag wink in 2020

Foto:Pixabay

Suid-Afrikaners kan vanjaar uitsien na vyf langnaweke en ʼn bykomende vakansiedag in Augustus. Suid-Afrika het 12 openbare vakansiedae, soos bepaal deur die Wet op Openbare Vakansies van 1994. Dié wet bepaal egter dat indien ʼn openbare vakansiedag op ʼn Sondag val, die Maandag daarna ook ʼn vakansiedag is, soos vanjaar die geval met Vrouedag (9 Augustus) wat op ʼn Sondag val. Maandag 10 Augustus is dus vanjaar ook ʼn vakansiedag. Met die eerste vakansiedag op 1 Januarie reeds agter die rug, kan Suid-Afrikaners uitsien na nóg 12 dae se ruspose.

Verlede jaar het Suid-Afrikaners egter 14 dae vakansie gehad, aangesien Jeugdag op ʼn Sondag geval het en die regering ook verlede jaar nasionale stemdag op 8 Mei as ʼn openbare vakansiedag aangekondig het.

Paasnaweek val nie elke jaar op dieselfde datums nie en volgens datums verskaf deur die Suid-Afrikaanse regering strek dit vanjaar van 10 tot 13 April. Suid-Afrikaners kan ook gereedmaak vir ʼn langnaweek op Maandag 27 April (Vryheidsdag), Vrydag 1 Mei (Werkersdag), Maandag 10 Augustus (Nasionale Vrouedag) en Vrydag 25 Desember (Kersdag).

Suid-Afrikaners moet ook nie vergeet van Moedersdag op Sondag 10 Mei en Vadersdag op Sondag 21 Junie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.