Ekurhuleni: ‘Enigste metro sonder universiteit’

Mzwandile Masina. Foto: Werner Beukes/SAPA

Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni aan die Oos-Rand, het ʼn beroep op sakelui gedoen om die bou van ʼn universiteit in Ekurhuleni te ondersteun.

Masina het Donderdag die vervaardigings-indaba by Emperors Palace in Kempton Park toegespreek.

“Die stad Ekurhuleni is die enigste metro ter wêreld wat nie oor ʼn universiteit beskik nie. Gegewe die nywerheidsaard van die Ekurhuleni-ekonomie is dit nie volhoubaar nie. Ons het ingenieurs en spesialiste in die veld van logistiek en vervaardiging nodig. ʼn Universiteit is nie meer iets waaroor ons moet praat nie – ons moet die reis begin en só ʼn instelling oprig,” het hy gesê.

Masina het die behoefte aan vaardigheidsontwikkeling om die vervaardigingsbedryf mee te dryf, beklemtoon.

“Ons as die Ekurhuleni-streek sal voorleggings doen by die ANC se nasionale beleidskonferensie oor die universiteit. Dit verg uiteraard deelname van die nasionale departement van hoër onderwys asook ander aandeelhouers landswyd,” het Masina gesê.

Hy het bygevoeg dat hy die Mail & Guardian-dinee ter ere van 200 uitmuntende jong Suid-Afrikaners gaan bywoon. Vier van dié 200 is van Ekurhuleni afkomstig.

“Ons het ʼn omgewing nodig om vir hierdie talent te sorg en dit te laat groei, en ʼn universiteit is ʼn integrale deel daarvan,” het Masina gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johannes van Staden ·

Dalk besef toe al dat meeste mense daar nie belangstel in skool en net eerder wil ontvang van die staat en dis die rede hoekom die meteo so anc is … dalk sien hulle nou dat die anc nie so gesorg het soos hulle belowe het nie en nou tog maar iets wil leer

Jan ·

En ek dog al die pad julle het grond nodig, ten minste kan julle nie DIT afbrand nie.

Nee wat Adoons ·

Nee wat Adoons, dit sal nie werk nie. Die mense wil nie leer nie, niks word meer in SA vervaardig nie en dis net nog iets wat gebrand en verniel gaan word.

Domvraag ·

Waar is die stad Ekurhuleni?
Het die metro Ukurhuleni dan nie universiteite nie?
Waar is UJ, (wits, rau,??)????
Ek verstaan nie??

snoefie ·

benonibed°ΠΠ€®d wesi! dis klinkklare bewys dat dit nie n metro moet wees nie.

Frik ·

4 uit 200. Klink nie of te veel belangstel in swot nie. Akademia kan ‘n container daar iewers gaan neersit, sodat die paar wat wel belangstel, kan swot.

Johann ·

Maar hulle moet eers die grond verniet kry, ten minste kan hulle dit nie afbrand nie, hulle sal eers moet wat totdat die universiteit gebou is.

Lee ·

Ag asb. Hulle kan nie eers die basiese goed uitsorteer in Kempton Park nie wat nog te sê van ‘n Universiteit bou. Daar is colleges, daar is defnitief nie ‘n Universiteit nodig nie. Wonder waar hy hom wil laat bou?? Ekurhuleni is groot maar hy is besig om goed uitmekaar uit te val omdat daar niks gedoen word nie. Geldmors want sodra sekere student moerig raak oor die kleinste issue brand hulle hom af. Gebruik ons belasting geld eerder vir waar dit nodiger is soos behuising en paaie en als.

Pieter ·

Daar is heelwat ingenieurs en ander spesialiste beskikbaar in die mark maar ons het opgehou om werk te soek, te wit, te oud, te ervare, te duur of oorgekwalifiseer maar ons is welkom om vir hulle mense ‘n experience transfer te doen. Hoe ek dit moet doen was bietjie duister, seker maar die een punt van die USB kabel in sy oor sit en die ander punt in my wie weet waar en dan jy weet wat.

marous ·

UNISA sal hulle goed kan help … o nee dit gaan ook nie werk nie ,want dan word die posbusse gebraaand!

Michael ·

Om te studeer het jy ………nodig en daar is nou waar die probleem inkom??

SARIE VAN HEERDEN ·

Wat wil hul met ‘n Universiteit doen? Hul sit by hul derduisende by Wits, Tukkies en ander Universiteite en wanneer die kalender wys dis einde van eerste semester is helfte van hul swanger of eenvoudig opgeskop. Buitendien kan jy ‘n president van hierdie land word sonder enige formele onderrig. Maw hang rond, pas beeste op, kry kleintjies, en jy is reg vir die hoogste amp. Vergeet van ‘n universiteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.