Ekurhuleni kry eersdaags nuwe straatname

Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni. Skermskoot: eNCA

Die Ekurhuleni-metroraad het opnuut sy voornemens bekendgemaak om 42 straatname en agt bakens in die metro se name te verander na vername politieke ikone en belangrike individuele uit die streek. Tydens ʼn raadsvergadering die week, het die raad gesê dit sal deel vorm van hul Erfenismaand‑vieringe.

Gilloolys, die kontinent se grootste wisselaar wat die N3‑, N12‑ en R24‑deurpaaie bymekaar bring, sal voortaan bekendstaan as die George Bizos‑wisselaar, vernoem na die anti-apartheid‑ en menseregte‑aktivis. Olifantsfonteinweg, ʼn hoofverkeersweg wat 10,5 km strek vanaf die R21 tot by die N1, sal Winnie Madikizela Mandela‑weg heet.

“Die kinders in ons stad moet grootword in ʼn omgewing wat name dra wat bekend is vir hulle, wat in hulle huistale is en van die mense is waarmee hulle elke dag mee omgaan. Hierdie is net die begin van ʼn proses en daar sal nog baie ander fases in die program ontvou om die nalatenskap van apartheid reg te stel. Dit sal ook verdere sosiale samehorigheid bevorder om ʼn demokratiese samelewing te skep,” het Mzwandile Masina, die burgemeester, gesê.

Die stad besit 35 van die 42 paaie wat hernoem sal word.

Die Van Buuren-afrit, wat in Bedfordview is, sal voortaan bekend staan as Thabo Mbeki-afrit, terwyl ander bekende strate soos Snake‑straat in Benoni, Edenvale‑, Ego‑ en Kliprivierstraat in die suide ook herbenoem sal word. Hulle sal onderskeidelik Mary Moodley‑, Lungile Mtshali‑, Margaret Gazo‑ en Sam Ntuli‑straat heet.

Inwoners van die metro het groot kommer oor die naamsveranderinge op die Ekurhuleni-metroraad se Facebook‑blad uitgespreek. “Julle is nutteloos. In plaas van nuwe paaie te bou en infrastruktuur te onderhou, spandeer julle geld op onnodige goed soos straatname verander. Hoe gaan die herbenoeming dienslewering verbeter?” wou ʼn ontstoke Hlompho Sesh-Figo weet.

Vincent Tsholo Mofokeng, ʼn inwoner, het ook sy ongelukkigheid oor die besluit uitgespreek. “Die metroraad moet eerder daarop fokus om al die informele nedersettings se strate te teer. Sekere strate in Daveyton is na 20 jaar steeds stofpaaie, na huise daar gebou is. Germiston lyk soos ʼn stortingsterrein. Julle prioriteite is heeltemal verkeerd.”

Verdere kommentaar op die blad het uitgewys dat dit ʼn vermorsing van belastingbetalers se geld was en dat die geld eerder op ander projekte toegespits moes wees, soos die bou van nuwe skole of die instandhouding van openbare hospitale in die streek wat heeltemal agteruitgegaan het.

Jill Humphreys, die Demokratiese Alliansie se wyksraadslid  vir Bedfordview, het gesê dat alhoewel die ander politieke partye in die streek die besluite teengestaan het tydens die raadsvergadering, het die regerende party, die ANC, die meerderheid ja-stemme ontvang vir die verandering om voort te gaan.

“Die begroting vir die naamsverandering is nog nie bekend gemaak nie en alle petisies en voorleggings is deur die metro geïgnoreer,” het sy gesê.

ʼn Groot gedeelte van die metro, wat Germiston, Bedfordview en Edenvale insluit, is Woensdag ook weer sonder water gelaat na die streek se reservoirs opgedroog het. “Rand Water se pompe het opgepak as gevolg van kragonderbrekings,” het Humphreys bygevoeg.

Die Germiston‑regeringsgebied sal ook herbenoem word na die OR Tambo‑regeringsgebied, terwyl die Springs Teater na akteur Ken Gampu vernoem sal word. Die nuwe Germiston Teater sal voortaan as die Dumisani Masilela Teater bekend staan. Masilela, Rythm City‑akteur en sanger is twee jaar gelede in ʼn beweerde kaping deur ʼn bende van vyf mans in Tembisa doodgeskiet. “Hy sal altyd ʼn rolmodel vir die jong mense van Ekurhuleni wees,” het die metroraad in ʼn verklaring gesê.

“Ons moet ʼn stad bou waar die bakens, hoofweë, strate en wisselaars almal wat hier bly verteenwoordig. Die kollektiewe identiteit en morele beeld van die stad moet saamgevat word uit die geskiedenis van almal wat hier woon,” het Masina gesê.

Die metro sou nou in verder gesprekke met die provinsiale en nasionale regering tree om die prosesse te implementeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Nadia ·

“Ons moet bakens, strate ens. bou wat almal wat hier woon verteenwoordig” Nie een van daai name verteenwoordig my nie.

Koos de Meyer. ·

Al wat hulle kan doen is om geld te mors. Belaglik.

Agter die skerms ·

Stem saam Koos – net geldmors…….Daar is mense wat kos nodig het – oumense wat hulp nodig het – waarvoor geld mors op goed wat nie regtig nodig is nie.

Vraagteken ·

En dit is hoekom die ANC besig is om steun binne die Ekurhuleni metro te verloor. Julle is meer bekommerd oor sulke goed in plaas van goed wat saak maak.

Dolf ·

Die plekke val in elkgeval uitmekaar. So, die nuwe name is gepas.

Regs! ·

Stem saam! Gee al die plekke wat ten gronde gaan name wat pas daarby!

Liesie ·

Hul eoe memse sukkel en het nie die nodige dinge wat aan hle ‘belowe’ is nie maar hle kan geld mors op onnodige veranderinge……..????

Bossie ·

Hongersnood klop aan Suid-Afrika se deur. Zimbabwe die tweede. Sekere aardbewoners sit egter nog steeds en dink sulke twak uit soos om naamborde te verander. Wat de hel maak dit saak wat op ‘n bord staan? Is daar nie baie beter goed wat jul met my geld kan doen nie. Liewe hel man, ek kan seker besluit waarvoor jul my belastinggeld moet aanwend. Ek sê, ek DRING AAN, dat julle die bietjie boere (wit, swart, pienk, groen, enige kleur) wat nog leef begin beskerm en help sodat hul hul grond kan bewerk en vir die nasie kos voorsien. Dis nie net wit mense wat sal doodgaan as daar nie kos is nie. Daardie kindertjies waarvan julle praat het kos nodig anders beteken daardie naambord absoluut niks. Kos kom ook nie van Shoprite af nie! Mens koop dit net daar nadat die boer sy as af gewerk het om dit daar te kry. En dan… herstel die verdomde slaggate op die paaie wat talle mense se lewens kos en los die naamborde uit! Ons land is klaar in sy kanon in en julle sukkel met naamborde verander. Nee wragtag…

Koos B ·

Ek bly in Pretoria en toe het hulle die straatname verander (teen die wet) sover ek weet en dit is nou nog so.Dit help nie eers ek luister na verkeers verslae nie dit maak my net deurmekaar.Vergeet maar van al die geld wat verlore gegaan het vir besigheids eienaars (nuwe stationary ens.)

Ella ·

Ek het ook by n stadsraad gewerk en baie mense het gesê hulle wil nie strate na hulle vernoem hê. Die rede:
Rommelstrooing, gebrek aan onderhoud van strate en bakens, urinering oral waar mense wil en juis omdat dit nie die HELE stad of dorp verteenwoordig.
Hulle mos geld op twak daar is groter prioriteite.
Mense sê nog steeds Warmbad en nie Bela Bela. Nie net “ons” nie, talle mense doen dit.

What's in a name? ·

Ai, die minderwaardigheidskomplekse darem.
Jou ANC het nie een van hierdie strate/paaie gebou nie, maar julle hervernoem hulle omdat die leemtes wat julle onbevoegdheid om dienste te lewer en onvermoë om iets van nuut af te bou soos swere uitstaan.
Hervernoem na hartelus, julle gaan tot in lengte van dae NIE DIE MAS OPKOM NIE. Oor 20 jaar sal die slaggate en verval van infrastruktuur pas by hierdie name.

Carien ·

Ek stem volkome saam met jou. En as ek so in die berig lees, was dit nie net ons blankes wat teen dit is nie. Maar as die regering EENDAG agterkom dat hulle ‘n fout gemaak het, is hulle tee koud soos ouma altyd gesê het.

Magda ·

Verander soos julle wil – name sal vir my bly soos waarmee ek groot geword het – is nou naby 60.

susan ·

Ja nee daar gaan ons belasting geld vir nonsense, nou weer nuwe name leer ken – wat is fout met die plein Afrikaner name GELDMORS OP NONSENS

Dawid ·

Regtig? Geen dienslewering nie maar kom ons verander straat name teen n enorme koste vir die belasting betaler. Julle koppe raas geweldig

Arie ·

Dis al wat hulle kan doen – name verander en afbreek maar om iets te bou of reg te maak is buite die kwessie

John ·

Ek maaak heftig beswaar. Meer name bo uit Afrika moet gebruik word. Wat van Gracious Mogabe en oorle sy majesteit se twee lieflike seuns en wat van geagte mev Mandela die Derde na al haar bydraes in SA en haar tuisland. En Koning Mosjoesjoe en sy 12 vroue en die Kubaanse dokters wat al soveel geld in SA verdien het dat hul tuisland se begroting deesdae kan klop. Ek voel beswaard… broeders… erg… En dit is net my inleidingsparagraaf…

Erika ·

Dit is seker deel van werkskepping!!!
Die ergste van als is dat alle nasies in SA weet van Hans Strydom laan…hulle confuse net almal indie land en mors geld. Daar is soveel haweloses en hongersnood pleks hulle gebruik die geld vir dit! Maar nee, elkeen wil mos ‘n chip op die skouer hê om te sê ek het dit verander!! Die land moet maar met die name gaan want dit weerspieel in hoe gemors dit is…

remondo ·

hoe moeilik is dit om iets te bou …. neem oor en gee dit n nuwe naam dan het ek mos iets gedoen …….. GELD MORS

DT ·

Die ANC en sy nuttelose onbevoegde korrupte kaders is seker die grootste onreg en straf wat die mooi land van ons nog ooit opgele kon word. Geld het geen waarde vir hul, niks in 25 jaar is nog deur hul geskep, bestaande strukture word verwoes, werkende sisteme word gerysmier en lojaliteite en goeie gesindhede word absoluut vertrap.Die storie van die mier en die sprinkaan blom

KrokodilBotha ·

Ek het geen idee waar dit is nie. Solomon watsedinges ken ek ook nie. Is dit in die Transvaal???

jaco ·

In 1961 is die SAUK se FM-seintoring in Johannesburg voltooi en dadelik vernoem na daardie tyd se Nasionale Party minister van pos en telekommunikasie, dr Albert Hertzog. In 1969 het dr Hertzog stry gekry met die Nasionale Party, weggebreek en die verkrampte Herstigte Nasionale Party gestig.
En onmiddellik is die Hertzogtoring se naam na Brixtontoring verander.
So, naamsveranderings om by die politiek van die dag te pas is toe nie net ‘n ANC gewoonte nie. “Hulle” het dit maar net by “ons” geleer.
Net so kom “hulle” kaderontplooiing ook maar van “ons” af. Dis maar dieselfde as lekker jobs gee vir mense NET omdat hulle Broederbonders en getroue Nasionale Party ondersteuners was.

lanie ·

Daar is geld vir nonsens. Help eerder die minderbevoorregtes

@Nette ·

Dink seker dit verwys na die klomp wat die Parlement gehaal het.

Windpomp ·

Wanneer al die straatname en bakens verander is, gaan almal tevrede wees.Daar sal nie meer diensleweringbetogings, armoede, werkloosheid en misdaad wees nie. Ook nie meer Zenofobie nie. Bluf die kiesers en jy bly aan bewind!

Angelique Linford ·

Hoekom mors hulle die geld so en hoeveel kos dit ons die belasting betaalers nou weer, plaas vat hulle daai geld en sit dit in Eskom ens

Gert ·

So die straatname moet in die kinders se tale wees. Volgens my is daar 11 tale, daar is kinders vir elke taal, so geen straatnaam kan in al die kinders se taal wees nie. O ek het vergeet, minderhede het nie regte nie.

ZET ·

Nie lank dan moet hul kinders daai naamborde eet want daar sal geen kos wees.

Klein Piet ·

dink dis beter dat hulle die name verander, as jy nou daar gaan ry sal jy ook nie jou naam met die paaie of areas gekoppel wil he nie, ek weet ek sal nie my naam daarop wil sit nie.

KrokodilBotha ·

Ek dink die burgemeester voel nou trots oor sy brainwave, en dat hy nou sy salaris verdien het. Hulle kan verander soos hulle wil. As ek op vakansie gaan , gaan ek Oos Transvaal toe. Mapoepalangaha se dinges ook. Kaapstad se naam is al lankal Slaapstad. En niemand het gekla nie, maar almal weet tenminste waar dit is.

Frans C ·

Nog ‘n window dressing poging deur die Ekurhuleni Metroraad.Bo blink onder stink.

jaco ·

die absurdse straatnaamverandering in SA is waarskynlik Modderdamweg in Bellville wat verander het na Robert Sobukweweg.
1. Die woord modderdam het NIKS met apartheid te doen nie
2. Robert Sobukwe was die stigter van die PAC, wat gekom het met die slagspreuk “one settler one bullet”. Ironies dat die burgermeester van Kaapstad ten tyde van dié naamsverandering Helen Zille was. Albei haar oupas is in Duitsland gebore. Sy is dus veel meer van ‘n “settler” as dié wit mense wie se wortels ‘n paar 100 jaar in SA lê.

Gert ·

Die jeug ken NIE daai name nie. Mors geld. Steek hul onvermoe om te heers goed weg

barend ·

Jaco ek is n stoere H.N.P Ondersteuner bly eerder stil ek soek jou tel nr

Akademi Buktu ·

Hulle vergeet ‘n paar belangrike ikone: Korrupsiestraat, Toi-Toistraat, Vernielstraat, Slegtigheidstraat, ens,

Julie Jansen van Rensburg ·

Ag – asse-BLIEF – hoe absoluut belaglik!!! Hierdie burgemeester van ons (ek bly in Kempton Park) moet liewer sy eendjies in ‘n ry kry en ons dorp/stad beter bestuur – ons het kwessies soos munisipale dienste wat veel te wense oorlaat – vullisverwydering wat soms eers na 2-3 weke plaasvind omdat die voertuie stukkend is, arrie-nee, Masinga, kry jou prioriteite agtermekaar en besef dat ONS, die belastingbetalers, reeds met ander kwessies belas word…

Attie. ·

Al wat die regering kan doen is name verander. Foeitog, hulle kan nie damme of spoorlyne of selfs kragstasies bou nie, Hulle kan ook niks instandhou nie en al wat ons kan doen is om ons eie sonpanele op te sit en as teenvoeter vir die slaggate kan ons darem karre koop met groter bande. Lekker ou Derdewêreld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.