Ekurhuleni-metro mors openlik belastingbetalers se geld

Argieffoto (Foto: PublicDomainPictures/Pixabay)

Die Ekurhuleni-metroraad het weer sy onvermoë om die gebied suksesvol te bestuur onderstreep met die besluit om 42 straatname en agt bekende bakens se name na ANC-politieke ikone en anti-apartheidsaktiviste te verander. Dit is ʼn onnodige vermorsing van belastinggeld, sê Jennifer Glover, VF Plus-raadslid in die Ekurhuleni-metroraad.

“Hierdie doelbewuste vermorsing kom in ʼn tydperk waar die metro reeds sukkel om infrastruktuur in stand te hou. Dienslewering gaan agteruit en informele nedersettings het na twintig jaar steeds grondpaaie.”

Maroela Media het vroeër berig name wat in die slag gaan bly, is die bekende Gilloolys-wisselaar wat die N3, N12 en R24-deurpaaie bymekaar laat aansluit. Die wisselaar sal voortaan bekendstaan as die George Bizos-wisselaar.

Olifantfonteinsweg sal Winnie Madikizela Mandela-weg heet en die Van Buren-afrit in Bedfordview die Thabo Mbeki-afrit. Die bekende Barbaraweg sal vernoem word na Lazarus Mawela, ʼn aktivis en stigter van die Black People’s Convention.

Die Germiston-regeringsgebied sal bekend staan as die OR Tambo-regeringsgebied en die Springs-teater sal na die akteur Ken Gampu vernoem word.

“Die VF Plus dring daarop aan dat Ekurhuleni-metroraad na inwoners luister wat reeds versoekskrifte en voorleggings teen die naamsverandering aan die raad voorgelê het. Hulle stemme moet gehoor word. Die VF Plus het gedurende ‘n raadsvergadering op 18 September teen die besluit gestem,” het Glover bygevoeg.

Die begrotingsbedrag vir die naamsverandering is nie gedurende die vergadering bekend gemaak nie en verdere gesprekke sal op provinsiale en nasionale regeringsvlak moet plaasvind om die besluit deur te voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

sweis ·

Dr Groenewald sal moet begin onderhandel oor n onafhanklike gebied of tuisland waar ons onsself kan regeer dit het tyd geword om aan hom n versoekskrif te oorhandig waarop ons aandring dat hy onderhandelinge begin die wêreld moondhede sal hom ondersteun.

Werner ·

Grind, Afrikaners sal daar werk, in n onwikkelde land werk niemand vir genadebrood nie. Jy sal ongelukkig jou eie bed moet opmaak

Johanna Botha ·

Presies wat mens verwag waar die anc in beheer is …vermorsing ! Anc kan ons nie vorentoe neem nie wat hulle hou aan terugkyk !

JV ·

Sweis, solank die onafhanklike gebied ‘n seeroete beskikbaar het, nie soos Orania wat ver van nerens is en ons nog steeds afhanklik is van SA paaie en gebied.

Gert van Wierdapark ·

Dit sal meer Impak he as hul sommer die paar miljoen Rand wat dit gaan kos, se note uit n ligte vliegtuig oor die gebied sal strooi. So sal n klompie darem voordeel uit die Aksie trek!!!

Oom Walker ·

Ons leef mos nou al 25 jaar lank in ’n land waar die onsinnige verandering van plek -en straatname veel belangriker geag word as bv die basiese voorsiening van skoon drinkwater.

Gert van Wierdapark ·

Die naam van die vermorsers behoort ook verander te word! Wat van Ek-kul-jouweni, wat direk vertaal, beteken, ons is morsjorse en Hans-worse as dit by geld kom!!!

JohanR ·

Kan ‘n stads beplanner miskien vir ons se hoeveel dit kos om net een straat naam te verander? Is niE net daai straat se bordjies wat verander moet word nie, maar enige ander bordjies op enige ander pad, wat na dae straat toe wys. Dit sal seker weer ‘n lekker groot tender wees vir iemand en familie? Die NPA is nou soe useless dat hule nie eers meer tender bedrog kan ondersoek nie. Stadig maar seker val ons uit mekaar onder die ANC! Die riool loop, die water is afgesny vir ‘n dag of twee, en die elektrisitet sal seker een van die dae weer af gaan vir twee ure, drie maal ‘n dag. Maar straat name sal hulle verander!

Matt ·

Om een straat naam te verander kos die belastingbetaler tans 10miljoen.

Anton ·

Die ANC wil nie wys hulle “govern” nie, hulle wil wys hulle “rule”. Niemand anders geld nie, net hulle. Totaal arrogant

Cherokee ·

Daar was tydens die vorige bedeling besluit dat mense wat steeds op hierdie aarde is, nie vernoem sal word nie. Nou kry Thabo Mbeki ook sommer ‘n pad.

Jan Grobler ·

Straatname verander is aan die orde van die dag terwyl sommige inwoners weereens vir bykans 48 sonder elektrisiteit sit, ‘n paar weke gelede was dit af vir 6 dae! Ekurhuleni is hopeloos! Die verval is duidelik sigbaar, onvoltooide brandweerstasie waar R32 miljoen verkwis is, reservoir wat 25 miljoen water kan hou wat ook vir maande lank onvoltooid en leeg staan terwyl inwoners in die gebied daagliks met lae druk of geen water sukkel. Dit gaan al vir maande só aan. ‘n Pragtige “squatter” kamp in die middel van ‘ n eens gesogte woonbuurt. Maar wat, die DA het stemme gewerf en stemme gekry maar het nie tande om te “byt” nie. Wag, moet gou die kragopwekker gaan aansit en die eerste van ongeveer R300 se petrol ingooi om deur die dag te kom…

Domvr ·

Ons het die etol geboikot. Kan ons ook nie so boodskap aan Ekurhuleni stuur nie? Laat ons met ons geld betoog. Kom VF+ laat ons so aksie begin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.