Ekurhuleni: Paaie eis meer lewens in Desember as voorheen

Argieffoto

Altesaam 44 mense het op Ekurhuleni-paaie gesterf tussen 1 Desember en 2 Januarie.

Die Stad Ekurhuleni het dié statistieke die afgelope naweek bekend gemaak.

Onder dié slagoffers tel 21 voetgangers, 13 passasiers, sewe bestuurders, twee motorfietsryers en een fietsryer.

Onder die voetgangers wat dood is, tel twee sewejarige seuns en een agtjarige meisie. Nege van die 21 voetgangers het hul lewe op snelweë verloor. Drie van die slagoffers is raakgery op die N3, drie op die N12 en drie op die R21.

Van die 13 passasiers wat in Desember op paaie in die Stad gesterf het, is ses mense op die M2-Oos by die Geldenhuys-wisselaar dood in ʼn ongeluk met ʼn minibus-taxi.

Een bestuurder is dood in Daveyton, een in Tsakane, een in Kwathema en een in Putfontein op die N12 ooswaarts.

Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisiediens, sê die meeste noodlottige ongelukke kan toegeskryf word aan dronkbestuur, hoë spoed, roekelose en nalatige bestuur en voetgangers wat nié oorgange volgens wet oorsteek nie.

Altesaam 207 bestuurders is in dieselfde tydperk in hegtenis geneem vir dronkbestuur en 18 bestuurders vir hoë spoed.

In dieselfde tydperk in 2016 het padverwante ongelukke 36 lewens geëis, en in 2015 was die sterftesyfer 35.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jammer ·

Voetgangers hoort nie op die hoofwee nie maar daar is geen wetstoepassing nie. Hulle loop heen en weer oor hoofpaaie, reg voor metropolisie, hulle staan en gooi duim op hoofpaaie, ongelukkig solank as wat mense toegelaat word om te doen wat hulle wil gaan daar ongevalle wees. KOM die wet na, en daar sal onmiddellik minder sterftes wees. Ons land is wetteloos, diere loop oral oor die paaie, volwassenes, kinders, stalletjies langs hoofwee, jammer maar as jy nie gestraf word nie, gaan niks verbeter nie.

Johann Marx ·

Paaie eis nie lewens nie…..dronk bestuur, hoë spoed, onpadwaardige voertuie, onverskillige bestuurders, vervalste lisensies, en voetgangers wat in die middel van die nag voor verkeer inhardloop….eis lewens. Begin daar……

Schalk van der Merwe ·

Netso, ook by die korrupte amptenare wat lisensies uitreik aan mense wat ander mense ken wat bestuur, nie omdat hulle self vaardig is nie.

Hanna ·

Ek dink nie voetgangers wat op hoofwee doodgery word moet deel v die statistiek uitmaak nie. Hulle hoort in die eerste plek nie daar nie! Ek voel jammer vir motoriste wat hierdie mense raakry. Het self al n paar noue ontkomings naby Kaapstad lughawe gehad…

Hans ·

Stem saam met als hier bo. Daar sal minder onatuurlike sterftes wees sodra ons net die algemene wet toepas en naakom. Wette loosheid is die verval van afrika in sy geheel, die dat daar so baie onatuurlike sterftes is. Daar wil net nog meer en meer wette gemaak word maar die wat reeds daar is word nie eens nagekom of toegepas nie en ook nie gestraf nie, so wat help dit?

Jakkie Burger ·

Ek ry elke dag deur Kempton Park +- 75 km werk toe van Boksburg na Midrand en terug, ‘n gedeelte deur Tembisa en dit is ongelooflik wat op die paaie aan gaan nie net die taxis nie maar motor karre ook. Daar is min of geen verkeers beamptes sigbaar nie maar kom dan die vakansies dan verwag almal wonderwerke op ons paaie – as iemand nie ordentlik in sy of haar omgeving ry nie hoekom sal hulle op die oop paaie dan so maak. Ek dink die verkeers hoofde moet in privaat klere en motors ons paaie ry en kyk werklik wat aangaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.