Ekurhuleni waarsku inwoners teen listeriose

dokter

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Die Stad Ekurhuleni het Dinsdag inwoners gemaan om voorsorgmaatreëls te tref wanneer kos voorberei word tydens die feesgety, ná die uitbreking van listeriose.

Minstens 37 persone het reeds weens die siekte in Suid-Afrika gesterf. Daar is reeds meer as 550 gevalle aangemeld sedert die uitbreking verlede week aangekondig is. Die departement van gesondheid het aangedui die gevalle is in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap aangemeld.

Ekurhuleni maan sy inwoners om die volgende voorsorgmaatreëls te tref om die siekte te voorkom:
– Moenie ongepasteuriseerde melk drink of kos eet wat ongepasteuriseerde melk bevat nie;
– Was hande, messe, toonbanke en broodborde nadat rou kos hanteer en voorberei is;
– Spoel rou groente af voor jy dit eet;
– Hou rou vleis, pluimvee en seekos afsonderlik van groente, vrugte en gekookte kos;
– Maak seker kos van dierebronne soos vleis, pluimvee of seekos word deeglik voorberei; en
– Verhit weense worsies en kouevleis voor dit geëet word.

Simptome van listeriose sluit koors, spierpyn en soms ook naarheid en diarree in. Indien die infeksie na die senuweestelsel versprei, kan simptome soos hoofpyn, nekpyn, verwarring, verlies aan balans en stuipe voorkom.

Lees alle vorige berigte oor listeriose op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

Help nie hulle waarsku ons hulle moet eerder al die straat verkopers verbied. Ry deur die dorp en plekke soos Isando, Spartan, Jetpark en ander omgewings dan sien jy hoe staan die kos waentjies en stalletjies wat voedsel voorberei en verkoop. Dit lyk soos ashope geen ordentlikke geriewe maar mense staan strepe om kos te koop. Hoe was daai die wat met die kos werk hul hande. Waar gebruik hul toilets. Skande Ekurhuleni skande se ek dan wil julle 2000 cleaners aanstel om dorp skoon te maak. Mors net ons wat rates en taxes betaal se geld. Kry jul Metro polisie om hul werk te doen want ek wonder hoeveel het permitte om so handel te dryf

Theresa ·

Presies net so. Dis hoog tyd dat die Metro al die informele kossmouse op straat verwyder. Ook sommer al die houtpaneel makers, want hul bly agter die goed en omskep netjiese omgewings se sypaaie in rotneste en mors in spruite, ens. ‘n Uitdaging aan die Metro om hul natuurbewaringafdeling in te span om ons spruite plakloos te kry en al die sypadjies weer ‘n plek te maak waar mens kan stap en voorstedelik trots te wees.

Annie ·

Ek is stom oor die dubbel standaarde! Ek bedryf ‘n wettige besigheid, vanaf ‘n wettige perseel waarvoor elke maand huur betaal, getrou belasting betaal en dan sal daar tydig en ontydig “inspeksies” uitgevoer word om toe te sien dat ek aan sekere standaarde wat veiligheid en higiene, voldoen

Maar net laer af in die straat word “chicken ala pavement” verkoop, sonder enige lopende water of verkoelingsgeriewe………. sonder dat daar ooit ‘n oog oor geknip word en toe ek vra wanneer gaan hulle bietjie kyk wat daar aangaan, toe kry ek ‘n “mind your own business” RERIG??!!

susan ·

Ek het nuus vir julle, dit kom nie net van die straatverkopers se handelsware nie. Hier by ons in Moreletapark is daar al ‘n paar mense wat dit gekry het en op baie sterk antibiotika geplaas was. My buurman het dit onderlede en ek kan met eerlikheid sê hulle huis en kombuis kan jy van die vloere af eet. Hulle koop ook net by sekere winkels. Die dr het gesê ons moet net nog skoner leef as wat ons al klaar doen.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ondergrondse water is glo ook al besoedel en wonder ek oor die mense naby Underberg in kZN wat hul geliefdes nou in hul voortuine begrawe omdat daar glo nie meer plek is in die begraafplase. Ek het een huis al ‘n paar jaar gelede afgeneem met die wit kruis voor die huis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.