Ekurhuleni-werknemer gepos oor ‘bobbejane’-uitspraak

Foto: Pixabay/JESHOOTS

ʼn Werknemer van die Ekurhuleni-metro is afgedank nadat sy ʼn e-pos aan ʼn kollega gestuur het waarin sy oënskynlik na haar kollegas as bobbejane verwys.

Mzwandile Masina, Ekurhuleni se uitvoerende burgemeester, het Donderdag in ʼn verklaring gesê die stadsbestuurder het Maandag bewus geraak van die e-pos wat deur die werknemer gestuur is.

Volgens die verklaring lui die e-pos: “Ek is moeg met hierdie bobbejane hier hulle dink ek sal bedank soos meneer van der Nest en ek sal nie” [sic]. Die werknemer is summier afgedank.

“Rassisme sal nie in die Ekurhuleni-metro geduld word nie. Ons het ʼn donker verlede van rasse-ongeregtigheid en niemand sal die pogings om ʼn nierassige, nieseksistiese en demokratiese samelewing te bou, ondermyn nie,” het Masina gesê.

Hy het verder gesê die metro beskou rassisme deur ʼn werknemer as buitengewone omstandighede soos in die wet vervat word en daarom kan die werkgewer afstand doen van voor-ontslagprosedures.

“Hierdie toewyding deur die metro sal toegepas word ten opsigte van elke aspek van die plaag van rassisme, of dit nou deur werknemers of lede van die gemeenskap is wat dienste by die metro gebruik.”

Die metro het sy werknemers en die publiek aangemoedig om enige rassistiese optrede aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

vytjie ·

Soos die BYBEL se. NIE dit wat jy eet wat jou ‘n siek mens maak nie maar dit wat uit jou uitkom. Se Maar net

Nonsens ·

Jy ken nie die persoon betrokke of wat dit aan hom\haar doen nie. Summier afgedank beteken hulle het nie eers ‘n ondersoek gedoen of verduidelikings geluister nie. Ek ken haar.

Tiger ·

Ek hoop sy gaan gee haar baas aan by CCMA vir onregverdige ontslag.Hulle sal goed opdok glo my!

Lientjie ·

Hulle moet eers ‘n dissipliner gehou het, maar die meeste instansie se kontrak wat jy teken en beleidskodes se dat rassisme is onmiddelike onslag. Die bewys is daar ( die email ).
Ek voel jammer vir die persoon, maar ‘n mens behoort te weet dat jy nie sulke uitlatings kan maak nie , jy gaan in die moeilik kom.

Rina Vermeulen ·

Wat sy gesé het is oneties stem nie daarmee saam nie en wat was haar rede daarvoor ? Ek’s net siels moeg om te sien hoe hierdie rasse uitsprake op een groep meer veroordeel word en selektief toegepas word as ander groepe en die strawwe ook meer strenger is . Dis ook wat aanleiding gee tot rassespanning in ons land . Behandel alle rassisties uitsprake en groepe asook strawwe op dieselfde basis .

Elmarie Swart ·

Jy kan dink wat jy wil maar hou dit vir jou self. Daar is baie mense wat so voel en jy moet seker maak met wie jy jou frustrasies deel.

CdV ·

Arbeidshof is nogal streng op audi partem reël (hoor die ander kant). As persoon NIE in ‘n verhoor/ vergadering was en geleentheid gegun was om sy/ haar kant te stel nie, verontagsaam die munisipaliteit sy eie reëls en dan is proses onprosedureel. Dus is ontslag onbillik en kan KBMA of Arbeidshof hof werker heraanstel of kompensasie toeken. NB. Sumier afdank beteken nie sonder ‘n verhoor nie, maar onmiddelik sonder betaling of om kennis periode uit te werk.

Belinda ·

So iemand moes die epos gedeel het – of lees hulle almal se eposse …

Realis ·

Nou wonder ek, hoe wéét hulle daar is van hulle gepraat?

Ronell ·

Die spreekwoord sê as die skoen jou pas, trek hom aan. Ja, ek sê niks verder nie ………..

Rupert ·

Sy het nie kleur genoem of name nie.die bestuur het dit aan hulle self geeien.CCMA sal sy die saak wen.

B ·

Daar moes tenminste ‘n dissiplinêr gewees het waar sy die geleentheid gegun is om haar kant te stel. Daar is nie eers ondersoek ingestel nie! Pateties!! Daar is ander feite betrokke wat die media nie publiseer nie. Die munisipaliteit het nie eens ander feite in ag geneem voor hulle haar summier ontslaan het nie…ander feite wat haar onskuld wys. Hulle het nie eers moeite gedoen om die persoon se klagtes te ondersoek nie. Skending van privaatheid en ook dignitas- naamskending. Hopelik kan die CCMA help om die ontreg wat haar aangedoen is op te los en kan die munisipaliteit en die koerant jammer sê en vergoeding betaal.
Daar sal uitgevind word wat die waarheid is…

André Badenhorst ·

Die gebruik van “bobbejaan” in Afrikaans kan nie net someer as rassisme beskou word nie, bv as my vrou vir mee sê “jou bobbejaan!”, beteken dit ek het iets doms aangevang. Waarskynlik was die bedoeling in hierdie geval rassisties, maar daar is wel ‘n kans dat dit nie was nie. En dis waarom die regsbeginsel van “bo alle redelike twyfel” daar is. Dis om ons te beskerm teen die heersende denke wat so polities korrek is dat dit meermale nie feite in ag neem nie.

Linette ·

Ag nee wat, kyk nou ruk hulle darem regtig die dam onder die eend se agterent uit met dié sensitiwiteit oor name-noem. Sekere woorde, soos die K-woord, of die H-woord of wat ookal is seker maar sensitief en beledigend. Maar ek voel ook beledig as ‘n anderskleurige persoon my ‘n “wit hond” of ‘n wit boer noem, maar dié woorde kan nie verban word nie, want dit is alledaagse Afrikaanse gebruikswoorde.

En iemand in die dame se kantoor moet vir seker ‘n “squealer” wees, want as die e-pos gerig was aan net een persoon, hoe weet ander mense daarvan? Tensy hulle toegang het tot mekaar se e-posse. Dit wil my ook voorkom asof daar ‘n rasse-sensitiwiteit by die Ekhuruleni Munisipaliteit is en dat dit uitgebuit word.

Ek vra myself af: hoeveel keer was ek nie al self in ‘n situasie waar onbeholpenheid/ onvermoë om te help of ‘n basiese gesprek in Engels te voer, my ook sekere mense as “bobbejane” te beskryf nie? As mens vir iemand sê hy/sy is ‘n bobbejaan, sê jy eintlik hy/sy is dom of het iets doms gedoen. Dit is nie rassisties nie! Ek sê baie keer vir myself, as ek iets doms gedoen het: “Ag, jou aap!” of “Ag, jou bobbejaan!”.

J ·

Die e-pos is duidelik geskryf deur iemand wat nie Afrikaans as ‘n eerste taal het nie. Ek hoop Ekurhuleni gaan in die media om verskoning vra wanneer hulle die CCMA saak verloor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.