Elande keer terug na Kaapstad

Elande word weer in die Valsbaai-natuurreservaat gevestig Foto: Stad Kaapstad

Elande word weer in die Valsbaai-natuurreservaat gevestig Foto: Stad Kaapstad

Elande word weer vir die eerste keer in 200 jaar in die Valsbaai-natuurreservaat vrygelaat, het die stad Kaapstad Vrydag gesê.

“Vyf elande is amptelik in die reservaat vrygelaat nadat hulle sewe weke lank in ʼn boma by die Rondevlei-deel van die reservaat gehuisves is,” het Johan van der Merwe, burgemeesterskomiteelid vir energie en omgewingsake gesê.

Die vyf elande, twee bulle en drie koeie, is deel van die drie jaar Gantouw-projek, ʼn vennootskap tussen die stad en Kaapstad se omgewingsopvoedingstrust (CTEET).

“Kaapstad was altyd die tuiste van die eland, maar hulle is al die afgelope 200 jaar nie op die Kaapse Vlakte nie,” het Van der Merwe bygevoeg.

Weens die elande se afwesigheid, het sommige bosse in Kaapstad vermeerder en dit het gevolglik tot ʼn vermindering van ander plant- en dierspesies gelei wat makliker in ʼn oop habitat aanpas.

“Aangesien Kaapstad van die hoogste konsentrasie van bedreigde plante op aarde het, is die hervestiging van groot herbivore [soos die eland] in die oorblywende natuurlike spasies lewensbelangrik om die spesies en ekostelsels te bewaar,” het hy bygevoeg.

Die elande sal in die dag vry rondbeweeg en in die aande sal hulle na die boma terugkeer. Personeellede sal deurgaans die impak van die hervestiging op die habitat monitor en die elande se veiligheid verseker en eetpatrone dophou.

“Indien dié projek suksesvol is, sal dit moontlik in die toekoms gebruik word as ʼn deurlopende bestuursmodel vir natuurreservate op die Kaapse Vlakte,” het Van der Merwe gesê.

Lees meer oor Kaapse natuurreservate.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Realiteit ·

By Elande word manlike diere n Bul en vroulike diere n Koei genoem.

Sune van Heerden ·

Dagsê Realiteit

Ons vra groot om verskoning! Die fout het ongesiens ingesluip. Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Uys ·

Die Elande moet regtig baie besonders wees. Nog nooit gehoor van n Eland ram en Eland ooi nie.
Hierdie Elande is seker so klein soos n Rooibok?

Sune van Heerden ·

Dagsê Uys

Ons vra groot om verskoning! Die fout het ongesiens ingesluip. Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jan maak n Plan ·

Hierdie is eland bul en vers kalwers, hier is geen volwasse diere nie. Duidelik dat n stadjapie hier weer in beeheer is. Gebruik eeder volwasse diere by hervestiging sodat daar leiding in n kudde gegee kan word. En asb moenie die diere hans mak maak nie. Erens gaan iemand seerkry.

Ludwig ·

Wonderlike gedagte om die diere daar te hervestig. As oud-Kapenaar wat in die Skiereiland gebore is en grootgeword het, wil ek net vra dat daardie diere feitlik dag en nag opgepas word, want as dit nie gedoen word nie, is die kospotte hul voorland! Daar woon ongelukkig baie mense in die Kaapse Skiereiland wat hulle aan hierdie diere sal vergryp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.