Elandsfontein-grondgrypers verwyder

Onwettige strukture word in Elandsfontein verwyder (25 Junie 2020) (Foto: AfriForum)

Grondeienaars in Elandsfontein in die suide van Johannesburg kan vanaand rustig slaap danksy ingryping van die burgerregte-waghond AfriForum wat Donderdag gehelp het om 60 onwettige informele huise van grond in dié omgewing te verwyder.

Maroela Media het vroeër berig AfriForum het verlede week ’n bevel in die hooggeregshof in Pretoria verkry het wat beslis het dat dié onwettige plakkers onmiddellik die perseel moet verlaat.

Grondeienaars in Elandsfontein leef sedert 29 Mei daagliks in vrees nadat die eerste grondgrypers se plakkershut opgerig is. Hierna het al hoe meer mense informele huise begin oprig.

Die wettige eienaars van dié gedeeltes het vroeër vergeefs die De Deur-polisiestasie om hulp oor die plakkers genader. Volgens Clinton Gruar (39), ’n grondeienaar en verteenwoordiger van ander grondeienaars in die omgewing het ’n “sentrale mens” dele van die grond vir R250 verkoop.

Gruar het ook vertel dat die besetters gereeld inwoners gedreig het dat hulle motorbande op hul huise se dakke sal pak en aan die brand steek sodat hul lewend in hul eie huise kan doodbrand.

Die gemeenskap het toe uit desperaatheid vir AfriForum om hulp genader.

“Hierdie situasie het weereens bewys hoe belangrik dit is dat grondeienaars hul regte moet ken en dat daar gebeurlikheidsplanne in plek moet wees sou onwettige grondbesetters mense teiken,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid.

Volgens Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, is dit ook bemoedigend om te sien dat AfriForum vandag ondersteuning uit verskeie oorde ontvang het. “Dit was ’n fantastiese dag van samewerking tussen AfriForum, die Johannesburgse metropolisie, die DA, die Midvaal-munisipaliteit, die weermag en die Rooimiere, wat almal gehelp het om die afgebreekte strukture te verwyder.

“AfriForum vat graag hande met enigiemand wat ons wil ondersteun om mense te help wat deur onwettige grondgrypers geteiken word. Ons sal nie toelaat dat grondgrypers mense se eiendomsreg bedreig nie,” het Cameron bygevoeg.

Klik hier om ʼn video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

MrMagic ·

Wel gedaan mense, nie gedink AfriForum, die Johannesburgse metropolisie, die DA, die Midvaal-munisipaliteit, die weermag en die Rooimiere sal ooit saamwerk om ‘n probleem op te los nie. Baie trots op julle.

JohanR ·

En daar het my woonstel en motorhuis my R480000 in 2005 gekos. Ek kon ‘n hele R479750 gespaar het!

Isabella ·

Vandag by Afriforum aangesluut as lid …mense sluit aan hul is ons blankes se redding

Vranet ·

Welgedaan Afriforum! Kan ons nie ook al die onwettige strukture in alle gebiede so verwyder nie. Ons munisipale bestuurder onder DA beheer, wyer om onwettige strukture te laat verwyder. Hy reken dat die strukture word opgerig in die nag, wat nie heeltemal waar is nie, en dan word daar net ‘n matras of stoel ingesit wat wys dit word bewoon, dan mag hulle dit nie verwyder nie. Binne weke het honderde onwettige strukture skielik verskyn sonder dat daar enigsins gepoog is om dit te stop. Daar is baie onwettige buitelanders maar ook Oos-Kapenaars wat hierheen gelok word om perlemoen te kom stroop.

Genis ·

Wie is die krimenele wat die grond verkoop? Of is dit weer n EFF stategie om stof op blaas oor VBS se diefstal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.