Eldoradopark: Polisiebeampte vra dán borgtog met ‘nuwe feite’

Voster Netshiongolo
gedurende ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Timothy Bernard/African news Agency)

Een van die polisiebeamptes wat daarvan beskuldig word dat hy aandadig was aan die moord op die 16-jarige Nathaniel Julies van Eldoradopark, sal na verwagting teen die begin van Desember vir ’n tweede keer om borgtog aansoek doen.

Sers. Voster Netshiongolo se eerste aansoek om borgtog is einde September van die hand gewys.

Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê Netshiongolo het Donderdag weer in die Protea-landdroshof in Soweto verskyn waar die saak tot 1 Desember uitgestel is.

Netshiongolo sal na verwagting dan ʼn borgtogaansoek bring gegrond op nuwe feite. Maroela Media het vroeër berig Netshiongolo, ʼn speurder verbonde aan die Eldoradopark-polisiestasie, staan tereg op aanklag van regsverydeling asook dat hy aandadig aan die moord was.

“Dit beteken dat die sersant ná die moord op die kind onregmatig en doelbewus die ander twee beskuldigdes gehelp het om aanspreeklikheid vry te spring of geregtigheid te ontduik,” het Cola vroeër verduidelik.

Sy medebeskuldigdes Simon “Scorpion” Ndyalvane en Caylene Whiteboy word beskuldig van die moord op die seun asook dat hulle met bewyse sou peuter.

Nathaniel is in Augustus vermoedelik tydens ʼn skietery tussen ʼn bende en die polisie gewond en is later die dag in ʼn hospitaal dood.

Die familie van Nathaniel, ʼn kind met Down se sindroom, voer aan hy is dood omdat hy nie op versoeke van die polisie gereageer het nie. Hulle sê egter weens die sindroom kón hy nie reageer nie.

Die seun was op pad om te gaan koekies koop toe hy doodgeskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Dis reg hou sulke mense van die strate af en weier borg! Hulle is trigger happy en ek onthou die vrou het nie eers geweet watter ammunisie in haar wapen was nie! Skande dat sulke mense vir ons veiligheid moet sorg! Laat my wonder hoe lank hulle opleiding kry mmmmm

JohanF

Hy maar sonder borg sit, hy dan ander gehelp om aanspreeklikheid vry te spring…..