Eldoradopark: Polisiebeamptes dán in hof

Nathaniel Julius (16) (Foto: Twitter)

Die twee polisiebeamptes wat die naweek in hegtenis geneem is in verband met die dood van die 16-jarige Nathaniel Julius van Eldoradopark, sal Maandagoggend in die hof verskyn.

Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het Sondagoggend in ʼn verklaring gesê die polisiebeamptes sal omstreeks 09:00 in die Protea-landdroshof in Soweto verskyn.

Die polisiebeamptes staan tereg op aanklagte van moord, die besit van verbode ammunisie en moontlik dwarsboming van die gereg.

Maroela Media het vroeër berig die polisiebeamptes, verbonde aan die plaaslike polisie se misdaadvoorkomingseenheid, is Vrydag in hegtenis geneem nadat Nathaniel Woensdag na bewering in die kruisvuur tussen ʼn bende en die polisie beland het. Nathaniel is gebore met Down se sindroom.

Die skietgeveg tussen die bendelede en die polisie het ontstaan nadat die polisie ʼn wenk ontvang het oor gesteelde motoronderdele in die omgewing.

Mo Senne, woordvoerder van Not In My Name International (Nimni), het vandeesweek gesê Nathaniel se dood is “ʼn regstreekse gevolg van gewapende mans in blou wat nie voldoende opleiding ontvang het nie”.

Volgens berigte voer die familie aan die seun is dood toe hy nie op versoeke van die polisie gereageer het nie. Hy kon egter nie daarop ag slaan nie weens die sindroom.

Die gemeenskap het vandeesweek geregtigheid geëis vir Nathaniel se dood. Dit het tot betogings in die gebied gelei en polisiebeamptes moes rubberkoeëls gebruik om die ontstoke skare uiteen te jaag.

Die ondersoek duur voort, het Cola vanoggend gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Keelvol ·

So volgens Mo Senne mag die polisie beamptes nou glad nie terug geskiet het toe bendes op hulle los brand nie. Geen wonder daar is so wetenloosheid in die land nie, want almal wat met die gereg bots is skielik victims.

ElizeK ·

Nou krap ek kop. Verbode ammunisie in die betrokke polisiebeamptes se besit!!!

Sarel ·

Nuusmedia weer baie selektief. Wat van ” moord: op kinders algemeen. Kinders sterf op Ksspse Vkakte on Bendegeweld…. man vetkrag en vermoor 7 jsrige dogter van vriend…Pa vermoor 4 kinders uit wraak op vrou…Vrouens skdnk geboorte en los kinders in Hospitaal …. so kan ons aangaan. Dasr is baie vrae oor die genodmde geval want waar was sy versorger.

johanf ·

So tragies, hoop die balistiese toetse is reeds bekend, weens kruisvier, hulle moet elk geval verhoor, gestraf en ontslaan word.
My Simpatie aan die ouers, familie en maaitjies…..

Magda ·

Waar is die ouers – Hulle moet ook aangekla word, want wat soek die kind by n optog. Vra die ouers waar was hulle met die optog, , KLA hulle aan want hulle kyk nie na hulle kinders nie, maar wil elke maand Child support he)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.