
Sers. Simon Ndyalvane and konst. Caylene Whiteboy gedurende ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Timothy Bernard/African News Agency)
Die drie polisiebeamptes wat aangekla word in verband met die skietdood van die 16-jarige Nathaniel Julies van Eldoradopark, is Maandag borgtog geweier.
Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het aan Maroela Media bevestig Simon “Scorpion” Ndyalvane, Caylene Whiteboy en Voster Netshiongolo se aansoek om borgtog is in die Protea-landdroshof in Soweto van die hand gewys.
Die hofverrigtinge is aanvanklik vertraag weens klanktoerusting in die hofsaal wat nie gewerk het nie.
Die polisiebeamptes word beskuldig van die moord op die 16-jarige Nathaniel, asook dat hulle met bewyse wou peuter.
Maroela Media het vroeër berig Whiteboy, wat net langer as ʼn jaar ʼn polisiebeampte is, het verlede week aan die hof gesê sy het nie bedoel om Julies dood te maak toe sy die skoot afgevuur het nie.
Sy het een van haar medebeskuldigdes daarvan beskuldig dat hy haar met die dood gedreig het as sy nie haar weergawe van die gebeure by syne aanpas nie. Sy was onder die indruk haar vuurwapen was met rubberkoeëls, en nie skerp ammunisie nie, gelaai.
Die saak teen hulle is tot November uitgestel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Laat hulle sit! Duh hoe weet jy nie watter ammunisie in jou wapen is nie? Dit gaan my verstand te bowe regtig waar
Nou wonder ek wie laai haar vuurwapen, en wat van die veiligheid protokol by die ontvangs van ń vuurwapen was, as daar nog so iets bestaan….
Klomp Bog…..!!