Eldoradopark-skietery: Polisiebeamptes weer in hof

Nathaniel Julies (Foto: Twitter)

Drie polisiebeamptes het Woensdag weer in die Protea-landdroshof in Soweto verskyn in verband met die dood van Nathaniel Julies van Eldoradopark.

Simon ‘Scorpion’ Ndyalvane, Caylene Whiteboy en Voster Netshiongolo staan tereg op aanklagte van die moord op die 16-jarige Julies en dat hulle met bewyse wou peuter.

Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het gesê die saak teen hulle is tot 28 September uitgestel. “Al drie beskuldigdes bly in aanhouding,” het Cola gesê.

Phindi Louw, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het bevestig die uitspraak oor hul aansoek om borgtog word tot Maandag voorbehou.

Whiteboy, wat net meer as ʼn jaar lank ʼn polisiebeampte is, het aan die hof gesê sy het nie bedoel om Julies dood te maak toe sy die skoot afgevuur het nie. Sy het een van haar medebeskuldigdes daarvan beskuldig dat hy haar met die dood gedreig het as sy nie haar weergawe van die gebeure by syne aanpas nie. Sy was onder die indruk haar vuurwapen was met rubberkoeëls, en nie skerp ammunisie nie, gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Jy’s in die polisie en jy weet nie eers watter koeëls in jou wapen is nie!!! Genade basiese opleiding? Ek glo nie wat ek lees nie regtig waar julle

Punisher ·

Jy word elke dag by die stasie met jou wapen en ammo uitgereik en jy teken vir dit. Nou wil jy sê jy het nie geweet waarvoor jy geteken het nie sodoende moet jy ook na jou skof alle wapen en ammo in handig wat jy nie gebruik het nie sodat die kluis amptenaar kan weet waarvoor hy/sy hulself in laat daarna moet ‘n verslag volg indien jy enige ammo gevuur het en die doppies ingehandig word. So jy het mos geweet waarvoor jy teken. Of word dit nie so gedoen nie?

Mallie ·

Dis baie hartseer en n ongelukkige loop van omstandighede. Dit was n ongeluk. Polisie is ook net mense, met menslike foute.

donsie ·

As jy sien hoe pateties hulle skiet tydens opleiding en jaarlikse skiet toetse wat hulle moet afle, dan kan ek verstaan hoekom sy nie die verskil tussen skerp ammo en rubber koeels ken nie, siestog!!!!

Nico ·

Hoelank moet Nathaniel Julies nog wag voordat die skukdiges wat vir die moord op Nathaniel vas getrek word.
Die howe is te stadig, intussen sit die beskuldiges lekker in die tronk, word wakker, en handel die saak af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.