Eldoraigne-skoolhoof reageer op aantygings

Anton Prinsloo, skoolhoof van Hoërskool Eldoraigne in Centurion, is vir eers terug by die distrikskantoor in Gauteng. 

Dr. Anton Prinsloo ontken ten sterkste dat hy as skoolhoof individue by Hoërskool Eldoraigne in Centurion geboelie en/of geviktimiseer het.

“Dr. Prinsloo is bereid om homself te onderwerp aan ʼn formele ondersoek sodat die ware feite onder eed aan die lig kan kom,” het Prinsloo se regsverteenwoordiger, adv. Brandon Roode, namens sy kliënt aan Maroela Media gesê.

Prinsloo is Vrydag kort ná sy heraanstelling as skoolhoof van Hoërskool Eldoraigne weer terug na die distrikskantoor verplaas nadat klaers in die saak hul bereidwilligheid om in die verhoor te getuig bevestig het en die departement die saak ingevolge heroorweeg het.

Nuwe getuienis is ook gelewer.

Volgens Roode was Prinsloo aanvanklik nie bereid om te reageer op die aantygings teen hom nie aangesien hy volle vertroue het in die interne prosesse wat die departement van basiese onderwys gereed gekry het om die aandag aan die saak te gee.

“Dit is ongelukkig so dat die striemende aanvalle op hom nie onbeantwoord kan bly nie, en hy sal dienooreenkomstig sy regte moet beskerm.

“Dr. Prinsloo ontken ten sterkste die beweringe dat hy individue by die skool onder andere sou geboelie en/of geviktimiseer het.”

Roode het egter daarop gewys dat Prinsloo op geen stadium formeel van enige oortreding aangekla is nie en dus nie enige verdere kommentaar kan lewer met betrekking tot die meriete, al dan nie, van die beweringe teen hom nie.

Hoërskool Eldoraigne (Foto: Hoërskool Eldoraigne/Facebook)

“Sou die proses in ʼn formele dissiplinêre proses verander, is hy van voorneme om homself op die gepaste tyd en gepaste forum te verdedig teen sodanige beweringe, indien enige.”

Volgens Roode oorweeg Prinsloo intussen “verdere alternatiewe regsremedies”.

Maroela Media het vroeër berig die departement het in Mei ’n onafhanklike ondersoek gelas nadat bewerings van boeliegedrag en viktimisering teen Prinsloo aan die lig gekom het. Die departement het na afloop van die ondersoek aanbeveel dat Prinsloo as voorsorgmaatreël na die distrikskantoor oorgeplaas word terwyl die dissiplinêre proses afgehandel word.

Die departement het egter vroeër vandeesmaand gesê die klagte teen Prinsloo dra nie gewig nie en  Prinsloo moet weer sy pos as skoolhoof opneem. Ouers en ander rolspelers het hul misnoeë met dié besluit te kenne gegee en die beheerliggaam het met regsaksie gedreig.

Volgens Roode het Prinsloo by sy terugkeer na die skool homself ten volle toegewy aan sy pligte en verantwoordelikhede as skoolhoof. “Hy is gedurende hierdie tyd oorweldig deur honderde boodskappe en oproepe van ondersteuning vanaf leerders, ouers, personeel en die breё onderwysgemeenskap asook die publiek.”

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het Vrydag gesê die departement evalueer tans al die bewyse wat ingedien is en sal die kennisgewing van die verhoor binne sewe werksdae finaliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

You brought it on yourself. As ‘n wit hoof moes jy harder probeer het om geliefd te wees deur die kinders, onderwysers en ouers. Wonder jy nie ook of die skool ‘n beter skool sal wees as jy permanent weg is?

Hoekom

‘n Goeie voorbeeld van boendoe geregtigheid onder ons eie mense of omgekeerde boelie gedrag waarvan die einste mense hom beskuldig. Jy is onskuldig tot skuldig bewys. Sover het ek nog geen bewyse gesien nie, net hoorsê…

Jackie

Indien bedankings van personeel 3 maal hoër is as by skole van dieselfde grote dan trek daar n rokie

Duwweltjie

Solank daar net niks onder die mat ingevee word nie.

Kleinboet

Het mense geen skaamte meer nie? Dis mense soos hierdie wat blankes se naam met ‘n plank slaan. Nee man.

Kom ons vra eerder:
Hoeveel onderwysers het bedank in Anton Prinsloo se tyd as skoolhoof, hoeveel onderwysers/kinders/ouers was gelukkig/tevrede in dieselfde tyd? Dan kyk ons ook na sy bestuursstyl…en dán lewer ons uitspraak.