Elektriese probleme lei tot wateronderbrekings in Gauteng

Argieffoto

Inwoners in Gauteng kan moontlik hierdie naweek wateronderbrekings beleef weens elektriese probleme by ʼn Rand Water-pompstasie.

“Ons beleef elektriese probleme by ons Palmiet-pompstasie en die stelsel is nou kritiek laag. Ons Klipriviersberg-reservoir staan op minder as 20%,” het Justice Mohale, woordvoerder van Rand Water, Sondag gesê.

“Onder hierdie omstandighede moet ons beperkings op die netwerk verskerp om seker te maak ons verlig druk op die verminderde kapasiteit.”

Die gebiede wat hierdeur geraak word, is Stad Johannesburg, Pretoria en die Ekurhuleni- metropolitaanse munisipaliteit.

“Ons sal verbruikers op hoogte hou van ontwikkelings,” het Mohale bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Magrietha ·

Totsien ons MOOI RYK SUID AFRIKA hierdie land het leterlik sy as gesien

Koos Ubuntu ·

Ja alles wat in die land opgebou is van niks af nie is in n kwessie van 10 jaar afgebreek tot weer niks toe. Veels geluk aan die stupid oppertuniste

Tom ·

Ai waar is die dae toe sluitelpunte darem rugsteuning vir krag gehad het! Beurtkrag duur 2uur per sessie van 24 uur. Hoe kom hulle by die somme uit dat die pompe in daai spesifieke 2 uur moes geloop het en die res van die dag af is?

Skroef ·

Hoe werk dit dat ons met beurtkrag eerder meer elektriseteit as minder gebruik? Waar is die logika van die stelsel? In 90% verhoging? Laat alle gebruikers betaal en gee ons n 90% verlaging in tarief.

Anton ·

My Duitse Herdershond kan hierdie land beter regeer. Belowe jou die krag sal werk!

Koos de Meyer. ·

Wat verwag jy van ‘n klomp onbevoegde mense wat in beheer is. As die son skyn dan lek die dak mos nie. In die eerste plek dink hulle als sal vir ewig hou sonder onderhoud. In die tweede plek onderhoud geld word geswendel. Die dood moet ‘n oorsaak hê, so nou gee hulle beurtkrag die oorsaak.

Hansie Slim ·

Apartheid kry die blaam vir alles..
Kolonialisme kry die blaam vir alles..
Ens…ens
Nou kry beurtkrag die blaam.. wat nóg??
Daar is altyd ‘n ander rede behalwe die regte rede!!

Staak saam ·

SA se populasie het in die laaste 24 jaar konserwatief met 20 milj gegroei.
Die infrastruktuur van 94 is nog net so, hier en daar is opgraderings gedoen maar amper geen nuwe infrastruktuur is by gevoeg nie.
Na 94 was dit ook beleid dat alle huishoudings lopende water en riool moet kry, ons stelsels is nie gebou vir hierdie volume nie. Dit is n 24 uur werk vandag net om beperkte druk by huis te kry, die stelsel loop reeds bo 100% om water te lewer en met beurtkrag is daar geen reserwes of buffers meer in die stelsels nie.

Mense verstaan nie in hoe n kritiese toestand al ons stelsels is nie, Eskom is die wind wat die kaartehuis gaan laat tuimel.
Net een kragstasie moet in piek tyd onder beurtkrag uitskop en die res sak een na die ander, die laagste gedeeltes van n dorp sal teen twee ure later sonder water wees en dit gaan die laaste water uit jou kraan wees vir baie maande.

JAN ·

Nou net besluit dat die boorgat op my erf sal ń sonpomp MOET kry. Max so 30000 rand.
Jhb metro is die grootste in die wêreld wat NIE by ń groot rivier us nie. Kry van Katse dam winterwater. Oa.
Ons in Kalahari het sterk grondwater wat die myne nie mag gebruik nie.
Oeee ek hoor weer die dreunimg van groot Catapillar diesel opwekkers soos in Luanda destyds.

Andrew ·

Hoe gelukkig kan julle wees. In Parys is die water daagliks vir ure af. Soms meer as een keer. Seker die “legacy” van daai man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.