“Hijacking op die N4 in Hatfield toe … Hulle skiet, hulle skiet, hulle skiet!”
ʼn Elektrisiën van Pretoria het hom op 22 April in die middel van die opspraakwekkende transitoroof op die N4 in Pretoria bevind. Hy het toe sommer besluit om self agter die rowers aan te jaag terwyl hy ʼn noodoproep op verskeie van die WhatsApp-veiligheidsgroepe waaraan hy behoort, gestuur het.
ʼn Video van ʼn veiligheidsbeampte wat tydens dié gepoogde transitoroof onder ʼn bende rowers uitjaag, het verlede week wêreldwyd opslae gemaak. Andries Potgieter (33), eienaar van Atterbury Electrical en ʼn opgeleide lyfwag, was net ná 10:00 op pad na ʼn kliënt toe éérs die transitovoertuig en daarna die rowers in ʼn donker gekleurde Audi verby hom gejaag gekom het.
“Die motors voor my het net skielik rem aangeslaan en toe kom die Land Cruiser verbygejaag. Dit is nadat die eerste skote geklap en die voertuig op die N4 omgedraai het,” sê Potgieter. Hy het toe agter die voertuie aangejaag terwyl hy die voorval op die veiligheidsgroepe aangemeld het.
“Die rowers was reg voor my met AK47’s en die skote het oral geklap.”
Potgieter sê drie minute nadat hy die voorval die eerste keer aangemeld het, het die polisie reeds die N4 afgesper. “Nog twee minute later was die polisiehelikopters in die lug.”
Potgieter sê hy verleen bystand waar hy kan so tussendeur sy elektrisiënwerk. “Sulke dinge gebeur so vinnig. Ek is maar net dankbaar ek is op die veiligheidsgroepe sodat ek dit kon aanmeld.”
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
klink goed dat die polisie wel hul werk dadelik gedoen het hhmm BAIE INTERESSANTE STORIE DIE lees graag ook al die kommentaar oor die gebeure
Yis maar daai boer ” Chuck Norris” is ‘n yster. En die “ander”rooi mannetjies dink dit gaan maklik wees. Mmmpppphhh
Kan net nie verstaan dat niemand in hegtenis geneem is nie, die polisie was dan binne minute teenwoordig.
Moet sê daai oud-polisieman het hom baie goed van sy taak gekwyt. Kan ongelukkig nie dieselfde van sy passasier sê nie. Wat vir my net opvallend is ……… dis ‘n ongemerkte Land Cruiser. Hoe het die rowers geweet daardie voertuig vervoer geld? Inside job?
Al persoon wat werklik iets beteken het was die bestuurder van die Land Cruiser.As niemand gevang is nie was die Polisie nie goed genoeg nie.Jy kan nie iemand prys vir swak werk nie.