Elektrisiteit ʼn ‘uitdaging’, nie ʼn ‘krisis’ – Zuma

President Jacob Zuma op 11 Februarie 2015 Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma op 11 Februarie 2015 Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma het Vrydag gesê Suid-Afrika se elektrisiteitskwessie is ʼn “uitdaging” maar nie ʼn krisis nie, en die regering weet hoe om dit aan te spreek.

“Ek dink ons het ʼn uitdaging, nie ʼn krisis nie,” het Zuma tydens ʼn ontbytvergadering in Kaapstad gesê die oggend na hy in sy staatsrede ʼn R23 miljard-inspuiting vir Eskom aangekondig het.

Die president het weer gesê die apartheidsregering is gedeeltelik verantwoordelik vir die geskeduleerde beurtkrag weens sy versuim om die kragvoorsiener se kapasiteit te vergroot. “As jy na elektrisiteit kyk, elektrisiteit het ʼn geskiedenis in die land, dit was nog nooit genoeg nie. Dit was omdat die regering destyds gesê het ‘ons het genoeg’,” het Zuma gesê. “Die aanvraag het na 1994 verskerp en gevolglik die kapasiteit wat ons het, ondermyn.”

Hy het gesê hy is besorg oor die tekortkominge in die kragnetwerk en die regering wil bepaal of dit weens nalatigheid is. “Mens kan nie net sien hoe een kragstasie na die ander ineenstort omdat hulle nie gediens word nie. Waar is die mense wat daar werk? Wat doen hulle?” wou hy weet.

Maar hy het gesê die regering glo hy kan die kapasiteitbeperkings oplos wat Eskom die afgelope paar weke genoop het om beurtkrag toe te pas. “Ons het ʼn plan. Dit is ʼn goeie plan, ʼn wonderlike plan en ons finansier dit. So dit is nie asof ons nie weet wat om te doen nie.”

Zuma het bygevoeg die regering beplan om miljarde in infrastruktuurontwikkeling te belê en die land word erken deur die goeie internasionale betrekkinge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Poepol ·

Zuma, 20 jaar onder ANC regering, en jy gee nog steeds die vorige regering die skuld? Julle is onbevoeg om enigiets te doen! Altyd planne wat nooit werk nie! Julle moes beplan het voor die uitbreidings, maar “obviously” weet julle nie wat dit beteken nie! Al wat julle goed doen is om ons land in die grond in te best uur!

Willem ·

Genade, maar hy speel lekke golf, en kan hy daai bal slaan! Met pensie en al. Hy lyk soos een van die drie varkies. hehehehe. Maar het sy huis nie af gebrand nie. Daar is toe nie ‘n wolf wat blaas nie. En rooikappie loop en blomme in die vlei pluk. Daar val humptydumty in Zuma se swembad en daar is geen van die koning se manne of vroue om hom te help nie. Sneeuwitjie gesels toe daar eenkant met Julius en sê sy weet nou nie waaroor almal so opgewerk oor die aarde se verwarming gaan nie, die ysblok waarop sy sit is nog lekker koud, so waarom het hulle kernkrag nodig.

Willem ·

die volgende oomblik kom kersvader op sy slee met twaalf rendiere vooraan verbygery en sê hy wil hulle net daaraan herinner dat daar nog 325 dae oor is na kersfees.

Dewald ·

Ek wil die Sa parlement vergelyk met ń sirkus, maar ek gaan ń sirkus beledig; ń sirkus is baie beter ge-organiseerd!

Johan ·

Ek dink die grootste uitdaging wat SA het is om Zuma uit die kussings te lig.

Bessie ·

Wie gaan kyk en sorg dat die R23 miljard reg aangewend word en nie weer op verhoogde salarisse, bonusse en banquet vergaderings bestee word? En wonder ek ook of die kontrakteurs nie weer minderwaardige werk gaan doen teen astronomiese tariewe nie aangesien tenderprosesse in ons land ook maar uiters korrup is

Bruno Stef ·

Ou Zums kom laat n ou Oom jou vertel wat by EKSDOM vir jare gewerk het in n middel bestuurs posisie en nie beeste opgepas het nie. Die volgende kragstasies is ge MOTHBALL voor 1994 en kon dadelik weer in diens gestel word volgens EKSDOM woord voerders destyds VIERFONTEIN/VAAL/ HIGHVELD/ TAAIBOS maar is heeltemal tot op die grond afgebreek.Die CAMDEN /KOMATI en GROOTVLEI kragstasies is na klein opgraderings weer in diens gestel.Dit kon in hierdie tye van krag onder brekings n redelike rol gespeel het teen lae koste om die stasies weer te kon hergebruik. Neem kennis ASB.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.