Elektrisiteitswerkers in hospitaal ná groep toesak

Argieffoto: SAPD

Drie werknemers van die Stad Kaapstad, van wie een in ʼn kritieke toestand is, is in die hospitaal opgeneem nadat hulle aangerand is terwyl hulle besig was om elektrisiteitsdienste in Gugulethu te lewer.

Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir informele nedersettings, water en vullisdienste, sê die voorval het Dinsdag omstreeks 12:00 gebeur.

Volgens Limberg is die drie werkers van die stad se elektrisiteitsdepartement na Gugulethu ontplooi om daar ʼn elektrisiteitsprobleem te hanteer. Hulle is deur ʼn groep mense aangeval en ernstig aangerand. “ʼn Munisipale voertuig is beskadig, terwyl nog ʼn regeringsvoertuig aan die brand gesteek is,” het Limberg gesê.

Dit is nie duidelik wat die motief vir die aanval was nie.

Limberg sê die drie werkers is na ʼn hospitaal gehaas, waar twee tans in ʼn stabiele toestand en die derde in ʼn kritieke toestand is. “Dit is absoluut hartverskeurend dat hierdie die omstandighede is waaronder ons personeel en kontrakteurs moet werk. Die stad is toegewyd daaraan om topgehalte dienslewering te bied, maar die omstandighede op grondvlak maak dit dikwels onmoontlik vir die stad se werknemers om hul pligte uit te voer,” het sy gesê.

“Baie van ons departementele werknemers en kontrakteurs moet op ʼn daaglikse basis hul lewens in gevaar stel om dienste aan ons gemeenskappe te lewer.”

Limberg sê die stad ondersoek tans hoe hulle die werkers en hul gesinne kan bystaan. Intussen word die saak ook deur die SAPD ondersoek. Die stad het ook ʼn beloning van R5 000 uitgeloof vir enigiemand wat inligting kan verskaf wat tot die inhegtenisneming van verdagtes kan lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hoc est bellum ·

Dis alles deel van die groot plan om dele van SA wat nie deur ANC beheer word nie, onregeerbaar te maak. Die brandstigting van Kaapse treine is deel van dié plan. Baie inwoners van die voormalige Transkei word aangery na Kaapstad en omgewing.

Khumalo ·

What do you mean this is unacceptable? You take away my free electricity and I will also try and stop you. This was promised to us via all the elections. You can’t just come and take my basic human rights away? What’s the problem? You don’t see the motive for the attack? Really guys??????

Hanna Hoekom ·

No such thing as “free electricity” my friend. Trust me, SOMEONE is paying for that! Promises, promises…

Vlymskerp ·

Free electricity…”Basic human rights”. Free education “Basic human rights” Free land “Basic human rights” Free housing..” basic human rights”….eish this people!

Antoinette ·

This does not mean attacking innocent people just doing their work. They did not make all the empty promises. I agree that basic services is the right for everyone but it cannot be for free. Illegal connections are extremely dangerous.

Sarel ·

This is exactly why SA have no change to survive. Somebody is paying for your so-called basic right and to pay for it some one is actually trying to to keep the economy going while you demand without even trying to understand the working of a economy. You being misused by your by own people because of your lack of knowledge and understanding. This is also called logic and is clearly lacking . Stop dreaming and face reality.

Haan ·

Mán maar julle góói die Ingels! Khumalo is sarkasties gewees en hy praat definitief Afrikaans (gegewe die berig is in Afrikaans)

Theresa ·

Enige optrede wat ander se lewens in gevaar stel, is onaanvaarbaar.
Elektrisiteit word NIE gratis verskaf of gebruik nie. Mens BETAAL daarvoor. Dis ‘n voorreg en nie ‘n reg nie.
Behuising ook. Mens koop dit. Dis realiteit.

Gert van Wierdapark ·

Stem saam Johanna. Dis nie die moeite werd om werkers se lewens in gevaar te stel nie. Onttrek en laat die oproeriges self opsnork. Lewer diens waar nie gevaar is nie en dit waardeer word – – “Finish en Klaar”. Verder is dit n patetiese beloningkie wat uitgeloof word vir ‘n lewe wat in gevaar is rakende inligting. Kyk bv na miljoene Rande wat as’t ware weggegee” is vir ‘n te lae insetprys vir grond in die middestad van Kaapstad.!

Jormungander ·

En as hulle nie dienste kry nie dan betoog hulle geweldadig. Slang wat sy eie kop eet…

Anoniem ·

Was die werkers daar om onwettige kragverbindings te ontkoppel?

Marius ·

Ek kan geld op dit sit dat hulle was besig on onwettige kragverbindings te ontkoppel maar ja te veel mense wil goed vernuut he en die wat werk kan hulle nie dra.

Gemaskerde Sopbeen ·

Verlede week is onwettige kragaansluitings in Zandspruit Informele Nedersetting verwyder na twee kleuters dood geskok is….en die plek het ontplof van die geweld. Ek het met my eie oë gesit en kyk hoe hulle op die shacks se dakke staan en die verbindings terug sit, terwyl die SAPD en Jo’burg Municipality werkers rondskarrel om onwettige verbindings te verwyder. Die spinnerak van onwettige verbindings is nou erger as ooit tevore…

HPV ·

Ons lewer ook diens in die “townships”. Die verskil, ons is tot die tande gewapen soos destyds in ons weermag dae toe ons patrollies daar moes loop en ry. Sal liewer my kans in ‘n hof vat as om vermoor te word!

Francois le Cochon ·

As hulle dienste kry, dan het hulle nie meer verskoning om te vernietig omrede hulle nie dienste het nie. Raar maar waar.

Marius ·

Hulle betaal nie grondbelasting uit die mond van ‘n werker by ons so wie betaal vir daai dienste?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.