Elf in hof oor taxistaanplek-skietery

Die vuurwapens wat op die toneel gevind is. Foto: SAPD

Die vuurwapens wat op die toneel gevind is. Foto: SAPD

Elf verdagtes het Vrydag in die Durban-landdroshof verskyn in verband met die skietery by ʼn taxistaanplek in die stad waartydens drie mense dood is.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die nasionale vervolginggesag (NVG), het gesê die elf verdagtes en ʼn 12de beskuldigde wat tans in die hospitaal is, word aangekla van openbare geweld, moord en poging tot moord.

Die 12de beskuldigde word in die hospitaal vir ʼn skietwond behandel. Hy is glo tydens die skietery in die boud gewond.

Gewapende mans het Woensdag omstreeks 06:00 op ʼn groep mense by ʼn taxistaanplek in Brookestraat losgebrand. Drie mense is doodgeskiet en drie gewond. Die polisie het later op 25 vuurwapens op die toneel beslag gelê.

Die saak is uitgestel tot 23 September wanneer die verdagtes om borgtog sal aansoek doen. Ramkisson-Kara het gesê die staat sal borgtog teenstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rynhardt ·

Mense, kyk al daai masjiengewere wat gebruik was by skietery by taxistaanplek! SA het oopgrense.Duisende onwettige wapens kom die land binne! Hoeveel wapens word ook nie gesteel van die SA weermag nie? Elke burger in SA moet baie bekommerd begin raak, maar dit gebeur nie.Rugby bly koning kraai in reenboogland! Ons mense slaap!

Ludwig ·

Ons mag beswaarlik ‘n .22-geweertjie aanhou, en ook net as ons ‘n magdom vorms voltooi en strepe redes verskaf hoekom ons so iets behoort te hê. Kan die streng vuurwapenwet dan nie ook toegepas word op mense wat sulke gevaarlike wapoens soos dié op die foto besit nie? Kan die goed nie by ons grense al voorgekeer en geknfiskeer word nie? Kan grenswag-hond enie gebruik word om die goed by oorkommers uit te snuffel nie?

RSA ·

Ludwig, doen maar die moeite met die papierwerk, en bewapen jou volgens die wet,
sodat jy eendag as die str@nt die waaier tref ,het jy darrem iets om jou en jou gesin te verdedig

HEVW ·

Stem saam Rynhardt, die sluimerendes en baljarendes sal moet ontwaak. Alles wat Ludwig na vra kan. maaaaaaar? fw sal antwoord!!!!!!!

CHRISTA ·

Ludwig, ek kan jou waarborg: die meeste masjiengewere is die AK47’s wat jarre lank voor 1994 deur die ANC ingevoer is en die ander is vuurwapens wat die polisie en weermaglede aan die misdadigers verkoop en dan as “verlore wapens” rapporteur. Kyk ‘n bietjie hoeveel wapens jaarliks “verloor” word!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.