Elf nou vas weens openbare geweld in Bloemhof

Argieffoto

Die polisie het al elf mense weens gewelddadige betogings in Bloemhof, Noordwes, in hegtenis geneem.

Luidens ʼn polisieverklaring sal nege verdagtes weer Vrydag in die landdroshof op Bloemhof op aanklagte van openbare geweld verskyn.

Die verdagtes, almal tussen die ouderdomme van nege en 41, het Donderdag vir die eerste keer in die hof verskyn, maar bly in aanhouding. Hulle is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle verbygaande motoriste se voertuie op die N12 met klippe bestook het. Hulle word van openbare geweld en oortreding van die Verkeerswet aangekla. Nóg twee verdagtes is Woensdag aangekeer weens openbare geweld en sal Vrydag in dieselfde hof verskyn.

Die inhegtenisnemings kom nadat 21 mense op 3 Oktober in hegtenis geneem is vir verskeie aanklagte wat verband hou met openbare geweld. Lede van die gemeenskap was blykbaar ontevrede oor dié reeks inhegtenisnemings, vandaar die tweede vlaag geweld op 22 Oktober.

“Die polisie neem met kommer kennis van individue wat werkers, insluitende munisipale beamptes, dreig. ʼn Werknemer van die Nood- Mediese Reddingsdiens is ook Donderdag met geweld gedreig,” lui die polisieverklaring. 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Marinda ·

Daar moet drastiese stappe geneem word teen alle betogers wat klippe gooi, geboue, bande of enige iets brand! Hulle moenie net vir ‘n dag toegesluit word en die volgende dag vrygelaat word nie! Ons belastingbetalers probeer bou en hulle breek af.! Alvorens die geweldadige betogings nie as ‘n ernstige misdaad geklassifiseer word en daadwerlik teen hulle opgetree word nie, gaan ons nooit wen nie!

Sobymykoolkop ·

Verstommend onnosel, stem vandag vir kommunistiese anc, brand môre als af vir dienste waarvoor jy nie betaal, hoeveel is die gemiddelde ik van ń anc ondersteuner nou weer?

Gert van Wierdapark ·

Eish – die 9 verdagtes is tussen 9 en 41 jaar jonk!! Indien elke een 4 jaar verskil, kan die ouderdomme 9, 13, 17, 21, 25, 29, 33, 37 en 41 wees!!! Hoe jonger die “oortreders, hoe groter raak die kans vir anargie in SA!

Phil ·

Ek stem 100% saam Gert. Daardie nege jarige moet by die skool wees en leer, maar verkies eerder om voertuie met klippe te gooi as om te leer. Sal ook eendag wanneer hy ouer is en nie werk kry nie iemand anders blameer omdat hy nie kan lees of skryf nie….

Johan ·

Die polisie moes net in die eerste plek hulle werk gedoen het, dan was dit nie nodig dat die gemeenskap dit vir hulle doen nie, en dan was daar niks van die nonsens nie. Daar is geen trots mee in die SA polisiediens nie.

Pieter ·

Maroelamedia moet die kommentaar stop sit ons kan nou maar kla en se net wat ons wil dit gaan ons niks help nie ons blanke nasie is slap g….t en klaar ons wil nie standpunt in neem nie ons los die ANC narre laat hulle met ons net maak wat hulle wil maar ons kla so hou op kla dit gaan ons net mooi niks help nie

Michelle ·

Kom ons hoop hul is nie net vas vir openbare geweld nie kom ons hoop hul kry tronk straf en ‘n swaar straf, jy kan nie uit gaan en onskuldig mense se goed na hartelus gaan plunder nie en net brandstigting veroorsaak waar jy wil nie, jy kan ook nie die gemeenskap kaap omdat jy ongelukkig voel nie hul moet gaan sit en praat soos groot manne maar ek glo nie in die geval nie die kind van nege moet verbetering skool toe gestuur word. Manne van veertig gooi lank nie meer klippe en saai verwoesting nie dis n skande hul moet in die tronk bly waar hul hoort.

George in Bloem ·

As die kinders die toekoms van die land is is ons in groot moeilikheid. Nege jaar oud en gearresteer vir openbare geweld? Skokkend.

SjN ·

Sapd moet minder monitor en n slag gewelddadig teen hul optree. Haal die belhamels uit.

m.d.r. ·

Almal vra tronkstraf……ek meen van nee…tronkstraf alleen gaan niks help nie. Wat nodig is tronkstraf met HARDEPAD…soos vanmelewe.
Tronkstraf is eintlik net ‘n lang vakansie vir hierdie soort geweldenaars. Daar is kos, televisie , rus en nogmaals rus.
Wat ons eintlik benodig is iets soos die Amerikaners se Chain Gangs….oranje oorpak aan, ysterbal aan die voet en hou die paaie skoon…….werk vir ‘n bord kos vanaand..!
Dink net wat sou hierdie boewe se vriende dink as hulle verby ry en hierdie tonele sien..?
Ek dink klipgooi en bande brand gaan ernstig heroorweeg word…..

Nou vas ·

Wie probeer vir wie flous met die stelling. As hulle “vas” is, sit hulle so rukkie in gevangenes terwyl die goed gevoer word. Hulle behoort nie vas te wees nie, hulle moes nie meer gewees het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.