Elf SA soldate in DRK skuldig bevind ná aanranding

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het Maandag bevestig elf soldate is in die Demokratiese Republiek van die Kongo skuldig bevind op aanklag van die aanranding van ʼn 17-jarige seun.

Die SANW het gesê dit is ʼn waterskeidingsaak in ʼn militêre hof. Altesaam 16 lede van die mag se ingrypingsbrigade (FIB) van Operasie Mistral in die DRK is vir die eerste keer aangekla onder die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Marteling.

“Van die oorspronklike 16 beskuldigdes is 11 skuldig bevind. Vyf van die beskuldigdes is vrygespreek,” het die SANW in ʼn verklaring gesê. “Alhoewel nie een van die beskuldigdes skuldig bevind is op aanklag dat hulle die Wet oortree het nie, is hulle skuldig bevind op aanklag van aanranding. Hierdie saak baan die weg vir toekomstige toepassing van die wet.”

Die voorval het in Januarie vanjaar plaasgevind.

“Drie Suid-Afrikaanse soldate het ʼn Kongolese 17-jarige tiener aangekeer. Hy is daarvan verdink dat hy plastiekdromme en -emmers van die Suid-Afrikaanse soldate gesteel het. Hulle het hom na die weermagbasis geneem waar hy aangerand is. Hy het geringe beserings opgedoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

HPV ·

As 11 soldate jou aanrand en jy het slegs geringe beserings dan moes jy of goed kon koes, of goed kon baklei, of vinnig kon hardloop of jy was nie eintlik aangerand nie,

Johan H. ·

Of dis die beste wat die soldate kan doen is om n 11 jarige aan te vat,,, Dan wil die weermag Mr, Donald Trump aanvat,bbababhahahahah

Neels ·

Die 17 jarige stap weg met geringe beserings dan wonder ek hoe erg het hy daai 11 soldate gekarnuffel

Staak saam ·

Daai kinders in die DRK is nie jou speelmaat nie, die soldate sal seker nou staak vir meer danger pay.
Ons moet net onthou, so paar naar terug het die weermag midaljes uit gedeel vir die dapper soldat wat teen die kinders baklei het.

Sakkie ·

Elf teen een. Die verhouding klink omtrent reg vir Suid Afrikaners.

Billik ·

dis hoe ons hulle ken, geluk manne .. in SA kom julle NIKS oor as julle mense aanrand en klap en slaan en skiet nie . selfs ‘n weermagman wat ‘n onskuldige vrou op ‘n motorfiets trompop geskiet het het NIKS oorgekom nie . VAT HULLE VAS IN DIE DRK … TRONKTOE met hulle asb . in SA kom hulle niks oor nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.