Elf SA universiteite onder top50 in Afrika

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Die Universiteit van Kaapstad beklee die topposisie onder Afrika se topvyftig universiteite aldus die webwerf, Answers Africa.

Ikeys word deur die Universiteit van Pretoria gevolg, met die Universiteit Stellenbosch in die derde plek. Wits beklee die vierde plek, met Unisa in die vyfde plek.

Die Universiteit van KwaZulu-Natal in die elfde posisie is die volgende Suid-Afrikaanse universiteit wat die top50 gehaal het. Rhodes is in die 12de posisie met die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) in die 15de posisie. Die Universiteit van Johannesburg is in die 17de plek met die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in die 22ste plek.

Noordwes-Universiteit in die 28ste plek is die enigste ander Suid-Afrikaanse universiteit wat die top50 kon haal.

Die volledige lys kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jacques ·

Om die waarheid te se is dit nou nie veel van n prestasie nie, gemeet aan Afrika standaarde. Dit sal interesanter wees om te sien waar staan ons in die wereld.

elize naude ·

jacques
stem volkome saam! ;-) inteendel… dit is vir my uiters teleurstellend dat suid afrikaanse universiteite nie almal onder die eerste 20 ist nie!

Rupert Ashford ·

Daar was ‘n tyd wat Wits en Ikeys onder die top 100 in die wereld was. Wonder waar is hulle vandag.

Frans ·

Dit is duidelik dat die wêreld nie Suid Afrikaanse universiteite hoog aanslaan nie.
http://www.topuniversities.com rangskik +- 700 universiteite met ‘University of Cape Town,hoogste geplaas op 171,Stellenbosh 302 ,Witwatersrand 331,Pretoria en Rhodes tussen 501-550,Johannesburg tussen 601-650 en ander laer af.

Dit is nie goeie nuus vir Suid Afrika se gegradueerdes nie.

Klaas van Deventer ·

Dis werklik skokkend dat die Vrystaat nie eers onder die top 50 universiteite in AFRIKA is nie. Die rektoraat daar het wragtig die bal lelik daar gedrop wat die akademie en navorsing betref…

Wynne Strydom ·

Weet nie of die rubriek die papier werd is waarop dit geskryf is nie! Jammer ek glo nie veel van wat ek lees. Rohdes must fall, en hulle Ingelse maats jammer skrywer?

Johan 2 ·

Hahaha…. .Unisa 5de en WITS 4de, hoe swak is die ander dan!

candice ·

Universiteit v. Kaapstad is 124 ste in die wêreld uit 401 universiteite wat gelys is.

sarie van heerden ·

Daar was ‘n tyd toe Suid Afrikaanse universiteite teen bekende en erkender universiteite wereldoor meegeding het. As jy vandag buiteland toe gaan met jou graad verwerf na 1994 vanaf Suid-Afrika moet jy of jou graad oordoen, ‘n jaar ekstra klasloop of dit word sommer geignoreer. Af en af en af is al paadjie wat ons ken en dan is ons nog boonop trots op die “prestasie”!

candice ·

Universiteit van Kaapstad is 124ste in die “Top Universities in the World” uit die 401 wat gelys is.

Heilna du Plooy ·

Hierdie lys korreleer glad nie met die statistieke wat binnelands van die Suid-Afrikaanse universiteiten verskaf word nie, statistieke waarin alle Kategorieë van prestasie gelys en vergelyk word. Die gesag daarvan is myns insiens verdag.

AMY ·

En dis nou ‘n prestasie? Rêrig!!! Gemeet (ná 1994 natuurlik) aan WêRELD STANDAARDE, lyk ons maar pateties (nie dat ek verbaas is nie). Meet ons weer oor 20 jaar (as daar iets gaan oorwees), dan gesels ons weer. As ons skole en Universieteite nog enigsins gaan staan.

ertjie ·

Unisa se aansoek, registrasie en algemene administrasie stelsels is al vir die afgelope 5 maande in totaal en alle chaos en niemand blyk bevoeg genoeg te wees om dit herstel nie. As so n lamsakkige instansie 5de plek beklees, is daar absoluut geen hoop vir hierdie kontinent nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.