Elf verkeersbeamptes vas

Foto: Valke

Foto: Valke

Die Valke in Mpumalanga het oor die naweek 11 verkeersbeamptes in die provinsie in hegtenis geneem.

Lt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê die beamptes is in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie en regsverydeling. “Die Valke het opgetree nadat inligting ontvang is dat talle beamptes by korrupte optrede betrokke is.”

Sekgotodi het gesê van die beamptes is by hul huise in hegtenis geneem terwyl ander hulle in die teenwoordigheid van regsverteenwoordigers by polisiestasies oorgegee het. “Die 11 beamptes, tussen 29 en 51 jaar oud, sal Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.”

Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het intussen die inhegtenisnemings verwelkom. “Ons kan nie toelaat dat sekere korrupte elemente afbreuk doen aan die bestaande vooruitgang om ongelukke te laat afneem en padsterftes te verminder nie.”

Shongwe het gesê die beamptes wat omkoopgeld van motoriste aanvaar, pleeg ʼn misdaad en moet soos misdadigers hanteer word. “Hulle dra indirek by tot swak bestuurgedrag deur motoriste by wie hulle die omkoopgeld vat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann Marx ·

Maar die “omkopers” bly op vrye voet? Hier by ons is dit algemene kennis dat verkeersbeamptes wat ‘n taxi aftrek ‘n lys van 65 punte het wat nagegaan moet word. Die taxi bestuurder WEET sy taxi sal dit nooit maak nie…..daarom gee die verkeersbeampte vir die taxi bestuurder ‘n lêer wanneer hy stop, die verkeersbeampte loop om die taxi, en vat sy lêer terug….met R500 in. Die taxi bestuurder is tevrede om dit te doen, want hy bly op die pad en kan bly passasiers aanry, en dis die passasiers wat eintlik maar die R500 betaal. As die verkeersman 10 taxis per dag so stop? R500 x 10 = R5 000 x 20 = R100 000,00 per maand bo-op sy salaris….belastingvry.

GES ·

As hulle skuldig is, sluit hulle toe sonder ‘n keuse van ‘n boete.

Piet Pompies ·

Dit is al om bekend dat die verkeersbeamptes in en om Nelspruit omkoop geld vra, ek het dit self ervaar, gelukkig het my “dash cam” die sogenaamde oortreding afgeneem en toe ek die beampte daaroor inlig het die “I can fine you R2000” verander na “just go” toe. Met ‘n ander geleentheid moes ek die KFC bestelling by ‘n stopstraat van die hand wys, die dame wou iets te ete gehad het in ruil vir die “not dead stop” by die stopstraat. Ek het myself net dom gehou en is daar weg met “just go”

Gesiggie ·

Ja nee korrupsie”” dit gaan te lekker in die land van ons…. as n verkeersbeampte nie eers meer sy werk uit eerlikheid kan doen? hoe nou gemaak” maar om te bripe” is mons n maklikker uitweg, mense sal eerder R200 Wil uitgee as om n rekening van R2000.00 Te betaal… ek hoop hierdie slim verkeersbeamptes… leer so bietjie n les… en as jy hul soek… waar is hul? sit onder n koelte boom en Relax…..

parratjie ·

Ons pragtige land loop loshande voor met korrupsie. Wat n pragtige standaard wat ons handhaaf. Mooi man daar is wette maar dit word nie gehou nie. As hierdie padvarke in Australia moet bly slaap hulle elje aand agter die tralies, want daar is wette en dit word nagekom.

Tiger ·

‘n Dashcam is ‘n baie goeie ding om in te bele se ek!Ons sal ook een moet kry en gou.Hy kan mens uit ‘n moeilike situasie red want hy neem beeld EN klank op.Maar dan moet mens hom werklik gebruik en die beeld materiaal van oorteders op die pad by die verkeers owerhede kan kry sodat hulle vasgevat kan word.As mense begin bang raak dat daar ‘n kamera hul ootreding kan vasle op beeld met datum en tyd by sal hulle versigtiger bestuur en ongelukke sal drasties afneem.

Lee ·

Bring die ou verkeersmanne terug. Hierdie nuwe lot is almal skelm en slapgatte. Sit net op hulle agterstewe en doen niks nie. Dis hoekom dit deesdae so in ons land gaan.

Poplap ·

Wonder by wie het die nuwe spietkops al die trieks geleer.

leon harrington ·

baie mooi maae wat van die motoriste wat omkoopgeld aanbied of selfs betaal,hulle moet ook toegesluit word.party mense in die land het geen ruggraat nie want hulle wal doen wat hulle wil en as hulle gevang word dan is hulle nie mans genoeg om pa te staan vir hulle eie aksies nie.

Tammy ·

Dit lyk my die amptenare het van Vrydag af baie goeie dinge gedoen. Trots om hiervan te hoor. Vang die boggers wat nie ore het nie en sluit hulle op. Dalk, net dalk leer hulle daaruit.

Susa ·

Vanaf Komatipoort tot in Nelspruit gaan dit baie erg…die Calke kan gerus daar toeslaan !

Chris ·

Dit is die pad verbruiker se eie skuld dat daar korrupsie onder die Verkeersbeamptes is!!! Jy het die reg om te besluit wil jy deel weer van hierdie korrupte omkoop stelsel deur nie verantwoordelikheid te neem vir JOU EIE AKSIES EN JOU BOETE TE AANVAAR en of jy hierdie bose kringloop gaan stuit. Jy wat die “bribe” betaal is net so skelm, korrupsie en pateties. Jy moet saam gaan tronk toe…

Louis Claassen ·

Nadat ek gister die nuus gelees het oor die omkopery deur Taxi bestuurders en die verkeers beamptes het ek dit self gesien . Die Valke kan maar n struk stel net buite Karino op die N4 het ek gesien hoe kom geld deur die venster en word in die sak gedruk . Maputo drywers betaal baie gelde aan die verkeers beamptes . Ek ry die N4 na Komatipoort gereeld en sien hoe word hulle afgetrek Maputo drywers sorg vir hulle bonus reg deur die jaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.