Ellispark stel ondersoek in ná beweerde rassevoorval

Ellispark-stadion (Foto: Gauteng Film Commission)

Ellispark-stadion het in ʼn verklaring gesê hy stel ondersoek in ná ʼn onderonsie tussen ʼn groep toeskouers Saterdag ná die Curriebeker-wedstryd tussen die Leeus en die Haaie.

“Die stadion neem kennis van ʼn moontlike voorval van rassemishandeling wat Saterdagaand ná die Curriebeker-wedstryd tussen die Xerox Goue Leeus en die Cell C Haaie by Emirates Airline Park (EAP) plaasgevind het,” lui die verklaring.

“Die betrokke voorval is nie by ons bedryfsentrum, soos per ons standaardprosedures, aangemeld nie. Beeldmateriaal word tans bestudeer om die feite na te gaan. Alle voorvalle moet by die bedryfsentrum of die naaste veiligheidsbeampte aangemeld word.

“Ellispark-stadion wil te alle tye die veiligheid van al sy besoekers verseker.

“Die noodtelefoonnommers en SMS-lyn word gereeld op die groot skerm vertoon sodat toeskouers onaanvaarbare gedrag kan aanmeld. Die Leeus-rugbymaatskappy en Ellispark-stadion duld nie enige vorm van haat nie, waarvan rassisme die grootste is.

“Die voorval word ondersoek en alles word gedoen om seker te maak die oortreders word vervolg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Annette Stander ·

Alweer rassisme. Dit was maar net weer ‘n dronk spul, swart en wit. Ek word noual naar daarvoor!

Hanna ·

As dit as n rassevoorval beskryf word, neem ek aan die oortreder is wit en die slagoffer swart. Ag asseblief! Raak ook nou afgesaag.

Michael ·

Daai woord moet geskrap word uit al die woordeboeke dit het n gruwel woord geword om nog verder teen wit mense te diskrimineer en die grootste gebruiker ban daai woord is die media hoekom???

gatiep ·

Die rassisme goed begin nou belagrik raak.Die mense wat die grootste rassiste is kla alewig oor ander mense wat kastig rassisties is.

Eish ·

Stem en kan n wye betekenis hê. Dis dalk n oor en weer mishandling.

Herman ·

Sal graag wil weet in watter jaar daardie foto geneem is, want Ellispark lyk al vir baie, baie jare nie meer so nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.