Ellisras-brand: Jayden sterf ook

Jayden en Katelint Da Costa voor die brand. Foto: Facebook

Jayden en Katelint Da Costa voor die brand. Foto: Facebook

Klein Jayden da Costa, die eenjarige seuntjie wat erge brandwonde opgedoen het toe sy ouerhuis in Ellisras in ’n brand verwoes is, is oorlede.

Jayden is Sondag omstreeks 10:10 dood nadat daar Saterdag tydens toetse vasgestel is dat hy geen meer breinaktiwiteit het nie. Jayden is Woensdagaand per helikopter van die Makweng-hospitaal in Polokwane na die Muelmed-hospitaal in Pretoria oorgeplaas.

Katelint (8), Jayden se sussie, het op 10 September aan haar brandwonde beswyk. “Ek dink sy het hard baklei, maar die pyn was te veel. Sy kon nie meer uithou nie. En toe het haar hartjie gaan staan,” het Sibreena da Costa, die kinders se ma, destyds aan Maroela Media gesê.

Katelint en Jayden het vroeër die maand ernstige brandwonde opgedoen toe hul ouerhuis in Ellisras deur vlamme verwoes is. Sibreena het gesê sy het die aand omstreeks 22:00 wakkergeskrik en gesien die kamer was aan die brand.

Haar verloofde en pa het ook brandwonde opgedoen.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Katelint en Jayden Da Costa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

erika ·

Liewe Jesus hoe verstaan mens die dinge. Mag God die mamma styf vashou ons land sal bid vir haar. Sterkte mamma baie sterkte

Strydom-:Stryslim eerder ·

Dit is verskriklik hartseer, enige ouer se nagmerrie! Rus in vrede geliefde kinders!

SNEL ·

Goeiste, dis skokkend wat die gesin deurmaak. Ek glo baie se harte is stukkend saam met julle met die aanhoor van die slegte nuus. Baie sterkte aan julle almal, mag die Here julle dra deur die moeilike tyd.

René ·

Vertroosting Heilige Gees en hou familie en mamma styf vas. Amen

Charmaine ·

Baie, baie sterkte aan mamma Sibreena, Oupa Jose en boetie. hulle is nou veilig by pappa Jesus sonder enige pyn en lyding. Ons dink aan julle met die groot verlies van 2 engeltjies.

Charmaine

wilma ·

Dit is baie baie hartseer…… Daar is nie woorde wat jul pyn sal beter maak nie weet dat ons Hemelse Pappa jul hierdeur sal dra… Baie sterkte

Sonja ·

My innige simpatie, my hart gaan uit vir julle. Julle is in my gebede.

Sonja ·

My innige simpatie, my hart gaan uit vir julle. Julle is in my gebede. Baie sterkte.

issabellA ·

This is terrible, my heart gOes Out tO this family, that is the wOrst pain imaginable lOsing a child. My thOughts and prayers are with yOu all,God’s peace and blessings with the parents.

Sonja ·

My innige simpatie, my hart gaan uit vir julle. Julle is in my gebede.

candice ·

Bitter bitter hartseer! Daar is geen woorde op aarde om hierdie mamma se hartseer te beskryf ni. Gebed is jou kommunikasie met God en jou kindertjies. Hul is veilig by God nou en drink van die lewende waters. Ons almal bid vir jou en jou familie in die verskriklike moeilike tyd. Mag die Here jou dra waar jy ni meer kan loop nie.

Charlene ·

Liewe Jesus dra asb die mamma deur hierdie moeilike tyd, een troos is klein Jayden is nou saam met sy sussie.

Yvonne ·

So ongeloooooflik sad! Mag God julle deur hierdien ongelooflike seer tyd dra. Wees getroos daaraan dat julle kosbare kindertjies voor die Here se voete sit, hulle ken nou nie meer pyn en lyding nie, en sing saam in die Hemelse Kore. My Vader staan asb stil by hierdie familie en dra hulle deur hierdie moeilike tydperk. Ons gebede is met julle!

Jeanette ·

o, my hart gaan uit na julle die pyn is ondraagbaar maar die Here sal julle bystaan in die pyn baie sterkte aan julle, die tweetjies is nou saam by Liewe Jesus.

Ook 'n ouer ·

My kindertjies is nabygenoeg aan daai ouderdomme en my seuntjie is ook my jongste en my baba. Dis bitter hartseer. Ek weet nie wat ek sal doen as ek skielik altwee my kinders so na mekaar moet verloor nie…

Ek bid vir die gesin. Ek huil saam julle, Die artikels het my diep geraak.

ouer ·

Liewe Vader, al wat ek as ma vir U kan vra is vertroos en dra hierdie mamma deur die hartseer tyd wat vir haar voorlê. BAIE STERKTE!!!!!

cornelia ·

ek is jammer vir die ouers en die Familie.
dalk net n onbenullige vraag.
wat het die brand veroorsaak ?.

seugnet ·

Dit is verskriklik hartseer
ONS DRA MAMMA OP AAN ONS HEMELSE VADER.

Leonie Lombard ·

My man het verlede jaar 15 Maart 2de en 3de graadse wonde oogedoen met petrol en vuur. Die merke sal vir ewig daar wees. Die pyn was onverdraaglik. Ek dank die Here hy kan nog vir ons sorg. Die pyn met brandwonde, is ongelooflik erg. Ek glo dit is die ergste wat bestaan. Die pyn gaan nooit weg, mens raak net gewoond daaraan. Ek is bitter jammer vir die gesin se pyn en hartseer. Ek volg die storie van dag 1 af. Al waar julle nou rustigheid kan vind (glo dit of nie), is in God se arms. HY is die enigste 1 wat julle kan red, kalmte gee, en bewaar in die donker tyd van jul lewe. Bieg nou, en laat GOD vir julle sorg. Rus in vrede liefie kinders, nou is al julle pyn en lyding weg. God seën julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.