Ellisras-man word vermis

Danie Joubert

Danie Joubert

Jurie Hendrik (Danie) Joubert van Lephalale (Ellisras) in Limpopo word sedert Donderdag vermis.

Charmain Robbertse, ʼn vriendin van die familie, het Saterdag aan Maroela Media gesê Danie was Donderdagoggend op pad werk toe en is laas by die Sasol-vulstasie in Lephalale gesien.

Sy motor, ʼn groen Uno met die registrasienommer FPK935NW het ook spoorloos verdwyn.

Danie is getroud met Terri en het twee kinders, ʼn driejarige en ʼn sesjarige.

Enigiemand met meer inligting oor waar Danie homself bevind word versoek om Terri te skakel by 072 860 1613 of Charmain by 076 714 5167.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.