Elsenburg: Interdik kom teen studente wat ‘nie oplossing wil vind’

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die Wes-Kaapse departement van landbou gaan om ʼn hofinterdik aansoek doen om te verseker dat lesings by die Elsenburg-landboukollege normaal kan voortgaan sonder ontwrigting deur betogers.

Dit kom nadat ʼn gewelddadige betoging Dinsdag by die landboukollege uitgebreek het, waartydens studente deur betogers met swepe en sambokke geslaan is. Die betogers was glo lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF).

Petro van Rhyn, woordvoerder van die departement, het gesê hoewel die kollege bereid is om ʼn inklusiewe benadering tot onderrig te volg waar alle studente se griewe hanteer word, is daar ʼn groep studente wat geen begeerte het om ʼn oplossing te vind nie. “Hierdie groep studente weier om deel van die bemiddelingsproses te wees. Dit is hulle reg. Ons sal egter nie toelaat dat enige student die voortsetting van onderrig by die instansie ontwrig nie,” het sy gesê.

Van Rhyn het ook gesê behalwe vir die interdik, het die instansie ook bykomende veiligheidsmaatreëls by die kollege ingestel om te verseker dat orde gehandhaaf word en lesings kan voortgaan.

“Ons betreur die optrede van hierdie klein groepie studente en die eksterne partye wat hulle ondersteun, asook hul gewelddadige optrede [Dinsdag].  Van ons kant af sal ons die oortreders sover moontlik probeer identifiseer en indien hulle studente is, sal daar beslis dissiplinêr teenoor hulle opgetree word,” het sy gesê.

“Ons moedig ook studente aan wat deur die aksie geraak is, om kriminele klagtes in te dien sodat die polisie kan optree.  Hulle is ook welkom om klagtes by die bestuur van die Elsenburg-kollege aanhangig te maak.”

Volgens Van Rhyn is ʼn taakspan aangestel om met studente en sleutelrolspelers te vergader om ʼn nuwe taalbeleid by die kollege te ontwikkel. Onafhanklike bemiddelaars is ook aangestel om die transformasieproses by die instansie te fasiliteer en konflikoplossing tussen studente, dosente en administratiewe personeel te bewerkstellig.

“In die kort termyn sal lesings gedupliseer word sodat dit in beide Engels en Afrikaans aangebied word op verskillende tye. Dit gee studente die keuse om te kies met watter taal hulle die gemaklikste is. Die ontwikkeling van ʼn nuwe taalbeleid is reeds aan die gang en vorm deel van die breër transformasieproses wat geïmplementeer word om inklusiwiteit en kwaliteitonderrig te bevorder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Maggie ·

Die Kollege moes vroeer opgetree het!! hoe durf hulle sulke dinge toelaat, julle papbroeke.

Hennie ·

Ek stem saam, Maggie.

Verder, dit gaan beslis nie om ‘n voertaal nie. Daar is ‘n baie deursigtige agenda agter al hierdie aksie by die US en Elsenburg. Hou maar dop.

Elizabeth ·

Die agenda… die EFF, skadu-handlangers van die ANC – dis wie daar agter sit.

Frank ·

Nee Elizabeth, eerder die ‘New World Order’ – lees ‘n boek of 2 oor hulle… Afrikaners pas nie in by hul planne nie…

Rita ·

Die kamtige studente wat die oproer veroorsaak word aangery, hulle is nie eers studente nie. Niks in hierdie land mag werk nie. Hulle sal aanhou met oproer, al is elke skool en elke universiteit engels. Alles moet tot op die grond afgebreek word. Dan eers sal hulle tevrede wees.

EKSDOM beurshouer ·

Dis so waar Rita, wie is ons om te oordeel. Ons bly ook in Suid Afrika. ??

Pieter V ·

Dit is so dat as betogers aan gery word, hulle gewoonlik niks met die betrokke saak te doen het nie,dis misdadig, en is dit nie snaaks dat waar die EFF betrokke raak, daar altyd moeilikheid is maar dit pas die ANC , nou doen die EFF die werk vir die ANC en op die manier hou die ANC sy kant skoon ,veral nou so kort voor die munisipale verkiesings,eintlik is hulle bond genote.

Kaspaas ·

Hoekom as dit by wittes kom moet altyd vir n interdik aansoek gedoen word om die polisie te dwing om te doen waarvoor hulle in alle geval betaal word wn dit is om lewens te beskerm ongeag ras. Duidelik voers SAPS net hulle mandaat van die regering uit en beskerming van blankes tel nie daar onder.

Maddox ·

Ek hoop net dat die jong wit man wat gister so geslaan is met die sweep ‘n massiewe eis instel teen die kollege. Hulle moes sorg dat die studente veilig is om te studeer. Hy moet ook die een wat hom geslaan het laat aankla van aanranding. Hoog tyd dat die blankes ophou om hierdie jammer- dat- ek- lewe houding te openbaar, en op te staan vir sy regte.
Ons is niemand se skuwwies nie!!!!!!

VerVanRyn ·

Nou moet die wit man leer deur sy toenemende toetrede en blootstelling tot openabare protes dat hy nooit onvoorbereid moet wees nie. As die wetteloses gewapend optog doen moet die wetsgetroues hulself beskerm. Om rond te loop in ons “veilige en welvaarende post-apartheid” samelewing sonder om heeltyd gereed te wees vir geweld is baie onverantwoordelik. Afrikaans is onbetwyfelbaar die teiken van ‘n politiese agenda en die agenade raak al meer geweldadig van aard. Net mamparas en dwase kan dit ontken en net mamparas en dwase maak nie gereed vir moeilikheid nie.

tina ·

Al hierdie betogings, gaan om die hele land se institute van skole, kolleges, universiteite, tot in die sake sektor, sover en soveel as moontlik in chaos te dompel en te ontwrig. Voeg daarby die verswakte toestand van die staat en-semistaat instansies, plaasmoorde ens. – dan weet jy dat hierdie spesifieke politieke party met die rooi berets, een doel voor oe het en dit is om hierdie land in anargie te dompel. NIKS maar NIKS het hul bygedra om te help ander as om te vernietig.Hulle is nie daar om probleme op te los nie – HULLE IS DIE PROBLEEM.
Dat sy leier niks tussen die ore het as net om te kyk hoe ver hy en sy trawante hul spiere kan bult. Dit lyk vir my asof die regering maar te bly is, dat hul so ‘n rukkkie blaaskans van die lastige vlieg kry, deurdat daar nie grootliks op hul ( rooi berette) gekonsentreer en opgetree word nie. Vandaar weer die aandag op ras en taal te plaas.
Intussen word daar niks aan hierdie man en sy gepeupel gedoen nie.
Hy is soos ‘n weghol brand wat gekeer moet word.
‘n Mens kan net nie anders as om te wonder, buiten die invloed van Robert Mugabe, speel hierdie hele donker Afrika in die hande van ander wereld-moondhede en gebruik ongeletterde mense….. en die wapen? Natuurlik die haat van velkleur soos die een student sy gevoel geopper het in die program: LUISTER.
Sy spesifieke kwessie was om God te vra hoekom God hom swart gemaak het. Dan besef ‘n mens dat daar diepliggende geestelike, sosiale en emosionele probleme le en hierdie gedrag wat manifesteer, aangespreek moet word.
Hierdie situasie word uitgebuit deur politieke agendas van partye, om hul laakbare doel te bereik.

Winston ·

Onthou die volgende wat gaan gebeur is dat ons God beskuldig gaan word vir n rassistiese Skepper.

Dup du Plessis ·

Stem saam Winston, en dan moet baie nog betaal vir haarstukke en pruike om lang hare te kan he.

Izzy ·

Stem saam met Maddox – dagvaar die landbou kollege want hulle moes die studente se veiligheid waarborg. Dink nie die klomp lafaards het ooit gedink dat die boerseuns hulle sou tee staan nie… Welgedaan aan elke brawe jong man wat opgestaan het vir SY REG – ja, ons het ook ‘n reg!

Ronell Wilken ·

Dit is eksamtyd …. die wetters het nie geleer nie, nou mag niemand eksamen skryf nie, want hulle weet hulle gaan dop. Dit gaan oor dom nie oor taal ras of klas nie. Staan vas en bring dinge tot orde sodat die kinder wat hard gewerk het deur die jaar tot hulle reg kan kom.

Theresa ·

Breinloos. Wat maak julle op Universiteit? Julle weet seker julle gaan druip en dis nou eksamentyd – nou gooi julle tantrums. Tipies – wil alles altyd met geweld regmaak. En onthou die broodjie wat altwee kante gebotter moet word.

Kaspaas ·

Nou se dir Stupid EFF rasiste hulle het net hulself verdedig teen n rassistiese aanval van wittes. Raai wie gaan die media en breinloos regering glo.

Winston ·

Dis hoekom die land lyk soos hy nou lyk. Net nog biki brand en moor en ons is terug by punt A. Jan se aankoms in 1652.

Strydom-:Stryslim eerder ·

Afrikaans=Rasisties? Dankie aan die dwase, julle laat ons trotse Afrikaners net meer saam staan! Afriforum doen puik week, dankie aan Julie!

tina ·

Toe ek gisteraand die Arikaanse nuus kyk..het die opstokers gekom MET SAMBOKKE.
Nie solank terug het die myners ( ook opgesweep deur die EFF ) vergader by die berugte koppie, in Marikana, OOK MET PANGAS en ander wapens, onder andere gewere en wat alles. Bloeddorstigige klomp!
Ons jongmense, by die landbou kollege, ONGEWAPEND, moes hulle trotseer.
Die vraag is: Terwyl die myners gewapend was moes die polisie nie hulleself ook maar verdedig? ..en weet ons watter relaas daarvan gemaak is,alhoewel hierdie klomp myners bloed wou sien vloei daardie dag.
Hierdie intimidasie moet NOU hokgeslaan word, anders is daad ‘n 2de Marikana.
Die EFF-leier Julias en sy trawante moet gestraf word vir hulle opruiheid; teen die burgers van hierdie land
Ek is nie seker nie (is nie ‘n politikus ) en opper maar net ‘n gedagte: Miskien – as daar soiets is – hulle daag voor die wereldhof?

tina ·

Toe ek gisteraand die Arikaanse nuus kyk..het die opstokers gekom MET SAMBOKKE. (wat anders as met die doel om seer te maak.
Nie solank terug het die myners ( ook opgesweep deur die EFF ) vergader by die berugte koppie, in Marikana, OOK MET PANGAS en ander wapens, onder andere gewere en wat alles. Bloeddorstigige klomp! met die doel om dood te maak.
Ons jongmense, by die landbou kollege, ONGEWAPEND, moes hulle trotseer.
Die vraag is: Terwyl die myners gewapend was moes die polisie nie hulleself ook maar verdedig? ..en weet ons watter relaas daarvan gemaak is,alhoewel hierdie klomp myners bloed wou sien vloei daardie dag.
Hierdie intimidasie moet NOU hokgeslaan word, anders is daar ‘n 2de Marikana.
Die EFF-leier Julias en sy trawante moet gestraf word vir hulle opruiheid; teen die burgers van hierdie land.
Ek is nie seker nie (is nie ‘n politikus ) en opper maar net ‘n gedagte: Miskien – as daar soiets is – hulle daag voor die wereldhof?

Izzy ·

Stem saam – dagvaar die landbou kollege asook elke sweep swaaier.Baie trots op elke boerseun wat hulle nie laat rondstamp het nie….die comrades het nie gedink voordat hulle daar in gestorm het nie…..duidelik het hulle gedink hulle gaan weer net vat en verwoes soos hulle wil.

Dup du Plessis ·

Maar die beste nog is wat hul spreekster vanaand op tv-nuus kwytgeraak het. Daar is aan haar gevra of hulle nie nou tevrede is omdat klasse as tydelike reeling 100% in Engels en dan weer later 100% in Afrikaans aangebied word. Sy se toe dit sal steeds nie aanvaar word nie, dit moet alles slegs in Engels aangebied word want anders kry die Afrikaanssprekendes onderrig in hul moedertaal. Nou my dooie Donder…dag moes hulle dan nie gestaak het om in hul eie moedertaal onderrig te ontvang nie. Inhalig en jaloers op alles wat Afrikaans is…..en werk soos wat dit moet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.