Elsenburg-studente ruk op vir Afrikaans

Foto: AfriForum Jeug

Foto: AfriForum Jeug

Honderde studente van die Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut het ʼn optog gehou waartydens ʼn memorandum aan die instituut se bestuur oorhandig is.

Volgens AfriForum Jeug het die optog gevolg nadat die bestuur die afgelope tyd versuim het om op te tree teen studente wat medestudente van hul reg tot onderrig op onregmatige wyse ontneem het. Die studente het ondersteuning vanaf twee eksterne organisasies, AfriForum Jeug en Adam Tas Studentevereniging, bekom nadat hulle raadop was.

Talle skrywes, waaronder aanmaningsbriewe, mosies van wantroue asook ʼn lys van besware, is die afgelope tyd aan die bestuur gerig. Die bestuur het Maandag, 17 Augustus egter op ʼn niksseggende wyse hierop gereageer.

“Die brief van die bestuur was duidelik ʼn poging om die belanghebbendes te paai. Dit is duidelik dat hulle die probleem vermy met die hoop dat dit ʼn stille dood sal sterf,” het Pieter Burger, voorsitter van die Adam Tas Studentevereniging, gesê.

Indien die bestuur versuim om binne ʼn redelike tyd aan die studente se eise te voldoen, gaan dit ernstige finansiële en regtelike gevolge vir Elsenburg inhou.

“Afrikaans as onderrigtaal is elke student se grondwetlike reg. Hier is duidelik ʼn poging om van Afrikaans ontslae te raak, ons sal nie bystaan en toeskouers wees nie. Die massas studente wat opgedaag het, toon duidelik dat studente Afrikaans wil behou,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

CHRISTA ·

Mooi so!! Die Engelse kon nie eers ons taal versmoor nie – moenie dat hierdie regering dit regkry nie!! Staan op en laat van julle hoor!! Hulle dink mos net hulle bekke is groot – hulle het ONS nog nie gehoor nie!!!

Janine N ·

DIT maak my trots! Jong volwassenes wat opstaan vir hul regte. Pragtig!

Des Karsten ·

Wat is dié mense se probleem? Hoekom gaan hulle nie vanuit die staanspoor na ‘n Engelse instelling nie. Ek dink hulle is moedswillig.

Winston ·

Pragtig julle oukies!! Julle maak n man trots. Ons tree nie normaalweg so op nie, maar ons is nou in Rome. Ons maak soos hulle en dis n goeie begin. Hoop die seniors word ook n slag wakker!!

Sarie ·

Ek hoop die Afrikaanse studente op die kampus van die Universiteit wil ook hulle voorbeeld volg.

FM ·

Mooi so Afrikaanstaliges. As hulle wil kan toy toy, dan doen julle dit net beter!!! En nou hoop ek maroela plaas my kommentaar, want dit is mos in die belang van taal en kultuur. Is dit nie? Dankie.

FM ·

Dit help nie ek tik my kommentaar in nie, want julle plaas dit nie. Erens is groot fout!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.