Die twee 13-jarige seuns van Elsiesrivier in Kaapstad wat sedert Sondag vermis word nadat hulle met ‘n vlot in die see by Paardeneiland beland het, is nog nie opgespoor nie.
“Daar is nog nie nuwe inligting in die saak nie,” het kol. Tembinkosi Kinana, ʼn polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê.
Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het Sondag gesê vyf seuns van die omgewing het op ‘n vlot in die Swartrivier gevaar toe dit in die oop see beland het.
Die seuns het sowat 100 meter die oop see in, van die vlot af gespring om terug te swem strand toe. Twee van die seuns het in die moeilikheid geraak en onder die water verdwyn.
Die ander drie seuns, almal 14 jaar oud, kon daarin slaag om tot by die strand te swem.
Die drie oorlewendes is in ‘n stabiele toestand na ‘n hospitaal geneem vir behandeling. Die families van die vermiste seuns ontvang berading.
Lees ook:
Seuns vermis in see by Paardeneiland