Elton Jantjies op lughawe in hegtenis geneem

Elton Jantjies. Foto: GB Jordaan.

Die Springbok-losskakel Elton Jantjies (31) is Sondagoggend op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. Volgens kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, hou sy inhegtenisneming verband met “kwaadwillige saakbeskadiging”.

“Die polisie kan bevestig dat ʼn 31-jarige man op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is vir die opsetlike beskadiging van eiendom. Die man is by sy aankoms op die lughawe in hegtenis geneem.

“Die verdagte was op ʼn internasionale vlug van Dubai na Suid-Afrika toe hy na bewering eiendom wat aan die lugdiens behoort beskadig het.”

ʼn Woordvoerder van SA Rugby het aan Maroela Media bevestig dat hulle van die inhegtenisneming kennis dra, maar het nie verder oor die voorval uitgewei nie.

“Ons is van Elton se inhegtenisneming in kennis gestel, maar is tans nog besig om inligting in te samel. Ons kan nie enigiets verder in dié stadium sê nie.”

Dit is nie duidelik of Jantjies al formeel aangekla is en steeds in aanhouding is nie.

Jantjies was in 2019 deel van die Springbokke se Wêreldbekerspan. Hy speel tans vir die NTT Red Hurricanes in Japan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hannelie ·

Ja-nee party mense kan hul ook maar net nie gedra nie!!!! Never liked him.

T ·

Maar geboue en trokke kan afgebrand word en niemand word in hegtenis geneem nie,maar Elton word(Praat nie goed wat Elton gedoen het nie).Seker daarvan dat hy nie miljoene rande se skade aangerig nie…….ons bly in n regte piesang republiek!

Misky ·

Hy was op ‘n vlug van Dubai. Hulle duld nie sulke nonsens nie.

Lillian ·

Ja wat wys maar vir die buiteland watse skorries daai Springbok-trui oor hul koppe trek.

Miena ·

Sekere mense kom met baie dinge weg omdat hulle n naam het wat “kamtig groot is” in die openbaar. Was dit nou n gewone lid van die publiek dan was jy nou nog in aanhouding en dit het nie eers die opskrifte gehaal nie… bekend of nie!!

piet ·

Ek sal hom maar nie veroordeel voor ek nie die hele storie gehoor het nie. Hier is darem mense wat verskriklik vinnig oordeel en dan het hulle nie nie eers al die feite nie. Om ‘n ou van die vliegtuig af te haal en te arresteer, is dit veronderstel om ernstig te wees. Ons sal maar sien, dalk is hier weer ‘n oorskryding van magte.

piet ·

Ek het dit gelees, lyk nie ernstig nie. Wat ek gelees het, lyk nie na ‘n geval wat dit nodig sou wees om die persoon op die vliegtuig te arresteer nie.

krodedil ·

Reel is reels maar hier in Suid Afrika kom mense weg met moord. Vandalisme is wereldwyd onaanvaarbaar maar hier in ons landtjie kan sekere mense maar afbreek soos hulle wil veral as die persoon dink hy is belangrik en bo die reg verhewe. Nie almal aanvaar vandalisme nie want nie almal het so grootgeword nie. Ek hoop Elton kry ‘n gepasde straf wat hy verdien.

piet ·

Kan ook nie altyd so oordeel nie. Ons het vir Bullet en Japie Mulder eenkeer in ‘n kroeg ontmoet. Die haker was redelik onvriendelik en windgat. Japie was nou regtig vriendelik en baie nice om mee te praat maar nou weet ons ook van Japie se dinge later. Niemand is perfek nie en hierdie ouens is ook meer in die kollig en word met valkoe dopgehou.

krodedil ·

Nee eerder n Rooi kaart,
Jaag hom van die veld af en sluit hom toe

Tokkel ·

Nou vra ek myself af, hoekom het hy die goed beskadig. Dalk nie sy sin gekry nie??

Louwrens ·

Hy het geen maniere nie. Miskien moet die hof ‘n voorbeeld maak van iemand wat nie maniere het nie en hom so 6 maande tronkstraf gee sonder die opsies om te appeleer of geld te betaal. Dan sal die ding miskien maniere leer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.