eMalahleni, Msukaligwa en Eskom bereik ooreenkoms

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Eskom het kragonderbrekings in die eMalahleni- en Msukaligwa-munisipaliteit opgehef nadat ooreenkomste bereik is.

Volgens die eMalahleni-munisipaliteit het die ooreenkoms gevolg ná ʼn vergadering tussen die premier, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake en Eskom. “Die regering en munisipaliteite met soortgelyke probleme sal in die volgende week vergader om ʼn plan te beraam en te verseker elektrisiteitsvoorsiening is volhoubaar.” Die eMalahleni-munisipaliteit sluit Witbank, Kriel, Ogies en Phola in.

Eskom het intussen ook ʼn ooreenkoms bereik met die Msukaligwa-munisipaliteit wat Ermelo, Breyten, Davel, Sheepmoor, Chrissiesmeer, Lothair en Warburton bedien.

Volgens Eskom sal hy voortgaan om met munisipaliteite te werk om langtermyn oplossings te kry vir munisipaliteite wat nie die mas kan opkom met betalings nie. Die kragvoorsiener het gesê indien munisipaliteite egter nie hul betalingsooreenkomste nakom nie, sal kragonderbrekings ná sewe dae weer ingestel word.

Eskom het op 22 Februarie aangekondig dat hy die kragonderbrekings in die eMalahleni- en Msukaligwa-munisipaliteit voorlopig sal ophef nadat dit toe reeds sewe dae lank van krag was. Eskom het gesê die besluit is geneem om die munisipaliteite kans te gee om betalingsooreenkomste gereed te kry en om inwoners se onthalwe.

Eskom het gewaarsku dat indien ʼn oplossing nie betyds gevind word nie, kragonderbrekings weer van 4 Maart toegepas sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Sekerlik moet daar tog basiese rekords wees van betalings van munusipale rekeninge aan die mislikepaliteit? En n boekhouding stelsel wat PRESIES se en wys en kontroleer waar sulke fondse aangewend is? Of is die FREE FOR ALL rekening SO hoog dat betalende verbruikers se geld eenvoudig nie die ESKOM rekening kan dek nie? Of…word fondse bloot gesif via die sakke van die amptenare en.pelle VOOR betalings geskied? Mens noem.dit DIEFSTAL…nevermind korrup!

Sê maar net. ·

Johan. Dit is inderdaad so. Een van die probleme is, jy betaal jou rekening maar daar is ‘n baie groot lokasie en sqwatter kamp reg langs die snelweg en hulle het krag terwyl res van dorp sit daarsonder. En dan verstaan ek die munisipaliteit sit met dubbele hoeveelheid werknemers, omdat hulle vroeër deur die ANC bestuur was en nou deur die DA wil die anc mense nie hulle poste ontrium nie. Daar is te veel geld aan salarise en plesier bestee. Dit is die dat Eskom nie hulle geld kry nie, en die arme mense wat wel hulle rekeninge betaal lei nou daaronder.

Arend ·

Ironies is dit die mense van hierdie einste dorp wat met die lugbesoedeling van eskom sit. Hulle word nie deur eskom vergoed vir die siektes wat eskom op hulle voordeur veroorsaak nie. Dan is eskom arrogant genoeg om hul krag af te sny.

Willie ·

Almal se krag word afgesny deur ‘n regerings instansie, omdat die ander regering instansie nie hul verpligtinge nakom nie. Dit is pateties. Nog erger is dat albei so krrup is dat die see hul nie kan afwas nie! Daar was geen voordeel vir enige iemand met die “straf maatreels” wat Eskom toegepas het nie, betalende inwoners en besighede is al wie daaronder gelei het. Die gespuis wat veroorsaak dat geld nie oorbetaal word aan Eskom nie, sit steeds op kantoor en ry steeds hul duur motors. En so verval die dorpe net verder.

Cherokee ·

Hoe op aarde kan daar betalingsprobleme wees as die munisipaliteite elektrisiteit teen wins aan (betalende) verbruikers verkoop? Dit moet tog so eenvoudig wees… betaal die rekening en koop vir die betalers iets mooi met die wins.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.