Embriologiekenner gaan getuig in tugsaak teen dokter wat aborsie glo afraai

Dr. Jacques de Vos (32).

ʼn Dosent in menslike anatomie en embriologie is een van die getuies wat die verdediging na verwagting gaan roep in die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB) se tugverhoor van dr. Jacques de Vos (32).

Die RGB kla De Vos van onetiese gedrag aan, nadat hy ʼn swanger ma meegedeel het dat haar ongebore baba ʼn mens is.

Die saak teen hom sloer al jare lank. Dit moes aanvanklik op 3 en 4 Oktober in Kaapstad hervat word, maar is nou wéér uitgestel – dié keer tot 28 Oktober, omdat die RGB versuim het om sekere dokumente aan De Vos se regspan te voorsien.

De Vos was ’n intern by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad toe die hospitaal hom geskors het van sy ginekologie-rotasie omdat hy aan swanger ma’s gesê het dat hul ongebore babas mense is.

Dr. Christopher Warton, ʼn senior dosent aan die Universiteit van Kaapstad, gaan onder meer getuig dat die lewe van ʼn onafhanklike, menslike organisme biologies reeds tydens bevrugting begin.

“Die genetiese kode word op hierdie tydstip saamgestel en gevolglik word die toekomstige fisieke eienskappe daarvan presies gedefinieer. As ʼn mens dus op hierdie tydstip die DNS kon lees, kan hy die volwasse vorm so noukeurig voorspel as wat dit sou lyk deur die identiese tweeling van die volwassene te ondersoek as [ʼn tweeling] wel bestaan.

“Daar is geen spesifieke gebeurtenis wat die ontwikkelende fetus op 19 weke definieer nie. Sy hart het begin klop ná 24 dae van embrionale ontwikkeling (3 ½ weke). Vroeë breinontwikkeling is teenwoordig teen vyf weke, vingers op sewe weke en tone ʼn week later.

“Sommige fetale bewegings word deur sommige vroue ervaar tydens hul eerste swangerskap op die 18de tot 20ste swangerskapsweke, wat ooreenstem met 16 tot 18 weke van die ontwikkeling van die fetus,” lui Warton se beëdigde verklaring.

Hy sê daar kan wetlik of filosofies gedebatteer word oor sy of haar status, maar dit is heeltemal redelik vir iemand wat só ʼn fetus sien om hom of haar as ʼn klein mensie te beskou.

“In my ervaring is dit ʼn normale reaksie wanneer daar na ʼn fetus gekyk word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

AmY ·

As ñ ongebore baba nie ñ mens is nie? Wat is hy/sy dan?
Dr de Vos; baie dankie. Jy is ñ ware man. Dis goeie mense soos jý wat die wêreld ñ beter plek maak.

Wondermaarnet ·

Sterkte aan Dr de Vos. Hy besef dat ‘n baba ‘n geskenk is en dat dit ‘n voorreg is om te kan swanger wees. Ek bid en vertrou hy gaan hierdie saak wen.

bosluis ·

Ek weet met my Matriek, sonder Biologie ook dat n ongebore baba n mens is. Goeie genugtig, dit is skokkend tot watter uiterstes gegaan moet word om te bewys Aborsie is niks anders as moord nie.. Stertke dr de Vos, jy is fantasties.

Ronel ·

Sterkte dokter!!! Ek wonder hoe verwys daai mense na hul ongebore baba’s. Hetsy jy die geslag weet al dan nie. My oudste het ons vroeg al die geslag geweet, so ek het na my seun verwys. Jongste wou not a dem “wys” nie, maar ek het na my kind verwys, al het ek vermoed dis ook ‘n seuntjie. As daar ‘n hartklop is, dui dit op lewe, so dis alreeds ‘n mens in my oë. Elkeen is geregtig op sy of haar opinie, maar ek wil rerig graag weet, hoe verwys hulle na hul ongebore kind? Dit? Die ding? As jy nie die mensie in die lewe wil bring of swanger raak nie. HOU JOU BENE TOE!

INA ·

Ek is ñ bejaarde moeder van 4 kinders… Jàre gelede, was daar ñ diskoers oor òf wetenskaplikkes, ñ mens sou kon maak, siende hulle presies geweet het wát alles nodig word om ñ mens te maak… Hulle het àl die “bestanddele” in ñ glasbuis gesit, (behalwe sperm) & tenspyte van àl hul kennis & pogings, kon hul niè die “baba” aan die lewe kry nie… God alléén kan lèwe gee by bevrugting van die eiersel & dan begin die “baba” groei & ontwikkel tot ñ volwaardige mens… Mý beskeie mening is, dat die baba se léwe, by bevrugting begin …

Leon Pit ·

Staan by jou christelike plig en jy SAL seevier. Taboo met die antichrist.

GM ·

Al sê die dokter ook wat, die ma het ‘n keuse of sy wil voortgaan met ‘n aborsie of nie. Netso het die dokter die reg om te kan kies of hy vir of teen aborsies is. Dokters word nie verplig om aborsies uit te voer nie. Sy kon na ‘n ander een toe gegaan het. Dit klink of die vrou net wil geldmaak uit die storie uit.

Dokters is daar om lewens te red, nie net te beëindig as ‘n ma die gier kry nie. Indien daar geen genetiese redes/mediese redes is om ‘n aborsie te ondergaan nie, en die vrou is nie verkrag nie, dan kan ek nie insien hoe ‘n dokter homself ‘n dokter kan noem as hy een sou uitvoer nie. Ek weet baie sal verskil.

Weet iemand wat die vrou se redes was vir die aborsie?

Charl ·

Baie sterkte Dr. Ek hoop jy wen die saak, ek sien dit pleinweg as moord, daai persoon wat aborsie laat doen is n moordenaar. Dis n lewe wat jy neem, Dit staan baie duidelik in die WOORD, JY MAG NIE MOORD PLEEG NIE. wie is aan die stuur van die RGB. Duidelik mense wat geen gevoel het vir ander en julle almal weet na wie ek verwys. Tyd dat daai tipe mense die Woord lees as hulle kan lees en verstaan..

Devil ·

Die moeder kan doen NET WAT SY WIL met haar ligaam, maar die ongebore baba se ligaam is NIE haar ligaam nie !!!

Spyker ·

Ek stem saam ,sterkte aan die dokter.As daar geen mediese rede of anders was nie .Anders hou jy jou in …

Z ·

Dokter. Staan by wat jy glo. Genadiglik hoef jy nie aan mense verantwoording te doen nie.
Daar is baie mense wat vir jou sal intree.

Dalena Coetzee ·

Ek salueer jou dr de Vos dat jy hou by God se gebod: “Jy mag nie moord pleeg nie”. Dis omdat die RGB nie ‘n saak het dat hulle die verhoor aanhou uitstel. Mag God gee dat reg en geregtigheid sal geskied. Almal wat jou siening teenstaan, sal self verantwoording moet doen voor die Skepper van Hemel en Aarde. Bid vir jou en treur oor die Godloosheid van die mensdom.

Anne ·

Dankie dr de Vos. Jy is beginselvas. Soveel mans weet nie wat dit beteken nie. En baie dokters ook nie.

Martie ·

Ons leef in ‘n land waar ons veronderstel is om Godsdiensvryheid te geniet. As dr de Vos gedwing sou word om ‘n aborsie uit te voer omdat sy Christelike gewete hom nie toelaat nie, word hy van hierdie reg ontneem. Die skepper beskou dit as ‘n lewe alreeds by bevrugting. Psalm 139:13 -16 beskryf dit maar vers 16 sê: U het selfs my embrio gesien en in u boek was al die dele daarvan opgeskryf. (NW vertaling) Baie Sterkte! Dr. de Vos

Koos de Meyer. ·

Ek stem saam met ‘n vorige kommentaar. As jy nie ‘n kind wil hê nie, hou jou bene toe. Wat ‘n dokter wat beginselvas is. Min van sy soort.

Jakes ·

Kan Maroela nuus asb die name van die sogenaamde kenners van die medieseraad bekendmaak dan sal meeste mense verstaan waarom hulle hierdie absurde afleiding maak?

Edith ·

Moord! As die vrou verkrag was moed sy dadelik n hospitaal besoek sodat hulle vir haar al die nodige medikasie kon gee. As jy nie jou baba wil he nie laat n ouer wat wil aanneem en nie kinders kan he nie jou baba lief he. Dokter de Vos jy is n man, n yster en voorwaar n man van God!

WeesWys ·

Die ironie van die saak is dat een en elkeen van ons (ja, selfs dié wat Dr de Vos nou aankla) eens op ‘n tyd voor ons geboorte piepklein mensies was in ons moeders se baarmoeders. Wat as jou moeder net so gevoelloos was soos jy nou is, dokter-wat-geldmaak-uit-aborsie? Wat as jou eie moeder jou geaborteer het?

C ·

Dis duidelik dr se Vos het. Christelike waardes. Dis nie wat die regering Kan sê van hulle standaarde nie. EK steun dr Se Vos. Daar is Mos ander Dr wat sulke onchristelike Dade Sal uitvoer. Laat sondaars na hulle Gaan.

Charles ·

Waarmee stem jy saam, die meeste indien nie al die kommentare nie, is fel anti-aborsie.

Dit is nie die moeder se “keuse” nie, daar is iets soos voorbehoedmiddels, maar vandag se ekstreem linkses beskou dit blykbaar as irrelevant.

Feit van die saak is; om die fiksie van “dis my Lyf” voor te hou as regverdiging vir MOORD, maak die persoon se aksies net nog meer veragtelik en strafbaar IN DIE OE VAN GOD. Nugter alleen weet hoe daar met ‘n skoon gewete (behalwe in gevalle van dreigende gevaar t.o.v. die Ma en/of die Kind se lewe) aangegaan kan word na so ‘n afgryslike daad.

Rabes ·

Frank ek wil sien hoe raak jy verwagtend om jou keuse toe te pas , maar Dr De Vos het ‘n keuse om nie ‘n aborsie te doen nie dis sy reg

Sisyfus ·

In a country where everyone has access to free birth control there is no excuse for falling pregnant. If you are so loskop that you you fall pregnant that is a choice that you have made.
If you wake up the next morning and realzie that you have messed up, been raped and are likely to be pregnant then run to your pharmacy and get the ‘morning after’ pill but don’t let your laziness present as ‘my body, my choice’. That is a lame excuse for having someone else do your murder for you.

Delien ·

Eers is n dr geskors as hy n aborsie doen, nou word n dr geskors as hy nie n aborsie doen nie– siek wereld.

Aborsie is moord.

cathy ·

As dit dan jou lyf jou keuse is,,,,,, wat van die ongebore baba se lyf en keuse…. Die oomblik as jy ‘n lyfie maak het daai baba ook ‘n reg op lewe.. dink mooi man!

Alta Steenkamp ·

Jaques, so trots op jy dat jy opstaan en getuig vir God. Hou vas aan die waarheid. Dit maak mens vry. God seën jou. Bid vir jou en ook vir jou eie gesondheid! Mag God jou ook aanraak en wonderbaarlik genees!

Christa ·

Hoekom Gaan bring Sy nie self haar kindjie AF nie, hoekom iemand Anders vervolg wat nie ook saam met haar Wil sondige nie. Sterkte dr se Vos. Jyt nog Christelike waardes

Scotty ·

Jeremiah 1 v 5
Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is.

Die WOORD is baie duidelik.

Dankie Dr. De Vos!!!

Janneman ·

Slegs in die selfsugtigheid van ‘n ver-linkse “liberale” samelewing word babas ontmens, word kindermoord gesien as moreel en geregverdig met die egoistiese woorde van “my lyf, my keuse”

Stem saam met dr ·

Dankie dr dat jy nie die ongebore babas vermoor het nie. Aborsies is moord

Gerrit ·

Mooi so Dr. De Vos! Staan by jou beginsels! Aborsie is afskuwelik, wie is ons om te besluit oor lewe en dood. Ek is van opinie dat elke fetus ‘n volwaardige mensie in eie reg is, en die kans op ‘n lewe gegun MOET word.

Ook bygesê, ons sal nie met hierdie probleem sit indien mans hul gulpe leer op trek en dames hul bene toehou nie. Mense spring hopeloos te maklik in die looi en wil agterna nie hul verantwoordelikhede nakom nie – aborsie is mos ‘n gerieflike uitweg indien daar oor die tou getrap word.

Ek hoop en vertrou hy wen die saak.

Suzette ·

Hou vir jou styf duime vas en bid kliphard dat jy die saak sal wen. Stem. Aborsie is moord.

Jax ·

Dankie tog. Daar is nog dokters wat ook aan die ongebore mensie dink!
In die land hoort beginselvaste mense – as dit jou nie pas nie, trek dan na daai lande wat gemaklik rond hop van die een draad na die ander.
Dankie Dr de Vos. Ek glo jy sal hierdie saak wen.

Kobus ·

1. Die saak gaan weer uitgestel word want die aanklaers het geen been om.op te staan nie.
2. Optogte word gehou oorcgeweld teen vrouens en kinders maar intussen praat niemand oor babas wat wettig vermoor word onder dekmantel van A borsir

Jeremia ·

Sterkte aan dr. De Vos! U verstaan die beginsel van: ‘n gewete waarmee God ons geskape het.
Dit is ook daardie gewete waarmee saamgeleef moet word!

Dina ·

Hoe siek het ons samelewing nie geword nie. Dat n dr geskors word omdat hy teen aborsie is is ondenkbaar. Skors eerder die drs wat aborsie aanmoedig. Aborsie is en bly die beeindiging van n lewe.

Anoniem ·

Mense het te veel tyd op hande…….ek kan nie glo hy word aangekla omday hy n baba n mens noem nie????? Regtig!!!! Ek is bly jy glimlag dr de Vos want jy laat nie sulke nonsens jou onderkry nie!

Elsabie ·

Ek bid en vertrou dat als sal goed gaan. Aborsie moet onwettig wees. Maak nie saak wat gebeur nie. Dis ‘n mensie en God het hom daar gesit vir ‘n rede! Sterkte dr de Vos! Jy’s in my gebede!

Leon ·

Die baba word gebore en hy is gebreklik.
Die baba word gebore en hy beland in ‘n plastieksak in ‘n vullis blik.
Die baba word gebore en doe ma sterf.
Is dit die risikos wat die mense bereid is om te neem?
Gee dan liewer ‘n aborsie.

Yvonne ·

Ek hoor jou Leon. Dit is ongelukkig so dat sake kan skeefloop tydens geboorte vir beide ma en baba en dit kan nie altyd voorsien word nie. Ek glo nie dit is rede vir aborsie nie. Die wetgewing moes nooit gewysig gewees het nie. Voorheen was die beeindiging van n swangesrskap slegs toegelaat inien die vrou verkrag is, die baba ernstige gebrek sou he of die swangerskap die ma se lewe in gevaar stel. Deesdae word aborsie gebruik om weg te kom van verantwoordelikheid af. As meer mense voorbehoedmiddels gebruik soos wat hulle moet sal daar minder babas op vullishope beland. Ongelukkig het sommiges baie min of geen morele waardes. Ek staan agter hierdie dr. Dit is sy reg om daardie stelling te maak indien dit is waarin hy glo. Enigeen wat nie daarmee saamstem ,kry n dr wat wel saamstem met jou en sal doen wat jy verlang.

Nicolene ·

Tref beter voorsorg! Dalk moet ons net besef dat ons dade gevolge het.

Phillip ·

Is dit n dier of reptiel voor die eiesel na die baarmoeder oppad is .Dan is die man se saad sekker n dier

Diefie ·

Nou waar is die organisasie wat teen aborsie is? Hoekom ondersteun hulle hom nie. En as jy op 10 weke ‘n miskraam het, dan het jy ‘n baba verloor. Wat is agter die hele besigheid? Ek kry ‘n gevoel daar steek meer in as not die advies vir die vrou gegee het.

Theo ·

Hulle sien die kind seker as ‘n bobbejaan want dit is hoe hulle redineer.Seker het die dokter sy eie keuse of jy ‘n moord wil pleeg aldan nie.Deur aborsie te doen is niks anders as om moord te pleeg nie.Hier is nog ‘n dokter wat verlore is vir die land omdat jy nie soos die regering wil moord pleeg nie.
Dankie vir jou standpunt Dr en ek hoop van harte jy wen die saak en gaan dan sommer voort om die klomp vir naam skending aan te kla.

Grens ·

Snaaks hoe dinge nou verander het. Jy mag nie die kind ‘n pak slae gee nie, maar jy mag hom wel vermoor voor geboorte.

Lisa ·

Ag Asseblief! die wat so vir die dokter is, het julle enige benul waardeer daai vrouens moet gaan? waste groot besluit so iets is? Party vrouens het net soms nie n keuse nie (verkragting, verslawing, huisgeweld) julle oordeel verskriklik. Julle is gekant teen aborsie, maar julle sal verby die vrou in die straat loop wat moet bedel vir haar kind! regte klip Christene.

Maro ·

Jy is reg ja…MAAR gaan dan na ñ dokter wat dit goedkeur. Daar is so baie van hulle. Los die dokter uit wat dit nie wil toepas nie. Van wanneer af moet die dokter gedwing word om iets te doen?

Tina ·

Sterkte dokter ek bid vir jou. Dankie dat jy die waarheid praat.

Ons wil losbandig leef en dan verkeerd met verkeerd regmaak. Aborsies is nie die antwoord nie!!!

Isabel ·

Baie sterkte met jou saak Dr de Vos. Dis tyd dat baie meer mense soos jy opstaan vir wat reg en waar is! Ek is baie trots en dankbaar vir mense soos jy! Die oomblik as bevrugting plaasvind is die embrio ‘n mensie. Wonder nogal wat het die swanger ma gedink sy dra……

KRD ·

Ek staan bankvas agter die dr. Die dag (2017) toe ek uitvind ek is swanger, het ek al klaar gevoel hoe die lewe groei binne my, seker my verbeelding, maar ek het so gevoel. Ek kan nie sien hoekom die arme baba daaronder lei nie. Ek weet van baie mense wat met alle mag ‘n klein lyfie wil hê, maar nie een kan kry nie, en dan maak diegene wat bevoorreg is om swanger te raak so. Dr. de Vos jy is ‘n goeie voorbeeld vir baie drs.

Karien ·

My dokter wou agv mediese redes n slaap doen op 17 weke. Ek het gesê nee dankie, dis in ABBA se hande. Alhoewel boeta toe op 31 weke gebore is en baie misvormd was, is hy vandag n baie opgewekte jong 3 jarige seuntjie met n pragtige gees en normaal. Hy verskaf ons so baie geluk. Punt is, self’s al is dit kwansuis vir mediese redes kan n dokter ook maar n fout maak. En Dan is daar God wat kan ingryp oor jy Hom met alles vertrou in die saak.
Mooi so dr. Jy het reg gedoen…

Martie ·

Mag die HERE wat lewe gee en klein mensies in die moederskoot aanmekaar weef, ook gee dat hierdie saak in Dr de Vos EN die HERE se guns sal draai.

Nicolene ·

En as ‘n dokter vir ‘n ma sê sy verwag maar “daai ding is nie ‘n mens nie” gaan hy ook voor die Raad beland….

wilma ·

‘n Mens sal ook seker nooit alles verstaan nie. Hier het jy ‘n dokter wat lewens wil red en dit is skynbaar verkeerd. Dan is daar die professor wat bystand verleen tydens genadedood en dit is ook verkeerd. Sal interessant wees om te weet wat die “grys” area is.

Carien ·

Ek het jare gelede ‘n video gesien wat gebeur tydens aborsies. Grafies was dit skokkend om die sagkens te stel. Daai babatjie lewe soos die dokters dit bevestig het en om daardie lewetjie te neem tydens ‘n aborsie, is hartverskeurend. Maar ook, nou wat het van vryheid van spraak geword of sommer logiese opinie van ‘n dokter? Nou moet die dokter net stilbly en ‘n lewe neem wat teen sy gewete indruis? Nee, daardie vrou moet mooi gaan dink indien sy dalk ‘n gewete het….of die babatjie sommer in ‘n swartsak dump.

Ursula ·

Wat dink jy kry jy as jy nie voorbehoed maak tydens die daad, n microwave? Natuurlik is dit n klein mensie wat binne jou goei. If you cant feed them dont breed them. Genade wat verantwoordlikheid vir julle dade.

Goed ·

Dankie Here dat daar nog mense is wat U Woord navolg en wat sterk in sy prinsipes bly staan. Ons benodig baie meer mense soos dit.

Rina ·

Dit lyk vir my n geld vermorsing, want dr de Vos word aangekla omdat hy vir die vrou gesê het haar ongebore Baba n mens is.
Die dr het net sy plig gedoen.
Sy kon net na n ander dokter gaan vir n tweede opinie van n dokter wat bereid sou wees om n lewe te neem
Nou word belasting betalers se geld gemors op n onsinnige saak

Penelope ·

Ons staan bankvas agter jou Dokter. Jy is een van die wat nog regtig omgee en dit maak van jou ‘n held. Aborsie vir geen rede is MOORD.
Frank: Ek dink nie jy kan swanger raak nie, en as ek so na jou kommentaar kyk dan is ek baie bly….

Arendoog ·

Dewil, dankie vir jou raak woorde. ‘n pragtige opsomming in een sin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.