Emeritus-predikant op kusdorp vermoor

Gouritsmond (Foto: Facebook)

ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn emeritus-predikant van Gouritsmond naby Albertinia in die Wes-Kaap.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn buurvrou het Sondag omstreeks 14:00 op die liggaam van die bejaarde John Barnard (88) afgekom. Hy het in ʼn plas bloed op die kombuisvloer van sy huis op dié kusdorp gelê.

Barnard was afgetree en het alleen gewoon.

Volgens Pojie het die buurvrou onraad vermoed toe sy Barnard nie weer sedert Saterdagmiddag gesien het nie. Hy is die laaste keer gesien waar hy omstreeks 16:00 in sy tuin gewerk het.

Die buurvrou het na Barnard gaan soek en opgemerk dat die agterdeur van sy huis oopstaan. Sy het die huis ingegaan waar sy haar buurman se liggaam op die vloer aangetref het.

Polisielede van die Albertinia-polisiestasie is na die toneel ontbied. ’n Voorlopige ondersoek het getoon dat die oorledene kopbeserings opgedoen het wat moontlik die oorsaak van sy dood kon wees.

’n Nadoodse ondersoek het dit later bevestig, het Pojie gesê.

’n Ondersoek het die polisie na ’n perseel elders op die dorp gelei waar ’n verdagte in aanhouding geneem is vir ondervraging. Die verdagte het ooggetuies se beskrywing gepas van ’n vreemde man wat die vorige dag in Barnard se erf opgemerk is.

Die 33-jarige man word aangekla van die moord op Barnard en sal na verwagting Woensdag in die landdroshof op Riversdale verskyn.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Penellope Jones ·

Weet nie meer wat om te dink en te se nie.
Dit raak net te veel . . .

gd victor ·

Bedoelde Land, Geknelde Land, Gelofte land, Offerland, Hartseer Land, Gebroke Land, Verlore Land….

Frank ·

Die rustigste, mooiste, kleinste vakansiedorpie. Nie eers op die hoofpad nie. Moet moeite doen om daar uit te kom. Maar dis toe ek laas daar was. Seker nou al plakkerskamp teen die dorp. Seker weer tuinier

JohanR ·

Ek neem aan ou Cyril dat jy sommer gou in Gouritsmond gaan wees, om jou persoonlike meegevoel met die familie, en gemeente te toon. Dit kan wees dat dit ‘n ANC Emeritus-predikant was?

KaterinaKat ·

Doodstraf wat net blankes sal kry. Dink net. Stel jou hierdie voor. Sekere swart man is smoorkwaad vir sy baas En vir een van sy medewerkers. Hy vermoor die medewerker en blameer sy baas. Skielik is daar 3 getuies wat gesien het hoe die baas die werker vermoor. Never mind dat die getuies 100 km ver woon en dat die baas by Pick& Pay gesien is deur sy buurman ten tyde van die moord. Hy is n blanke ,so die galg wag.

Hendrik ·

Jy vertrou tog seker nie die huidige regstelsel waarvan die hoofregter en grondwetlike regters deur die regering aangestel word, met die uitdeel van die doodstraf nie? Dan sou die doodskis 2 en die Coligny 2 al lankal terreggestel wees … Onthou, in SA is almal nie gelyk voor die reg nie!

Outoppie ·

Ek wil net weet hoekom moet ons belastingbetalers vir hierdie moordenaars sorg. Die familie van oorledenis moet maar net aangaan en bly wees moordenaar het tronkstraf gekry. Raak ontslae van moordenaars

Blikke ·

@ SAINT…..gaan slaap my maatjie….jy weet nie waarvan jy praat nie!

Jannie van Niekerk ·

Ek stem saam met Essie. Bring die doodstraf terug. Mense wat teen die doodstraf gekant is behoort forseer te word om die moordenaars, verkragters en plaasaanvallers in hulle huise in te neem en finansieël te versorg. Hulle moet dan ook volle verantwoordelikheid aanvaar vir die kriminele se dade.

Manie van Worcester ·

As daar nog nooit n puik idee was nie, Jannie my vriend dis die oplossing

Jaap ·

Hoeveel weerlose ouer ooms en tannies ís die afgelope maande in SA vermoor? Genoeg om mens ernstig te laat vermoed dat so ‘n moord vir die moordenaars en hulle families skynbaar waarlik winsgewend moet wees. Plus die bonus van verwronge eer en prestasie… Kom ons leer uit wat kort-kort gebeur en versit hemel en aarde om ons weerlose geliefdes te oortuig en te beskerm. Alleenbly is vandag dodelik gevaarlik. Eintlik glad nie meer ‘n opsie nie.

aj ·

“Soos skape wat na die slagting gelei word …. ”

Witmense begryp steeds nie dat oorlog gevoer word teen hulle nie.

Bewapen en verdedig jou SELF … dis oorlog boetie!

KaterinaKat ·

Julle wat vir Saint so afkraak- Dink julle Regtig julle kan Hierdie regering en regstelsel vertrou om met integriteit en ware regverdigheid die doodstraf toe te pas?? Regtig?? Laat ek julle nou vertel, geen swart moordenaar sal die doodstraf kry nie, daar sal altyd verskonings uitgedink word waarom daar kwansuis versagtende omstandighede moet wers. En blankes? Op hoorse alleen sal hulle summier die doodstraf kry. Dit sal seker nog dieselfde dag as vonnis, voltrek word.

Ons almal sal die doodstraf wou he maar ons bly nie in n normale land nie. Hier in Die helhool sal Net blankes die doodstraf opgele word, en vir die geringste dingetjie.

Jana ·

KaterinaKat, ek stem heelhartig met jou argument saam.
Dis jammer dat daar steeds van ‘ons’ mense is wat dink dat die regering reg en geregtigheid sal laat seëvier.
Die doodstraf sal baie selektief toegepas word.
Daarvan is ek baie seker.

AJp ·

Die verdagte is blykbaar reeds uit op borg vir ander misdade – as dit so is – is die hof net so skuldig aan daardie moord!!

Michelle ·

God stuur nêrens iemand om jou wreed te kom vermoor nie, dit het God nooit belowe nie dit was nooit God se plan nie. Daar is nie reg en regverdigheid meer in die land nie nie. Elkeen gaan sy eie gang niemand gee meer om nie almal sit en terug kyk hoe als agteruit gaan en niemand se niks soos die spreekwoord se elkeen vir homself. Dit is ‘n skande dat mense wreed vermoor word dan word God se naam gebruik dit is nie God nie.

Michelle ·

So hartseer. My ouers in hul 70’s bly daar en het saam Oom John jukskei gespeel. Hele dorp was besig om sy 88ste verjaarsdag in Oktober te reel en nou is sy begrafnis Saterdag. Baie min huise in Gourits het diefwering en alarms. Nou sal ons geld moet uithaal om ons ouers/ou mense te beskerm want Cecil gaan dit beslis nie doen

Lynette ·

Mixhelle….dink jy REGTIG diefwering stuit ENIGIEMAND wat n moord beplan? Hulle knip dit binne sekondes oop…..jy lewe in n droomwêreld.

Attie. ·

Ek geniet die kommentare baie meer as die nuusberig. Dit lyk my die VVO het vir die skelms gese om die witras aan die suidpunt van Afrika woon, uit te roei, want hulle is te dom opgeneem te word in die wereldstelsel. Regtig mense, lees bietjie wat julle skryf en lag of kry skaam.

Hartseer ·

JohanR en Manie van Worcester julle opmerkings is ongevraagd. Hierdie was ‘n baie geliefde inwoner (en oud NG dominee) van Gouritsmond. En Oom John gaan deur almal op die dorp gemis word. Mag hy in vrede rus.

JohanR ·

Se om verskoening vir my opmerkings, maar soek net dat almal in SA swart, bruin of wit deur die regering die selfde behandel word. Cyril was net die ander dag by ‘n taxi baas wat doodgeskiet is. Sou hoop dat Oom John ook vir Cyril en die ANC waarde het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.