‘Emfuleni finaal op sy knieë’

Die voertuie waarop daar glo beslag gelê is. Foto: Verskaf

Dienslewering in die Emfuleni-munisipaliteit word tans verder gekniehalter weens ʼn tekort aan voertuie.

Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit, het gesê daar is op al die munisipaliteit se oorblywende diensleweringsvoertuie beslag gelê weens agterstallige skuld en die munisipaliteit is nou finaal op sy knieë.

“Inwoners van Vereeniging, Drie Riviere, Vanderbijlpark, Sebokeng en Sharpeville sal voortaan geen hulp van die verkeer-, brandweer-, water en sanitasie- en elektrisiteitsdepartement ontvang nie.”

Die munisipaliteit het egter in ʼn verklaring ontken dat daar op voertuie beslag gelê is en het gesê die kontrak wat die munisipaliteit met die vlootverskaffer gehad het, het tot ʼn einde gekom en is nie hernu nie.

“Die kontrak het in Maart tot ʼn einde gekom en die munisipaliteit het ingestem om die voertuie wat geraak word in groepe aan die verskaffer terug te besorg oor ʼn tydperk van drie maande vanaf September 2018. Die munisipaliteit wil dit ook op skrif stel dat hy Woensdag R7 miljoen aan die verskaffer betaal het.”

Jaco Mulder, die VF Plus se leier in Gauteng, het reeds verlede week aangekondig dat die party ʼn  versoekskrif gaan rig aan die nasionale minister vir samewerkende regering en tradisionele sake (COGTA), dr. Zweli Mkhize, asook aan die minister vir waterwese en sanitasie, Gugile Nkwinti, om onmiddellik in te gryp in die benarde situasie waarin die Emfuleni-munisipaliteit verkeer.

Volgens die munisipaliteit het hy vasgestel dat die kontrak met die vlootverskaffer onreëlmatig was en is ʼn proses reeds begin om ʼn nuwe diensverskaffer aan te stel. “Alle munisipale voertuie is steeds in die besit van die munisipaliteit en word vir dienslewering gebruik.”

Die munisipaliteit het wel toegegee dat daar steeds ʼn tekort aan voertuie is en dat die omkeertye vir diensleweringsprobleme geraak word. “Die dienste wat geraak word, sluit elektrisiteit, water, sanitasie en afvalverwydering en verkeersdienste in. Die munisipaliteit wil graag om verskoning vra vir enige ongerief.”

Die VF Plus beweer die munisipaliteit is reeds met etlike honderde miljoene rande agterstallig aan diensverskaffers soos Eskom en Randwater. “Inwoners en ondernemings moet toenemend sonder elektrisiteit en water oor die weg kom.”

Senekal het gesê dit is duidelik dat die provinsiale ingryping onvoldoende is en dat die burgemeester én die Gautengse LUR vir samewerkende regering, Uhuru Moiloa, se bestuurspanne weinig vordering maak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Piet Pompies ·

As oud inwoner van Vanderbijlpark is dit tragies om te sien hoe die mooi dorp sederd 1996 agteruit gegaan het. Ons het in SE6 gewoon en die strate was in ‘n goeie toestand, sypaaitjies en middel eilande het plante op gehad. So rukkie terug met ‘n besoek aan Vanderbijlpark het ek amper ‘n ongeluk veroorsaak, terwyl ek bestuur het, het ek so gefokus om om die slag gate te ry dat ek nie eers die stop teken wat agter ‘n boom se takke weg gesteek was, raakgesien het. Sterkte aan die inwoners, ek hoop daar kom ‘n oplossing vir die probleen en dat die Vaaldriehoek weer met trots kan uitstaan.

Jacques ·

Ja slim vang sy baas . Beplan was nog nooit deel van die regering se woordeskat nie en onskuldige mense moet ly onder hulle slim idees . Die regering is besig met hulle eie sprokiesverhaal en die werklikheid is nie eers amper ter sprake nie . Sterkte aan almal wat geraak word .

Gemaskerde Sopbeen ·

“Die munisipaliteit wil graag om verskoning vra vir die ongerief”……..en daarmee is die saak afgehandel……..hou maar net aan om julle “rates en taxes” te betaal, die burgemeester kort ‘n nuwe kar, en oor 3 maande is dit “bonus time”!!!

Sinies ·

Inwoners moet lankal net al ELM se probleme aanvaar. Sekere areas moet lang tye sonder elektrisiteit klaarkom, ander sonder water (insluitende ouetehuise). Riool stroom onverstoord in die Vaalrivier in; huisvullis lê die hele dorp vol, want enige oop stuk veld het ‘n ashoop geword. Niemand by enige ELM kantoor is ooit beskikbaar nie, fone word nie geantwoord nie of doodeenvoudig doodgedruk. Houdings is vyandig en aanvallend, en rekeninge raak al meer belaglik. Maar daar word elke Vrydag by ELM se kantore in Vereeniging (seker die ander ook?) partytjies gehou (met professionele spyseniers). En as die besighede van die omgewing proaktiewe aksie probeer neem om iets te probeer red, word hulle deur die (uitgaande) burgermeester beskuldig dat hulle ELM probeer saboteer en dat ELM hulle moet aanhou boikot selfs nadat hy weg is. Wat het hy in elk geval in sy kort tydjie hier bereik? Selfs al is die voertuie gekonfiskeer sal niks verander nie, daar was in elk geval nooit dienste gelewer nie. Kan die Sakekamer nie in samewerking met ander belanghebbende partye ELM se bestuur oorneem en regruk nie?

ZAR ·

Is dit nie die burgemeester van emfuleni wat ‘n 3 miljoen randse KFC rekening gehad het nie?

Zumie ·

In die begin van die 90’s het die burgermeester van Vanderbijlpark ‘n rooi VW Fox gery en was daar 60m op spaar in die bank. Nou ry die burgermeester ‘n fensie kar en…….
Kleptokrasie o kleptokrasie……

JoeV ·

Vreemd dat niemand in die gevangenis is oor die nie. Enige persoon, werkgewer of werknemer, wat geld op so ‘n manier spandeer nadat die gevaar van bankrotskap uitgewys is, behoort mos aan ‘n misdryf skukdig gevind te kan word. Hoe is die persone nie aangekla nie?

Leon ·

As die opposie partye iets beteken het, sou en kon hulle al lankal behoorlike geraas gemaak het op nasionale vlak, dit adresseer, en hierdie toestand vermy het!!! Jammer, maar ons opposie partye laat ook maar lekker slap lê.

Mthondo ·

So stadig sak die skip , #ANC dis tog wat julle wil he #rockbottom

Albaster ·

Maar die ANC ondersteuners gaan bly ANC stem in daardie munisipaliteit, hulle gaan niks aan hulle situasie doen nie en nie beter verantwoording van hul leiers eis nie. Dit is waarom daar ongelykheid is – sekere mense maak dieselfde stemfoute oor en oor.

koos1 ·

Jinne, maar hulle kan met woorde speel!!
Gee vir die inwoners getalle van hoeveel voertuie julle het en hoeveel is terug gegee aan die verhuringsmaatskappy, of nee, skuus, dit sal hulle hele kaarthuis laat intuimel of ander kan die inligting nie bekend gemaak word nie want dit is ‘n staatsgeheim.
Alle inwoners moet ophou om vir belasting en dienste te betaal. Hulle kan nie jou water of krag afsny nie, want hulle het nie karre om tot by die inwoners uit te kom nie!

Saartjie ·

Net ons wat in emfuleni bly weet hoe erg dit is….. Daar is opisiesie partye wat protes optogte reel maar die mense raak nie betrokke nie daar is van ons wat die optogte bywoon maar die SLAP BURGERMEESTER doen niks om sake te verbeter nie…. Ons kry regtig swaar hier ons beta l en net mooi niks word gedoen nie…. SWAK SWAK SWAK

Dienste ·

Nou wonder ek net of mense nog gaan moet betaal vir hierdie (ontbrekende) dienste?

Theresa B ·

Ek het nie meer woorde nie. Alles wat hierdie spul aan vat is ‘n flop tot ‘n ramp. Maar nogsteeds is almal blind……………………….

Alki ·

Nou gaan daar weer paaie versper en bande gebrand word oor swak, of geen diens lewering. Die R59 byvoorbeeld

Johann cb ·

Hi Pieter, eers lekker gelag vir jou opmerking! Hulle kan dalk net sorg dat bollie in suiker verander, weet nooit!
Ja, en ongelukkig is die meeste munisipaliteite landwyd besig om te vou! Selfs hier in Port Elizabeth waar die DA sukkel om die probleme van die verlede op te los, probeer die regerende party wéér inkom om verder te konkel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.