Emfuleni se bankrekening gevries

(Argieffoto: Steve Buissinne/pixabay)

Die sukkelende Emfuleni- plaaslike munisipaliteit in Gauteng se bankrekening is ingevolge ’n hofbevel begin vandeesmaand gevries.

Die VF Plus wil nou by Khethiwe Ntombela, die waarnemende burgemeester, asook Willy Bila, die administrateur, weet waarom dié inligting nog nie aan die munisipale raad en nasionale tesourie bekend gemaak is nie.

Gerda Senekal, ʼn VF Plus-raadslid by die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit, sê die munisipaliteit se bankrekening is gevries ná ʼn hofuitspraak ten gunste van die Chinese maatskappy Beijing Fuxing Xiao Cheng Electronic Technology Stock Co Limited JV Ole Power Systems (BFX-OLE).

Dié maatskappy is ’n verskaffer van slim water- en elektrisiteitsmeters wat in 2014 ’n openbare-private-vennootskap (PPP) met die munisipaliteit aangegaan het.

BFX-OLE het vroeër hierdie maand suksesvol aansoek gedoen om op die munisipaliteit se bankrekening beslag te lê hoewel hy slegs R45 miljoen van die uitstaande R600 miljoen kon verseker.

Volgens Senekal is die gevriesde bankrekening nog nie onder die munisipale raad en nasionale tesourie se aandag gebring nie. “Die weerhouding van kritieke inligting is growwe nalatigheid en kan die lewens van raadslede en administratiewe personeel nadelig beïnvloed.”

Senekal sê verder die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit se finansiële posisie het weens wanadministrasie die afgelope maand só versleg dat die munisipaliteit waarskynlik nie sy skuldeisers aan die einde van die maand sal kan betaal nie.

Dié munisipaliteit bedien Evaton, Sebokeng, Vaaloewer, Vanderbijlpark en Vereeniging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

andre ·

Was dit ooit R600 miljoen se meters.Hoogs waarskynlik is die tenderbedrag kwaai gelaai mer omkoopgeld.China is in beheer

Mudguard ·

Hulle kan nie. Hulle hande is in die till en die cookiejar!

Kruger ·

Hoekom so lang naam? Hoe lank vat dit om n oproep te antw? Chinese begin tande wys in ons land…..

Yvonne ·

Ek het die omgewing van waar die munisipaliteit moet diens lewer nog nooit in so n swak toestand gesien nie…rommel en gemors ooral te sien…wat n skreiende skande

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.